Oor die afgelope 12 ure het Boere Krisis Aksie berig van 3 plaasaanvalle: een elk by Doornkraal, Cullinan, by St Francisbaai in die Oos-Kaap en by Morningside. Daar bestaan geen betroubare statistiek oor die aantal mense wat reeds in plaasaanvalle die lewe gelaat het nie, aangesien minister Nathi Mthetwa reeds in 2009 opdrag gegee het dat geen afsonderlike statistiek bygehou word nie.
Plaasaanvalle word van owerheidsweë as gewone misdaad beskou.
Sommige onbesvestigde bronne beweer dat soveel soos 68 000 Afrikaners reeds sedert 1994 vermoor is, wat aan internasionale definisies van volksmoord voldoen. Daar is reeds 3 000 boere vermoor, wat gelykstaande aan 10% van die geregistreerde, produserende komersiële boeregemeenskap is. Die wreedheid waarmee hierdie aanvalle dikwels gepaard gaan, kan beskou word as ‘n klad op die naam van enige regering wat nie sy burgers kan beskerm nie. Die gevolg hiervan op die ekonomie en die moreel van die volk is vernietigend.
Afrikaners word letterlik deur geweld uit die land verdryf.
Front Nasionaal eis nou dat die Minsister van Polisie plaasaanvalle met onmiddelike ingang as prioriteitsmisdaad verklaar en ‘n taakspan in die lewe roep om met belanghebbende organisasies in gesprek te tree ten einde ‘n werkbare oplossing te beding om ‘n einde te maak aan hierdie sinlose geweld en bloedvergieting.



