Nactu wil Amcu-staking steun

Vakbonde geaffilieer by die Nasionale Raad van Vakbonde ( Nactu ) oorweeg ‘n solidariteitstaking ter ondersteuning van Amcu, het die federasie Maandag gesê.

“Ons vakbonde vergader [Dinsdag] om ‘n solidariteitstaking ter ondersteuning van Amcu te bespreek,” het Nactu se voorsitter Joseph Maqhekeni gesê.

Amcu is ‘n filiaal van Nactu.

Lede van Amcu by Lonmin, Impala en Anglo American Platinum ( Amplats ) staak sedert 23 Januarie vir ‘n basiese maandelikse salaris van R12.500.

Hulle verwerp die maatskappye se loonverhoging van tot nege persent.

Die maatskappye verwerp Amcu se hersiene eis dat die R12.500 oor vier jaar bereik kan word, en sê dis onbekostigbaar as ‘n 30 persent verhoging.

“Ons wag , met die hoop dat die myne sal kom met iets. Amcu het gesê dat dit bereik kan word in vier jaar , wat na ons mening ‘n regverdige hersiening is,” het hy gesê.

Nactu het 22 vakbonde wat deel daarvan is .

Die staking by die platinummyne in Rustenburg , Noordwes en Northam in Limpopo is in sy tweede maand.

Gesprekke om die staking te besleg deur die Kommissie vir Versoening , Bemiddeling en Arbitrasie ( KVBA ) het vasgeval.

Die KVBA het beslis dat partye te ver van mekaar af staan.

 

3 thoughts on “Nactu wil Amcu-staking steun”

  1. Hierdie staking is net ‘n verskoning om die myne toe te maak sodat die ANC regering die myne kan “onder kuratorskap plaas” – menende, onteien om nie ‘n sent daarvoor te betaal nie en dan op hulle onproduktiewe (lees korrupte) staatsdiensmanier te bedryf of dalk aan die Sjinese oor te gee vir bestuur.

  2. Seker maar ‘n goeie ding vir AMCU dat die wêkkas nie kan somme maak nie. Hoe lank moet hulle werk om die geldjies wat hulle verloor het agv die staking terug te kry al kry hulle die astronomiese verhoging? Kom ons veronderstel hulle kry R8000 p/m. Dus het hulle +/- R20 000 aan inkomste al verloor. Dit gaan hulle omtrent 5 maande te neem net om op datum te kom. Intussen is hulle agterstallig op alles om nie eers te praat van die wat hulle werk gaan verloor omdat die myne sal moet herstruktureer nie. En hierdie keer gaan die myne nie inskiklik wees nie. Vir dom is daar nie pille nie

Maak 'n opvolg-bydrae