Verskeie paaie by Joe Slovopark by Milnerton in die Wes-Kaap is gesluit weens oproermakers wat motoriste bedreig.
Die paaie in Bosmansdam- en, Daniëlweg sowel as Racecourse- en Printersweg is ook toe vir verkeer.
Die Kaapstadse verkeersowerheid sê oproeriges het bande aan die brand gesteek en inwoners stort vullis op die paaie om dit onbegaanbaar te maak.
Die polisie en die verkeersowerheid is in die gebied ontplooi.
Maandag is die N2 tussen Somerset-Wes en die Kaapstadse Internasionale Lughawe deur oproeriges geteiken.
