Front Nasionaal eis optrede van minister oor plaasaanvalle

plaasmoorde1Oor die afgelope 12 ure het Boere Krisis Aksie berig van 3 plaasaanvalle: een elk by Doornkraal, Cullinan, by St Francisbaai in die Oos-Kaap en by Morningside. Daar bestaan geen betroubare statistiek oor die aantal mense wat reeds in plaasaanvalle die lewe gelaat het nie, aangesien minister Nathi Mthetwa reeds in 2009 opdrag gegee het dat geen afsonderlike statistiek bygehou word nie.

Plaasaanvalle word van owerheidsweë as gewone misdaad beskou.

Sommige onbesvestigde bronne beweer dat soveel soos 68 000 Afrikaners reeds sedert 1994 vermoor is, wat aan internasionale definisies van volksmoord voldoen. Daar is reeds 3 000 boere vermoor, wat gelykstaande aan 10% van die geregistreerde, produserende komersiële boeregemeenskap is. Die wreedheid waarmee hierdie aanvalle dikwels gepaard gaan, kan beskou word as ‘n klad op die naam van enige regering wat nie sy burgers kan beskerm nie. Die gevolg hiervan op die ekonomie en die moreel van die volk is vernietigend.

Afrikaners word letterlik deur geweld uit die land verdryf.

Front Nasionaal eis nou dat die Minsister van Polisie plaasaanvalle met onmiddelike ingang as prioriteitsmisdaad verklaar en ‘n taakspan in die lewe roep om met belanghebbende organisasies in gesprek te tree ten einde ‘n werkbare oplossing te beding om ‘n einde te maak aan hierdie sinlose geweld en bloedvergieting.

Sluit aan by Front Nasionaal, dis gratis

13 thoughts on “Front Nasionaal eis optrede van minister oor plaasaanvalle”

  1. DIT wil gedoen word, dankie FN, maar of die verskoning van ‘n sogenaamde minister van polisie hom daaraan gaan steur – daaroor twyfel ek sterk !

    Hy het vantevore dit ook afgemaak as GEWONE MISDAAD – en dit so gekommunikeer aan jacob zuma wat dit woord vir woord sluk !

    ONS EIS DAT DAAR DAADWERKLIK OPGETREE WORD, ons Blanke-bevolking word uitgemoor op groot skaal !

    GO FN GO ! (jammer vir die Engels).

    NS: Praag, hou ons asseblief op hoogte van terugvoer, indien enige.

  2. De algehele ineffectieve aanpak van de genocide en specifiek Plaasmoord is dramatisch vooral omdat er nogal wat zelfingenomen, zelfzuchtige, zelfvoldane psychopaten voortgaan op de heilloze hardvochtige weg van ontkenning.

    Voorkoming/preventie lijkt geen enkele positie te bekleden en opsporing en veroordeling van de daders is ontoereikend. Het is algemeen bekend dat onverschrokken zielloze gewelddadige zware criminelen er in het nuwe SA niet zelden flink op vooruitgaan als ze al worden gepakt dus mist de strafoplegging ook nog eens zijn uitwerking en is daarmee deel van het probleem. Die constatering krijgt dag na dag meer substantie.

    De eens te meer onverantwoordelijke uitspraak van de heer Tutu mag nu consequenties hebben bij een volgend voorgenomen bezoek aan Nederland middels o.a. een duidelijke stellingname van het Oranjehuis en minister Frans Timmermans die nu over 2013 de onnodige doden heeft kunnen tellen.

  3. Daarsy so wil gesien word hoe FN respek verdien. FN het ‘n werkbare plan wat deurgevoer sal word. Dit kan al gesien word in sy baie kort lewe.
    Die medipligtiges wat in die regering sit wat ons Boerenasie probeer uitwis moet by die wêreldhof vir menseskendings en moord aangekla en vervolg word.

      1. Ek het dieselfde ondervinding, tot ek verneem het hoe die “bevelvoerders” hulle die werknemers en veral die speurders hanteer. Hierdie bevelvoerders moet behoorlik vasgevat word en die enigste manier om viktimisasie te voorkom is om hulle te name en shame want hulle kom letterlik weg met moord in sommige gevalle.

Maak 'n opvolg-bydrae