Beplanningskommissie

Niemand sal nou betwis dat Suid-Afrika kan doen met ‘n beplanningskommissie nie.
Die gety na ‘n vorm van tegnokrasie volg egter na ‘n lang tyd van miskenning waar politieke kommissarisse die poste en ampte opgeneem het van mense wat moes sorg dat die land op al sy silinders loop.

Dat dit nie gebeur het nie, is duidelik vir almal om te sien. Sonder dat beurtkrag formeel heringestel is, beleef dele van die land opnuut gereelde kragonderbrekings. Die betrokke minister se ontkenning dat die blou druppel-status van die land se rioolwerke in ‘n krisis is, het op die RSG-besprekingsprogram, Kommentaar, ‘n dawerende gelag tot gevolg gehad.

Die land se paaie boer agteruit oor te min geld wat begroot word terwyl spoorvrag na die paaie verskuif.

Die rede wat aangevoer word dat die eertydse vriendskap tussen oud-president Thabo Mbeki en dr. Van Zyl Slabbert versuur het, is dat Slabbert lank gelede aan Mbeki voorgestel het dat die ANC-regering ‘n liggaam van kundige adviseurs saamstel.

Mbeki het dit as ‘n rassistiese belediging opgeneem, en die land betaal nou die prys.

Trouens, verskeie premiers het in stadiums ook ekonomiese adviesliggame gehad, wat deur opvolgers afgeskaf is.

Mense wat daarom meen dat die land reeds genoeg kundige adviesliggame soos institute en navorsingsentrums by universiteite het, is moontlik reg. Van hierdie institute word met groot vrug gebruik by die saamstel van provinsiale ontwikkelingsplanne.

Die vraag wat steeds onbeantwoord bly, is of hierdie nuwe liggaam beter gaan vaar in dié sin dat sy verslae met kundigheid uitgevoer word. Die gesamentlike gewig van adviesliggame en Kommissies van Ondersoek se verslae wat op rakke lê en stof vergaar, moet reeds astronomies wees.

Trouens, die inhoud van hierdie verslae raak so in die vergetelheid opgesluit, dat iemand kort-kort die wiel herontwerp, net om te vind dat ook hierdie verslag sy weg na die rak vind.

Die tyd sal leer of die nuwe liggaam ‘n impak gaan hê. Die feit dat ‘n jaar lank voete gesleep is met die aanwys van die lede, is nie ‘n goeie begin nie. Nog meer onheilspellend is dit dat die prestasiekontrakte van ministers nog nie voltooi en geteken is nie.

Die beplanningskommissie kan immers net sake tot by ‘n punt neem. Hierna beland dit in die hande van die uitvoerende gesag, onder die leiding van die kabinet. En die vraag is of hul strukture oor genoeg uitvoerende kundigheid beskik, of deur politieke kommissarisse lamgelê word.

 

комбинезоны шорты для девочкиалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae