Sal die regte Suid-Afrika asseblief opstaan

“Bloemfontein én platteland slaggereed vir WB.” So lui ‘n lokblokkie op Volksblad se voorblad.

Ook op die voorblad gee die minister en kommissaris van polisie Suid-Afrikaners en die buiteland die versekering dat die polisie alles onder beheer het nadat ‘n groep regses aangekeer is wat glo met bonontploffings in swart woongebiede die sokker sou probeer ontwrig het.

Volksblad se bekroonde rubriekskrywer, Gert Coetzee, het gister uitgewei oor hoe positief hy oor die komende toernooi is, en dat Suid-Afrika dit met groot sukses gaan aanbied.

Terwyl daar positiewe tekens is, is daar ook vandag, Vrydag, lang ritse vullissakke op sommige Bloemfonteinse sypaadjies wat al Woensdag opgepik moes gewees het. Die vorige week, tydens die amptelike staking, is dit wel verwyder.

Ook in vandag se Volksblad is ‘n foto en berig oor ‘n slaggat wat inwoners al rooi laat sien.

Baie van die beoordeling dat alles tydens die toernooi vlot sal verloop, is gebaseer op die aannames dat alles tydens die aanbied van die wêreld-rugby en Krieket-toernooie vlot verloop het.

Dit is om appels met pere te vergelyk. Die sokkertoernooi is, volgens genl. André Pruis 70 keer groter as die vorige twee saam. Tydens die krieket het genoeg sake ontspoor om ‘n eenvoudige stelling dat alles vlot verloop het, onder verdenking te plaas.

Die afskakeling van aftastingtoerusting omdat die netwerke te stadig was wat moes kontroleer dat kaartjies nie vervals is nie, is een. ‘n Gekontrakteerde mediaskakelfirma wat nie iemand in diens gehad het wat die amptelike wedstrydmediaverslae vir die wêreldmedia kon opstel nie, is nog een. Uiteindelik is ‘n vrywilliger van ‘n ander firma gebruik.

Dié het egter nie toegang gehad tot enige woordverwerker nie, en is boonop deur ‘n senior IKK-ampsbekleër uit die sigveld verwyder omdat hy dit in sy per uniform durf waag het om krieket te kyk. Die man moes toe agter die pawiljoen, soos ‘n blinde, die amptelike mediaverslae opstel, en na die wedstryd vervaard iemand soek om dit te tik.

Ander vrywilligers het net soveel stories vertel wat die hare laat regop staan.

Hoewel dit ondenkbaar is dat sulke blapse herhaal sal word, is dit tog kommerwekkend dat die volgende toernooi oneindig groter is. Verder was daar geen poging om inligting en voorstelle te bekom by die mense wat aan die kontakvlak van sake wat verkeerd geloop het, blootgestel was nie.

Verskeie sake tydens die Konfederasiebeker, veral oor hoe misdaadsake hanteer is, het kommer gewek. Omdat die Konfederasie-beker met ‘n besoekende Leeu-toer saamgeval het, was dit ook moeilik om altyd te bepaal of misdaad met die rugby of sokker verband gehou het. Kort hierna het die Vrystaatse polisiekomissaris ‘n mediaverbod teen Volkblad en sy gemeenskapskoerante ingestel. Dit is intussen opgehef, maar uit ‘n onlangse insident op die Lesothogrens lyk dit asof misdaad steeds selektief na die media gekommunikeer word.

Die smoor van inligting oor misdaad aan die een kant, en die groot klok oor optredes teen regses laat dit ook klink of ‘n politieke filter as norm gebruik word, wat soos gebruiklik, die gevaar van polarisasie verhoog.

Boonop lyk die kanse goed dat Vrystaat landbou se beplande hofsaak teen die regering oor gebrekkige beveiliging van burgers sal voortgaan.

Van die vernaamste redes wat aangevoer word dat alles tydens die toernooi vlot gaan verloop, is dat die stadions betyds klaargebou is. Niemand sal stry dat dit ‘n grootse poging geverg het nie. Vergeleke met die omvang van die toernooi, is die stadions net ‘n molshoop teen die berg.

Wat meer kommerwekkend is, is in hoe ‘n mate die inhoud van die gasheerstad-ooreenkomste teen die bors gespeel word. Af en toe glip brokkies uit, soos die afstande van die stadion waar straatsmouse sake mag doen. Onlangs het dit via ‘n SABC-TV-nuusbulletin aan die lig gekom dat dit selfs boomplant- en vullisherwinningsaksies insluit om die sokker se koolstof-voetspoor teen te werk.

Van besondere boomplantaksies, veral om met die sokker verband te hou, is nog min gesien. In Bloemfontein het die munisipaliteit vierkant vasgeskop teen planne van ‘n stedelike Bewarea om ‘n herwinningsaanleg in bedryf te stel.

Hoeveel ander vereistes is daar in hierdie ooreenkomste waarvan die publiek nie kennis dra nie?

 

гофра для отвода выхлопных газов генераторалобановский александр игоревич

Die Griekse tragedie

Danksy die impak op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs en die rand se waarde neem Suid-Afrikaners kennis van wat in Griekeland met sy kleinerige ekonomie en net meer as tien miljoen burgers aan die gebeur is. Die Griekse tragedie beïnvloed Europa, en Suid-Afrika word weer deur die groot volumes handel met Europa beïnvloed, met dubbel-genoteerde maatskappye wat die strooptog op die JSE ingelui het.

Griekeland is kniediep in tamatiestraat. Die IMF waarsku dat ander Europese lande deur Griekeland “besmet” kan word. Veral Portugal word nou genoem, maar Spanje se naam word ook gereeld uit die hoed geruk. Spanje se ekonomie is veel groter as dié van Griekeland en ‘n krisis gaan baie negatiewer op Europa en die wêreldmarkte inwerk.

Die IMF het net benadruk watter Europese lande nie bedreig word nie – Duitsland en Frankryk.

Duitsland is ook die land wat uiteindelik vir die leeueaandeel van die Grieke se reddingsboei moet instaan. Die gewone Duitsers is na berig word erg taai in die bek, en die Griekse betogings teen die voorwaardes vir hulp is ook nie bevorderlik om die Duitsers se gemoed te verander nie.

Die probleem – in sy eenvoudigste vorm gestel – is dat die Grieke se produktiwiteit en byvoorbeeld aftree-ouderdomme laag is, en dat vergoeding aan dié van Utopia herinner. Bonusse is gelykstaande aan twee maande se salaris, en verhogings was nou jare lank ‘n gegewe.

Veel meer is betaal as wat verdien is.

Nou het die borrel gebars, en vir hulp moet Griekeland ondernemings gee soos dat daar ‘n paar jaar lank geen salarisverhogings gaan wees nie, en ook nie bonusse nie. En nou is die Grieke, wat aan die luilekker lewe gewoond geraak het, nie beïndruk nie.

Intussen floreer die valuta-spekulante, en bemoeilik sake aansienlik vir die IMF. Die Europese Kommissie maak stem dik en gaan alles in sy vermoë doen om te keer dat die finansiële marke die valutaspekulante se jagveld word.

 

big bad woolfФильчаков прокурор харькова

Vrystaat – van modelrepubliek tot Free State Province

Presies waar het sake in die Vrystaat verkeerd begin loop?

Tot baie na-aan die aanbreek van die nuwe bedeling het die Vrystaat besonder goed gevaar in opnames, soos gesindheidsopnames deur die RGN.

Die feit dat die vorige bedeling daarin geslaag het om taamlike hoë stempersentasies te verkry in die destydse hoogs omstrede swart munisipale verkiesings, is in ander provinsies afgemaak as “die ANC is nie juis in die Vrystaat teenwoordig nie” eerder as om toe te gee dat die Vrystaatse amptenary oor sekere kwaliteite beskik.

Selfs ‘n groep jong belhamel-aanhangers van mev. Winnie Mandela, destyds by Brandfort ingeperk, is deur skoliere van ‘n skool waar hulle probeer onrus aangestig het terug tot by Mama Whetu se huis gejaag en afgeransel.

Toe kom die verkiesing en die Vrystaat blyk een van die mees ANC-gesinde provinsies te wees.

Voor die verkiesing was daar ook lastige insidente, soos die dekadelange gesloer met die goedkeuring van Senekal se verbypad, wat nou etlike dekades later steeds nie gebou is nie, en die omstrede mediese skandeerder-voorval waar ‘n reuse span LUK’s en aanhangsels oorsee is, amptelik om een uit te soek, maar waar die professor dit lank reeds gedoen het. Soos ‘n rubriekskrywer tussen die lyne gespot het: Hulle kon hoogstens die kleur gaan uitsoek.

Teen die agtergrond wat deesdae die media haal, klink daardie insidente maar mak. ‘n Burgemeester is vermoor te midde van sterk aanduidings van faksiegevegte. In Bloemfontein moes die polisie taamlik hardhandig teen SAMWU-betogers optree. Die betogers het onder meer spesiale Fifa-T-hemde wat hulle onlangs ontvang het, verbrand.

Soos dit nou al te duidelik blyk: As iemand oor iets ontevrede is, moet hy net die komende sokkertoernooi as hefboom gebruik, al is dit net dreig om te gebruik, en hy het dadelik die regering se volle aandag, en is boonop bykans gewaarborg om ‘n stewige opstopper en bloedneus te kry.

Die feit dat net 5 Vrystaat munisipaliteite onder administrasie is, is geen refleksie van verslae van die ouditeur-generaal, die Groen Druppel-verslae vir drinkwater en vir goed-funksionerende rioolplase nie, dit reflekteer ook nie die provinsies se padtoestande nie, en die gesondheidsdienste bly ongesond.

Pas het dit aan die lig gekom dat die polisie ‘n internasionale skietinsident naby die Lesotho-grens verswyg het, wat sterk herinner aan die Midge Fergusson-insident waar ‘n buitelandse besoeker tydens die Konfed-toernooi vir dood deur rowers gelaat is, en die slagoffer in ‘n hospitaalbesoek van ‘n hoë polisieoffisier die indruk gekry het die polisie is meer oor die beeld-aspek van die saak begaan as dat die insident plaasgevind het. Dié voorval het ook bykans net die buitelandse media gehaal.

In dieselfde tyd is ‘n vrou wat die roof van ‘n hangertjie vir versekeringsdoeleindes gerapporteer het deur ‘n histeriese stasiebevelvoerder gebel en uitgetrap omdat sy “petty crime” gerapporteer het. “n Mens rapporteer nie petty crime nie want dit laat ons syfers sleg lyk.” Die vrou se eie GPF het hom oor dié saak in ‘n muur vasgeloop. Kort hierna het die provinsiale kommissaris ‘n mediaverbod op Volksblad en sy gemeenskapskoerante geplaas. Hoewel dit opgehef is, ervaar ander publikasies effektief steeds ‘n mediaverbod.

Die blote feit dat Skoor op nasionale vlak skynbaar op die punt staan om weer met ‘n arendsoog na die omstrede wapentransaksie te kyk, is afdoende bewys dat ‘n benadering tot volstruispolitiek oor die negatiewe, nie die negatiewe laat weggaan nie.

Ongelukkig is die Vrystaat nie die uitsondering nie, en kan verskeie ander provinsies wat verskeie sake betref, die Vrystaat ‘n paar lesse kom leer om hoe om sake nie te hanteer nie.

Dit is duidelik dat die ANC begin kriewelrig raak oor volgende jaar se munisipale verkiesing. Die gebrek aan leiding en die Malema-stert wat die ANC swaai, laat baie kiesers wat voorheen blind lojaal was nou met nuwe oë die saak betrag.

Zuma se reaksie was soos te wagte is flou. Die kiesers is, volgens hom, onder ‘n morele verpligting om vir die ANC te stem.

“Moreel” en “moraliteit” is sulke vloeibare sake, die president wil ‘n openbare debat hieroor laat voer om dit opnuut te begrens.

Eens het Nero musiek gemaak terwyl Rome brand.

Volksblad vra ook vandag die vraag reguit of Zuma na sy eie beplanningskommissie gaan luister.

Of gaan iemand anders weer die skuld kry? Dit behoef ook geen profeet om te weet wie die sondebokke gemaak gaan word nie.

Met ‘n vorige reeks munisipale oproere deur die Vrystaat het ‘n Vrystaatse LUR, wat weens haar omstrede optredes wat sy self luid aangekondig het die bynaam “Hooterbek” by haar kollegas gekry het, die blaam vir die oproer op opposisiepartye se navorsers geplaas wat die tekortkominge en wanpraktyke onder die kiesers se aandag sou gebring het.

Die begrotings is hierna so ingeperk dat die opposisiepartye effektief sonder navorsers gelaat is.

Nou moet die fout meer generies gesoek word.

Miskien het Sasco met gister se aanhef van die liedjie, “Maak dood die Boere” in Kovsies se studenteparlement die antwoord verskaf oor wie te blameer is. ‘n Mens kan maar net bid dat dit ‘n jeugdige sotheid was, en dat die ANC ook hier nie net lippediens gaan wys nie.

 

куплю медицинскую справкуДанильченко Юрий отзывы

Mediavryheid en Suid-Afrika

Gister is mediavryheidsdag wêreldwyd gevier. Met 9 joernaliste vermoor en bykans 200 in aanhouding, is dit duidelik dat mediavryheid nie oral in die wêreld op ‘n aanvaarbare vlak is nie. 

‘n Verdere onheilspellende aspek is dat daar ook reeds meer as ‘n duisend internetskrywers agter tralies is.

Oor presies waar die grens tussen persvryheid en die regte van ander lê, sal nog lank gedebatteer word. Dat korrupsie en magsvergrype, onbevoegde regering en diktatoriale neigings nie op verskansing teen persvryheid geregtig behoort te wees nie, is vanselfsprekend. Die kwessie raak moeiliker as nasionale veiligheidsbelange ter sprake kom.

Die lesers en luisteraars is op ‘n media geregtig wat die waarheid verkondig.

In Utopia sou dinge stellig baie anders uitgesien het as die brak kolle wat nou nie net persvryheid kenmerk nie, maar ook dikwels die blatante skeeftrek wat soms in die media plaasvind – hetsy deur blatante en boonop amateuragtige regeringspropaganda, joernaliste en mediabase met eie agendas, dikwels politieke agendas, en dan gewone onbeholpenheid wat weer dikwels na onervarendheid of lae kwaliteit aanstellings veroorsaak word. Veral die gedrukte pers gaan onder gelddruk gebuk, en om topkwaliteit joernaliste aan te stel of in diens te hou is dikwels moeilik. In Suid-Afrika word sake verder gekompliseer deur wetlike kwotavereistes.

Nuusmedia het gister ‘n berig uitgesaai waarvan die herkoms aan Verslaggewers Sonder Grense toegedig is, waarin Suid-Afrika in die besonder geloof word. Volgens die berig beklee Suid-Afrika nou ‘n verbeterde posisie op die internasionale persvryheidsindeks.

‘n Deeglike bestudering van die organisasie se webwerf bring nie so ‘n verklaring aan die lig nie. Suid-Afrika beklee steeds die 33ste posisie, met die nuwe indeks wat binnekort verwag word. Op hierdie indeks het Suid-Afrika die afgelope aantal jare taamlik die kreeftegang gegaan nadat Suid-Afrika in ‘n stadium die mees persvrye land op die kontinent is. Dit is lank nie meer die geval nie. Die positiewe berig is vermoedelik saamgestel deur ‘n joernalius wat nie opgelet het dat hy baie ou data van die webwerf haal nie.

Wat wel gister gepubliseer is, is die media-preditatore-lys – dit wil sê die 40 lande of organisasies wat die negatiefste op persvryheid inwerk.

Suid-Afrika is nie op hierdie lys nie, maar so eenvoudig is dit ook nie. Onder die lande wie se regeringshoofde wel op die lys is, tel lande soos Swaziland, Zimbabwe, Kuba en Tunisië. Dit is moeilik om te dink dat enige land wat oor sy beeld en reputasie bekommerd sal wees, so baie vriende op ‘n muishondlys sal gaan maak soos Suid-Afrika. Onlangs nog is op TV groot gewag gemaak oor die opskerp van betrekkinge met Tunisië.

As Suid-Afrikaners gedink het Verslaggewers Sonder Grense het die ANC se versuim om Julius Malema se sangtalent in die bek te ruk, misgekyk, het hulle dit mis. Die volgende sin kom voor in ‘n brief van VSG se Afrikalessenaar, Ambroise Pierre, aan ‘n bekommerde Suid-Afrikaner: “We followed the Malema incident and took good note of it.”

Die les is eenvoudig: Die ANC is internasionaal nie meer die onaantasbare engeltjies wat hulle geglo het hulle is nie. Pierre gaan voort om ‘n behoorlike bespreking oor die persvryheidsituasie in Suid-Afrika aan te vra.

Uit Suid-Afrikaanse joernalistieke geledere is gister ook gekla oor viktimisasie waaraan hulle onderwerp word. Kameras wat afgeneem en die inhoud gewis is, het nie ongesiens verbygegaan nie.

Dit neem egter nie die feit weg dat daar ‘n groot behoefte is om nuuswerk in Suid-Afrika se kwaliteit te verhoog nie. Laat dit dadelik duidelik gemaak word dat daar knap, bitter knap joernaliste in Suid-Afrika is. Hul grootste struikelblokke is dikwels hoofde wat niks anders as Politieke Kom as Narre is nie.

Tog is daar kommer: Hoe gebeur dit dat ‘n baie groot Afrikaanse koerant skaars ‘n week na ‘n landdros opdrag aan die media en politici gegee het om nie hofverrigtinge vooruit te loop en die aangeklaagdes vooruit skuldig te bevind nie, ‘n lesersbrief kan plaas waarin na die beskuldigdes as misdadigers verwys word?

Die bekende en dikwels omstrede prof. George Claassen, het onlangs in ‘n radio-onderhoud toegegee dat wetenskapverslaggewing in Suid-Afrika nog werklik veel te wense oorlaat. Die kundigheid in hierdie spesialisveld ontbreek gewoon.

Al vaar Suid-Afrika nog goed in die sin dat die begraafplase en tronke nie vol joernaliste is nie, is daar ruimte vir verbetering.

расширительный бак для отопления купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Wie is die ergste media-predatore?

Is pres. Robert Mugabe of pres. Kim Il Jung van Noord-Korea die wêreld se ergste media-roofdier?

Nie een van die twee nie, aldus Verslaggewers sonder Grense se lys van die 40 voorste verkragters van persvryheid, wat ter herdenking van mediavryheidsdag bekend gemaak is.

Trouens, koning Mswati III van Swaziland vaar swakker as Mugabe, en behaal onderskeidelik die 7de en 8ste posisies. Die Noord-Koreaanse diktator is ook hoog op die lys.

Die lys, of eerder die volgorde van die lys, verskil effens van die persvryheidsindeks, hoewel Eritrea op al twee lyste die houtlepel verower. Die rede is omdat dit op die “roofdier-indeks” nie altyd die staat of regering is wat die swart sterretjie kry nie, maar subversiewe groepe. In Spanje is dit byvoorbeeld die Baskiese terreurorganisasie, ETA, wat die lys haal. ETA se bande met dwelmkartelle en militante organisasies (gewoonlik in Venezuela gesetel maar teen Columbië gemik) het saam die lys gehaal.

Verskeie van Suid-Afrika se vriende, soos Kuba, Rwanda, Tunisië en die Palestynse gebiede se regeringshoofde haal ook die lys.

Tot dusver vanjaar het 9 joernaliste in die uitvoering van hul pligte hul lewens verloor, en is 168 joernaliste agter tralies. Altesaam 120 webwerf-skrywers word ook  in gevangenisse aangehou.

виналобановский александр харьков

Beplanningskommissie

Niemand sal nou betwis dat Suid-Afrika kan doen met ‘n beplanningskommissie nie.
Die gety na ‘n vorm van tegnokrasie volg egter na ‘n lang tyd van miskenning waar politieke kommissarisse die poste en ampte opgeneem het van mense wat moes sorg dat die land op al sy silinders loop.

Dat dit nie gebeur het nie, is duidelik vir almal om te sien. Sonder dat beurtkrag formeel heringestel is, beleef dele van die land opnuut gereelde kragonderbrekings. Die betrokke minister se ontkenning dat die blou druppel-status van die land se rioolwerke in ‘n krisis is, het op die RSG-besprekingsprogram, Kommentaar, ‘n dawerende gelag tot gevolg gehad.

Die land se paaie boer agteruit oor te min geld wat begroot word terwyl spoorvrag na die paaie verskuif.

Die rede wat aangevoer word dat die eertydse vriendskap tussen oud-president Thabo Mbeki en dr. Van Zyl Slabbert versuur het, is dat Slabbert lank gelede aan Mbeki voorgestel het dat die ANC-regering ‘n liggaam van kundige adviseurs saamstel.

Mbeki het dit as ‘n rassistiese belediging opgeneem, en die land betaal nou die prys.

Trouens, verskeie premiers het in stadiums ook ekonomiese adviesliggame gehad, wat deur opvolgers afgeskaf is.

Mense wat daarom meen dat die land reeds genoeg kundige adviesliggame soos institute en navorsingsentrums by universiteite het, is moontlik reg. Van hierdie institute word met groot vrug gebruik by die saamstel van provinsiale ontwikkelingsplanne.

Die vraag wat steeds onbeantwoord bly, is of hierdie nuwe liggaam beter gaan vaar in dié sin dat sy verslae met kundigheid uitgevoer word. Die gesamentlike gewig van adviesliggame en Kommissies van Ondersoek se verslae wat op rakke lê en stof vergaar, moet reeds astronomies wees.

Trouens, die inhoud van hierdie verslae raak so in die vergetelheid opgesluit, dat iemand kort-kort die wiel herontwerp, net om te vind dat ook hierdie verslag sy weg na die rak vind.

Die tyd sal leer of die nuwe liggaam ‘n impak gaan hê. Die feit dat ‘n jaar lank voete gesleep is met die aanwys van die lede, is nie ‘n goeie begin nie. Nog meer onheilspellend is dit dat die prestasiekontrakte van ministers nog nie voltooi en geteken is nie.

Die beplanningskommissie kan immers net sake tot by ‘n punt neem. Hierna beland dit in die hande van die uitvoerende gesag, onder die leiding van die kabinet. En die vraag is of hul strukture oor genoeg uitvoerende kundigheid beskik, of deur politieke kommissarisse lamgelê word.

 

комбинезоны шорты для девочкиалександр лобановский харьков

Twee meningspeilings, op Beeld en PRAAG

Die belang van internetmeningspeilings by die vorming van die openbare mening word waarskynlik nog nie na waarde geskat nie. Vandag is daar twee meningspeilings, een op Beeld en een op PRAAG waaraan mense behoort deel te neem.

Op Beeld word gevra: “Ag jy jouself in die eerste plek ‘n Suid-Afrikaner, Afrikaner of Afrikaanse?” Tot dusver stem 57% van mense dat hulle “Suid-Afrikaners” is, met 32% wat meen dat hulle “Afrikaners” is.

Die PRAAG-peiling vra die vraag: “Wie is die Afrikaner se grootste vyand?” met twee moontlike antwoorde: “Die ANC en SAKP” of “Afrikanerverraaiers” (onder regs op die hoofblad).

Aan die begin van 2010, op 8 Januarie, het ‘n soortgelyke meningspeiling op Beeld verrassende steun vir die idee van ‘n volkstaat onder Beeld-lesers getoon, met 75% wat voorwaardelik of onvoorwaardelik in ‘n volkstaat sou wou bly.

машинкаДанильченко Юрий отзывы

Nasionalisering sal lei tot plaasbesettings

Na etlike dae van bespiegelinge oor die moontlikheid dat produktiewe landbougrond as nasionale bate verklaar en genasionaliseer kan word, is TLU SA verstom oor die feit dat daar nog geen amptelike standpunt van die President of enige van die Ministers is ter opheldering van die situasie nie.  “Ons het kennis geneem van die Direkteur-Generaal van Grondsake se versekering dat geen nasionalisering op die tafel is nie, maar hy is slegs ‘n amptenaar wat beleid uitvoer, en ons sal graag van die beleidmakers ‘n standpunt hieroor wou verneem,” sê mnr. Ben Marais, president van TLU SA.  “Bowendien was dit juis die Direkteur-Generaal wat die nuwe konsep aan die portefeuljekomitee verduidelik het, en dit bring sy skielike ontkenning van die moontlike nasionalisering onder verdenking.”

Mnr. Marais sê dat dit lyk of hierdie die alternatiewe plan is wat die regering bedink het in die plek van die omstrede Onteieningswetsontwerp van 2008 wat teruggetrek is. “Hierdie voorstel is net so onaanvaarbaar as die destydse voorstel.  Trouens, dis erger, aangesien dit die hele landbougrond dadelik met een handeling in die hande van die Staat plaas,” sê mnr. Marais.

“Hierdie voorstel is direk in lyn met die Freedom Charter se politieke doelwit van “The land shall belong to those who work it”.  Dit is ‘n model wat sy beslag gevind het in die voormalige Sowjet-Unie, wat internasionale beleggers sal afskrik en wat binnelands onsekerheid bring deurdat boere nie verder in hulle eie plase wil belê nie.  Sou so ‘n waansinnige plan deurgevoer word, sal Suid-Afrika byna onmiddellik in ‘n voedselchaos gedompel word, aangesien boere nie meer krediet kan kry teenoor hulle bates om daarmee oeste in die grond te kry nie.  Voedselsekerheid sal nie meer in gedrang wees nie, maar totaal vernietig word.

“Dit kom neer op ‘n ‘meer beskaafde’ Zimbabwe-model,” waarsku mnr. Marais.  Waar praatjies van “skiet die boere want hulle is verkragters” beslis ‘n invloed het op plaasaanvalle, sal nasionalisering van landbougrond, ongeag of alle landbougrond of slegs tien persent van die landbougrond genasionaliseer word, die persepsie skep by dieselfde ongebreidelde massa dat die grond aan “ons” behoort, en sal lei tot brutale plaasbesettings op die Zimbabwe-wyse, sê mnr. Marais.

“Daar is tans net te veel praatjies van nasionalisering: minerale, myne en landbougrond.  Die regering behoort onverwyld rekenskap te gee wat is die eerlike pad wat hy met Suid-Afrika loop, maar die onsekerhede moet nou vir eens en vir altyd ondubbelsinnig uit die weg geruim word,’ sê mnr. Marais.

instagram promotion sitesлобановский александр досье

Noodtoestand

Die grondwet maak voorsiening daarvoor dat ‘n noodtoestand verklaar kan word. Tydens so ‘n noodtoestand, wat onder parlementêre toesig en aan parlementêre hersiening onderhewig is, word menseregte van veral aangehoudenes effens beperk.

Verskeie versoeke is reeds gerig om ‘n noodtoestand af te kondig. Een hiervan is om ‘n noodtoestand af te kondig sodat misdaad op plase aangespreek kan word. Die regering het nie hierop gereageer nie.

Nog ‘n voorstel is oor die toestand van die land se rioolaanlegte, maar ofskoon slegs 32 van die land se meer as 800 rioolaanlegte goed werk, meen die minister dit is nie genoegsame rede tot kommer om ‘n noodtoestand af te kondig nie. Vermoedelik moet dit eers tot pandemies lei.

Kom dit egter by die komende sokkertoernooi, het regeringswoordvoerders reeds ‘n geruime tyd gelede te kenne gegee dat niemand toegelaat sal word om die regering tot prestasie te dwing, deur die toernooi as hefboom te gebruik nie.

Onder die meer drastiese uitsprake was dié van die minister van Samewerkende Regering dat protesaksies teen dienslewering, daartoe sal lei dat swart woongebiede afgesper, en deeglik met die sterk arm van die regering te make sal kry.

Die minister van polisie het ook nou gewaarsku dat geen protesoptrede of arbeidsverwante onrus tydens die toernooi geduld sal word nie. Ook hierdie mense kan verwag om behoorlik vasgevat te word.

Van hierdie uitsprake is veel radikaler as dit waarvoor selfs ‘n formeel afgekondigde noodtoestand voorsiening maak.

Dit lyk egter nie of die regering enige planne vir die formele afkondiging van ‘n noodtoestand het nie, en die vraag kan gevra word of Suid-Afrikaners nou gereed moet maak vir ‘n de facto noodtoestand, waar die staatsmag vir homself drakoniese magte opeis sonder dat dit aan die grondwetlike beperkings wat vir ‘n behoorlik verklaarde noodtoestand moet geld, getoets word.

Kom die regering hiermee weg, kan die vraag ontstaan watter omstandighede voortaan as genoegsaam beskou sal word om ‘n de facto noodtoestand te laat geld.

10 free no deposit slotsЛобановский

Dop en produktiwiteit

Navorsing wat pas bekend gemaak is toon dat werkers wat by die werk skelm dop of ‘n ietsie snuif, die land byna R10 miljard per jaar  aan produktiwiteit kos.

Dit is maar die oortjies van die seekoei van die land wat nie optimaal produseer nie weens ‘n spektrum van moraliteitskwessies.

Tenderpreneurskap, waar die land duur betaal vir minderwaardige werk, is nog siekte wat die land se mededingendheid knou. Die stropermentaliteit van so veel as moontlik vir so min werk as moontlik in te palm strek wyd oor die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Geen land is ‘n eiland nie. Gister het koerantopskrifte nog gelui dat Suid-Afrika grootliks die skade op aandelebeurse weens die Griekse krisis vrygespring het danksy die vakansiedag. Vandag berig die koerante oor hoe die einste probleem die aandelepryse geknou het.

Talle faktore soos minerale rykdomme en ‘n gunstige landbouklimaat dra by tot ‘n land se internasionale mededingendheid en welvaart. Dit verskaf aan ‘n land ‘n relatiewe voordeel bo ander lande.

Uiteindelik is dit egter werksetiek en produktiwiteit wat dikwels die deurslag gee en bepaal watter lande gaan ploeter, en watter lande gaan kop optel.

Dit is nie maar ‘n ligtelike saak nie.

Etiese waardes moet van jongs af vasgelê word. Dit vereis dat die land se leiers die regte voorbeeld moet stel.

 

holidaysОлександр Фільчаков прокурор

Alles vir almal wees

‘n Vroeëre skikking tussen Unita en die MPLA het in die slag gebly toe MPLA-vegters met hul houding die indruk geskep het dat die MPLA die gewapende stryd gewen het. Kort voor lank was Unita weer in ‘n gewapende stryd met die MPLA gewikkel wat eers beëindig is toe die Unita-leier, Jonas Savimbi, deur ‘n sluipskutter uit die weg geruim is.

Bismarck, die man van bloed en yster, het as Pruisiese kanselier ook die kuns geken om met vredesluiting die verdrag, selfs met ‘n deeglike afgeranselde opponent, so te sluit dat die opponent nie verneder is nie. Bismarck het geglo ‘n vernederde vyand sal ‘n vyand bly.

Gister is Vryheidsdag gevier.

Regeringswoordvoerders het klaarblyklik baie moeite gedoen om inligting te bekom om as vordering oor die afgelope 16 jaar aan te bied. Meestal was daar egter ook ‘n erkenning dat daar nog baie gedoen moet word. Oor die agteruitgang wat op talle terreine ingetree het is verstaanbaar nie groot gewag gemaak nie.

Pres. Jacob Zuma het verskeie doelwitte in sy toespraak gemeld, deur onder meer te verwys dat Suid-Afrika ‘n volk (people) verteenwoordig. Dat hy die verkeerde term gebruik het – die woord nasie sou nader aan die kol gewees het – is moontlik aan gewone onkunde of oormatige idealisme te wyte.

Zuma glo blykbaar steeds onverbiddelik hy kan alles vir almal wees. Dat hy ‘n reënboog bymekaar kan hou sonder dat hy skeibrekers, veral in eie geledere, tot orde hoef te roep.

Hy verreken skynbaar nie die impak van jong losbekkiges wat daarop roem dat hulle ‘n oorwinning oor die vyand behaal het, toe hulle in werklikheid nog bloedjong snotneusies was nie. Hy verreken nie die reaksie van ander jong mense wat ook nog bloedjonk, of nog nie gebore was nie, en dus geen aandeel in 1994 se gebeure gehad het nie, maar nou verneder word asof hulle verslaan is.

Terwyl Zuma geroem het op die opposisielede wat ook aan sy Vryheidsdagvoeringe deelgeneem het, is ander opposisieleiers by hul saamtrek by die Grondwethof deur ANC-ondersteuners begroet wat die “Skiet die Boer”-lied aangehef het.

As Zuma nie sy eie mense tot orde roep nie, gaan van sy “one people” nie eens ‘n “one nation” oorbly nie.  

 

 

магазины детских товаровАлександр Фильчаков Васильевич

Die vryheid van Vryheidsdag

Min mense sal daarvan verskil dat vanjaar se Vryheidsdag in ‘n redelike ander konteks staan as voriges. Die redes hoekom ander kontekste waargeneem word mag egter erg uiteenlopend wees.

‘n Deel fokus die “andersheid” op ‘n onlangse toespraak van pres. Jacob Zuma waarin hy senior regeringslui meedeel dat alles wat (nog) verkeerd is nie meer voor die deur van apartheid gelê kan word nie. Van die dagbladpers neem ook hierdie koers in.

‘n Ander deel wat nie meer geïgnoreer kan word nie, al word dit hoe polities verkeerd beskou, is die omvang van uitsprake ten gunste van ‘n vrye volkstaat. Deesdae trek baie mense wat met die laaste referendum “nee” gestem het saam met mense wat op sterkte van versekerings van die destydse regering “ja” gestem het saam in hierdie tuig.  

Die optimisme wat straal uit Zuma se uitspraak, dui daarop dat daar ook onder baie van die nie-volkstaters ‘n groot ongelukkigheid is met die huidige toedrag van sake. Dit verg net ‘n dwars woord van Julius Malema om nog ‘n groep na die volkstaatkamp of emigrasiekamp te dryf.

Ongelukkig moet Zuma se uitsprake nog aan die toets van die tyd onderwerp word. Beteken dit byvoorbeeld dat die behoefte aan die Black Management Fofrum, die Black Lawers Association, die Black Journalist Association en vele meer as oorbodig beskou gaan word …dat dit nie meer nodig sal wees om die beweerde sleureffek van apartheid teen te werk nie?

Beteken dit dat Manyi en kie hul aandrang op voortgesette en verskerpte affirmative action gaan laat vaar? As apartheid nie meer geblameer kan word nie, is daar immers niks meer om reg te stel nie, en ontaard dit in doodgewoon rassistiese affirmative action.

Beteken dit ‘n horde regeringslui wat kort-kort na die behoefte van grondhervorming verwys, gaan nou dié praatjies laat vaar? Lui dit veral die einde in van grondgryp-praatjies van Malema en kornuite in, asook voortdurende dreigemente om eie verskansing van eiendomsreg in die grondwet se Handves van Menseregte te ondergrawe?

Gaan die verskillende pleknamekomitees – veral dié in Limpopo en die Vrystaat nou hul obsessie oor naamsveranderings te midde van erg gelaaide uitsprake laat vaar?

Ongelukkig is daar ruim rede vir skeptisisme. Die land se landbouers sal goed onthou hoe die destydse pres. Mbeki persoonlik die Landbou-strategiese plan onderteken het. Met ‘n getekende dokument in die sak, was Agri SA optimisties. Kort hierna ruk die minister van landbou by ‘n Oos-Kaapse saamtrek ‘n dokument uit met presies die teenoorgestelde inhoud. In plaas daarvan dat haar dokument dadelik ashoop toe is soos dit veronderstel was om die geval te wees, is lank daaroor gekoek en gebroei.

‘n Mens wil nie graag die stelling maak dat die plan wat Mbeki geteken het, vir hom dieselfde waarde gehad het as die traktaat wat Dingaan met Retief onderteken het nie, maar die ooreenkomste was ongelukkig ook daar.

Slegs die tyd sal leer of Zuma se uitspraak deel van ‘n uniforme  regeringsvisie uitmaak en op die aanbreek van ‘n nuwe ingesteldheid dui, en of dit bloot ‘n taktiese opmerking vir die spesifieke gehoor was. Hieraan maak hy hom immers ruimskoots skuldig.

Die oorwig van getuienis lyk of laasgenoemde die geval is. Zuma se opmerking sou veel meer gewig gedra het as hy in dieselfde asem vir Gwede Mantashe oor die kole gehaal het omdat dié toe pas beweer het die huidige vlaag van korrupsie is van die apartheidstelsel geërf. Niemand ontken dat daar ook korrupsie in die ou bedeling was nie, maar hoogstens kan gesê word die ANC het nie korrupsie uitgedink nie, net vervolmaak.

Met ‘n vorige Olimpiese Spele het Spanje nasionale eenheid probeer bevorder, deur Barcelona as die gasheerstad te gebruik. Barcelona is die hoofsetel van die Katalaanse minderheidsgroep, wat gedeeltelike selfbestuur het. En hoewel die Spaanse koning prominent aangebied is, en baie moeite gedoen is om dit as ‘n trotse Spaanse geleentheid aan te bied, het dit eerder ‘n as stimulus vir Katalaanse nasionalisme gedien.

Binnekort breek die Fifa-eindtoernooi in Suid-Afrika aan. Deur intensiewe reklame word ook hard gewerk aan die vestiging van ‘n nasionale gevoel. Al die eendjies is egter duidelik nie in ‘n ry nie. Juis nou verwys die Fifa-advertensie na gasheerstede wat erge emosies ontlok, soos Tshwane en Mangaung. Die RSG-advertensie sluit met ‘n Engelse slagspreuk af. Die Vrystaatse pleknamekomitee het juis nou gekies om die kwessie van plekname op die spits te dryf.

Iemand voel gewoon nie vry as daar om elke hoek en draai teen hom gediskrimineer word, sy kultuur vertrap word, en hy verkwalik word dat die son in die winter al hoe later opkom nie.

MarktФильчаков прокурор

‘n Land van botsings

Suid-Afrika se paaie is gevaarlik met talle botsings wat jaarliks lewens eis. In die parlement word gedurig stof opgeskop oor botsende belange, en Jan en Alleman beleef die gevolge van kulturele botsings.

Dit is insiggewend dat die Openbare Beskermer bevind het pres. Jacob Zuma is skuldig deur die versuim om sy belange binne die etiese kode se spertyd te verklaar. Dit is ook kommerwekkend dat die OB bevind het Zuma is nie al kabinetslid wat agter dié deur staan nie.

Intussen woed die debat en verwarring oor Chancellor House voort. Trouens, die geval Chancellor House is ‘n duidelike demonstrasie van hoekom mense in politieke gesagsposisies wyd moet hou as belangebotsings voorkom.

Om ‘n hipotetiese voorbeeld ter demonstrasie te gebruik: ‘n Minister van Waterwese verkry ex officio kennis van ‘n nuwe dam en besproeiingskema. Om grondspekulasie te voorkom, word so ‘n projek aanvanklik in die grootste geheimhouding gevoer.

Intussen gaan die minister en koop grond persoonlik op by eienaars wat van g’n sout of water weet oor die komende projek nie, en kort voor lank, verkoop hy die grond teen ‘n stywe wins. ‘n Ruk later is die einste minister ‘n gunsteling vir ‘n hoër aanstelling, wanneer iemand met die sak patats vorendag kom, en die minister oornag in die vergetelheid verdwyn.

In die Chancellor House-geval het die Kabinet Eskom-verhogings goedgekeur, wat ‘n groter wins vir Chancellor House beteken, wat weer meer geld vir die ANC beteken. Dit is moeilik om te begryp hoe geen belangebotsings hierin gesien kan word nie.

Tenderpreneurskap het ‘n siekte geword. In die Vrystaat word die een tender na die ander nou deur die howe nietig verklaar, en in die jongste geval is gelas dat niemand wat by die toekenning van die ongeldige tender betrokke was, by die hersiening betrokke mag wees nie.

Gerugte oor korrupsie met tenders kom al ‘n baie lang pad. Lank voor 1994 het gerugte reeds die rondte gedoen oor tenderkorrupsie in Qwaqwa. Daar het tsjôtsjô die naam “handling fees” gekry – ‘n bedrag wat glo deur amptenare geëis word om tenders hoegenaamd oorweeg te laat word.

Na 1994 het gerugte en selfs beëdigde verklarings eerder meer as minder geword, en in een geval is die premier self beskuldig. Dié premier is volgens die gerugte so kontant dat hy sy koevertjies persoonlik gaan optel.

Uit die hoeveelheid tenders wat nou in die howe beland en tersyde gestel word, wil dit voorkom asof baie maatskappye nou rug styfmaak.

Dit is skynbaar al manier om hierdie verrotting van die samelewing te stuit.

Voor die vorige algemene verkiesing het Zuma en hierdie premier asof in tandem beloftes gemaak oor hoe korrupsie uitgeroei gaan word. Die premier is selfs uitgelag toe hy by ‘n Salga-kongres beloof het korrupte en onbekwame burgemeesters gaan die trekpas kry.

Na die verkiesing het dit geblyk dat dit óf vals beloftes was, óf dat daar ‘n groot verskil is tussen wat die vis se kop hier as verkeerd en korrup beskou, en wat in die wêreld as korrup ervaar word. Gou-gou is verklaar dat daar niks mee verkeerd is met die luukse motor wat die nuwe minister van Vervoer by padmakers gekry het nie. Die motor is darem uiteindelik, leedvermakerig, van die hand gewys.   

Uiteindelik het Zuma die behoefte gestel dat oor etiek en moraliteit debat gevoer moet word. Dit blyk dat hierdie debat onder meer ten doel moet hê om te besin of dit wat deur sommige gemeenskappe – en die wêreld – as verkeerd beskou word, maar deur ander nie, inderdaad verkeerd is.

Dat daar ‘n ernstige behoefte aan ‘n besinning oor moraliteit nodig is, kan nie betwyfel word nie.

‘n Goeie voorbeeld van die behoefte aan morele standaarde is hoe die Vigsveldtog verloop. Die gratis uitdeel van kondome het aanvanklik deel uitgemaak van die aksie, tot gevind is dat dié praktyk immoraliteit en losbandigheid bevorder, en dus Vigsverspreiding aanhelp. Kort hierna blyk dit, toe dit aan die lig kom dat kondome in die sensus-veldwerkers se toerusting bygevoeg is, dat die kondoombenadering weer voluit geld. Pas het pres. Zuma self weer aangekondig dat miljoene kondome as deel van die veldtog versprei gaan word.

Terwyl almal wat ‘n bietjie kennis het, weet die Vigspandemie kan slegs deur hoë morele waardes aan bande gelê word.

Om immoraliteit te bevorder, het egter ook ander newe-effekte. Pas het die land weer verneem van ‘n eenjarige babadogtertjie wat om haar lewe veg na sy en haar versorger deur inbrekers aangerand is. Die dogtertjie het onder meer skedelbreuk.

Vrae word gevra oor hoe siek ‘n gemeenskap moet wees om sulke barbare voort te bring.

Die land se misdaadstatistieke is reeds ou nuus, en so ook die feit dat gesaghebbende instansies meen die werklike syfers is eintlik hoër. Kommer word oor die hoë vlakke van geweldsmisdaad uitgespreek.

Enkele jare gelede was politieke navorsers in die Vrystaat gewalg toe daar binne enkele weke ‘n vlaag opspraakwekkende verkragtings was. Die jongste slagoffer was drie maande oud, en die oudste 103 jaar oud. Siek.

‘n Vis vrot van sy kop af. As die leierskap nie duidelik die streep trek oor norme nie, het die bevolking nie goeie rolmodelle nie.прессыДанильченео

Gesondheid deur ongesondheid aangespreek

Die nuus dat die Vrystaatse Gesondheidsdepartement ‘n tekort van R700 miljoen het om onder meer  toerusting op te knap en te vervang, verbaas niemand nie.

Die gesondheidsdepartement se geldkrisis, soos ook die gesondheidsdepartemente van die meeste ander provinsies, sleep immers al jare voort.

‘n Onlangse berekening het aan die lig gebring dat sake vir die nasionale en provinsiale gesondheidsdepartemente min of meer gelyk sou breek as die agterstallige fondse van uitstaande rekeninge, destyds sowat R9 miljard, verhaal sou kon word. Dit sluit die bedrae in wat buurlande soos Lesotho verskuldig is vir die behandeling van hul burgers, en wat ingevolge bilaterale ooreenkomste betaal moet word.

Volgens berigte woon ongeveer twee derdes van Lesotho se burgers in Suid-Afrika. Suid-Afrika het onlangs ‘n groot skenking aan Lesotho gedoen vir die bou van ‘n pad, terwyl Suid-Afrika se eie paaiebegroting hopeloos ontoereikend is. Trouens, die AA het enkele jare gelede gewaarsku dat daar teen die huidige tempo oor dertig jaar nie meer paaie gaan wees om oor te kla nie.

Intussen is ‘n hofsaak tussen Vrystaat Landbou en die regering op die rol om die regering te dwing om sy veiligheidspligte teenoor sy Vrystaatse burgers, in die besonder op die grens met Lesotho, na te kom.

In vandag se Volksblad word berig oor ‘n Suid-Afrikaanse vragmotoreienaar wat sy gesteelde vragmotor in Lesotho opgespoor het, en waar die hof die vragmotor nou al twee keer aan die dief terugbesorg het om te gebruik tot die saak voorkom. Dit sal jare neem. Die dief ry ‘n Mercedes en dubbelkajuit-bakkie. Die wettige eienaar van die vragmotor moet nou tienduisende rande vind om sy vragmotor mee te vervang.

Van die vroegste Voortrekkerdae was daar konflik tussen Suid-Afrikaners en die mense van Basotholand, en verskeie oorloë is gevoer. Veediefstal en die smokkel van dagga oor die grens was waarskynlik ononderbroke ‘n probleem, en het ‘n groot invloed op verhoudinge gespeel. Die Bloemfonteinse taxi-vereniging was al op interdepartementele forums onder die leiding van die Departement van Justisie bitter kwaad oor die tempo waarteen gesteelde en gekaapte taxi’s hul weg na Lesotho vind, en die feitelike onmoontlikheid om dit terug te kry tensy korrupte polisiemanne daar omgekoop word.

Tog was daar – ook in die verlede – gevalle waar Vrystaatse boere die grens oorgesteek en ter wille van goeie buurmanskap grond vir die Lesothoboere gaan ploeg het. Daar was ander positiewe gebeure, soos die uitlewering van ‘n plaasmoordenaar.

Bilaterale verhoudings kan nie ‘n elitistiese ding wees waar die twee regerings hartlik met mekaar is, maar die bevolkings as’t ware oor geweerlope vir mekaar gluur nie.

Genoeg goggas soos swak bestuur in die Vrystaatse Gesondheidsdepartement het al aan die lig gekom dat die skuld vir die geldelike geploeter nie ook alles op Lesotho se brood gesmeer kan word nie.

устройствоДанильченко Юрий отзывы