Die hoofstroommedia in Suid-Afrika probeer met alles waartoe hulle in staat is, die tweede aanval op mnr. Clive Derby-Lewis af te maak asof dit nou maar weer ’n toevalligheid is. Hierdie keer word dit voorgehou dat die aanvaller ’n jong lid van ’n bende is wat sy lidmaatskap moet bewys en regverdig deur iemand belangrik se bloed te laat vloei.
Dit word nou aan Suid-Afrika voorgehou as die rede waarom die tweede aanval op mnr. Derby-Lewis plaasgevind het.
Waarnemers en ontleders vertel egter ’n ander verhaal.
Hulle meen dit is net te toevallig dat die volgende gebeure die een na die ander mekaar opgevolg het rondom Derby-Lewis.
1 Met ’n parool aansoek is die opmerking gemaak dat Derby-Lewis in die tronk moet doodgaan
2 Verskeie kere word parool aansoeke afgewys, te midde van die feit dat hy reeds etlike jare langer in die tronk is as enige ander oortreder van die wet, en reeds ten volle gekwalifiseer het vir parool.
3 ’n Eerste aanval word op Derby-Lewis gemaak met die doel om hom om die lewe te bring, en die rede vir die aanval word aan die wêreld voorgehou dat die aanvaller versteurd is
4 Die tweede aanval word geloods, slegs enkele weke na die vorige aanval, met die doel om te dood, en dit word weereens afgemaak met ’n flou verduideliking, hierdie keer asof dit ’n jong bendelid is wat homself moet bewys.
5 Derby-Lewis word parool geweier, te midde van die feit dat hy ’n kankerlyer is en reeds jarelank ten volle kwalifiseer vir parool.
6 Tydens die tweede aanslag op sy lewe, was dit nie korrektiewe dienste personeel wat tot sy hulp gekom het nie, maar mede gevangenis, waarvan Casper Greeff, ’n voormalige tandarts een was. Sulke “onwilligheid” van personeel laat ernstige bedenkinge.
7 Die skynbare onwilligheid van tronkpersoneel om Derby-Lewis vinnig by die hospitaal te kry, spreek boekdele
8 Toe Derby-Lewis besig was om sy bewussyn te verloor tydens die tweede aanval, was daar nie een personeellid wat hom te hulp gaan nie.
9 Die feit dat die tronk-owerheid eers na die tweede moordaanslag op Derby-Lewis se lewe, besluit het om hom in ’n enkelsel te plaas, is verdag. Waarom toe eers?
10 Die skielike verklaring dat Derby-Lewis se veiligheid beslis verseker word, is om die minste te sê, ongeloofwaardig.
Die bostaande tien gebeure, kan onmoontlik as toevallige handelinge en optredes beskou word. Enige regdenkende weet dat die twee voorvalle om Clive Derby-Lewis om die lewe te bring, verdoesel word omdat een saak duidelik voorop staan:
Hy moet in die tronk sterf!
Die regspersone wat hierdie analise gedoen het, is oortuig daarvan dat die aanslag op die lewe van Clive Derby-Lewis van buite die tronk gereël is.
Bron: Die Vryburger

Hoekom is daar soveel onregverdigheid? Dié wat dit toepas hoop ek kry ook hul dag! Sterkte aan almal wat gaan opdaag met die petisie oorhandiging om Clive Derby-Lewis te probeer om eindelik ten laaste op parool te kry.
Baie sterkte ook aan Clive Derby-Lewis. Hoop op ‘n vinnige herstel.
Is ek verstom of verslae – ALLERMINS !
Dis prysenswaardig dat Praag ons nou ingelig hou insake Mnr Derby-Lewis en die voorgenome aksie deur FN onderneem.
Hy is eintlik ‘n politieke gevangene.
Ja Rooikop – dit is wat gebeur wanneer ‘n sekere bloeddruk-geval belangriker geag word as ‘n kankerlyer. Watse houvas het Hani se vrou in die toekoms van Oom Clive ?
Ander gevaarlike gevangenisse het slegs helfte van hul vonnisse uitgedien en is op vrye voet (hoeveel van hulle is in elkgeval daarna weer terug na hul weer die wet oortree het).
Trip hopelijk neemt FN vandaag persoonlijk contact op met Europese partners om vanuit SA de reeds bekende verergerende situatie te bekrachtigen. Er is al aan de bel getrokken ter voorbereiding !!!!
Hallo Hans – ek hoop van harte so, elke moord op ons Blankes is ‘n moord te veel ! Is dit nie hartseer en ontstellend dat EEN persoon se saak belangriker geag word as die uitwissing van die Boerevolk nie ! Skreiende skande.
Hans, baie dankie vir jou deelname aan Praag – ALTYD goed ingelig sonder doekies omdraai – sowel as jou volgehoue steun aan ons hier in Suid-Afrika !
Trippie, daar is twee skrywers wat ‘n heel ander uitkyk op dei geval Clive Derby Lewis het. Om beide hier aan te haal is hopeloos te lank. Die twee boeke is “the communistization of the ANC ” deur GerardLudi. Die ander is “Government by Deception” deur Jan Lampbrecht.
Ludi, die voormalige spioen wat verantwoordelik was vir die skuldigbevinding van Bram Fischer, en Lampbrecht ‘n intelligensie kenner se menings stem baie ooreen oor die dood van Hani.
Government by deception bls. 150-164
the Communistization of the ANC bls 342-344.
Moet ook nie die rol van George Bizos miskyk nie.
Dit val vreemd op dat die standaard verskoning vir Oom Clive se voortdurende aanhouding lui: “hy het nie alles vertel nie….” Selfs miesies Hani het dit beweer. My vraag is egter :hoekom word die een wat hierdie bewering maak dat nie gedaag op ‘n klag dat hy/sy/ iets oor die saak weet en dit nie wil bekend maak nie–duidelik ‘n geval van regsverydeling .
Clive Derby Lewis weet iets wat blykbaar baie ongemaklik vir sekeres in die regime kan wees !!
Dis of dit of ‘n geval van suiwere RASSEHAAT.
David, jy het ‘n punt hier beet – ek het nog nie so daaroor gedink nie. Dit mag ook wees hoekom hulle vir de Kock sal aanhou tot die dood toe – Oor dit wat hulle weet.
Hulle word daar gehou om hulle stil te hou en dit mag wees dat dit dit is wat hulle lewendig hou. Ek sal nie weet nie – ek weet net as ek in daardie situasie was sou ek lankal my snawel gerek het (en heelwaarskynlik met ‘n lem in my rug vir ewig gaan slaap het)
My persoonlike gevoel (let wel dit is net ‘n gevoel) is egter dat diegene wat beweer daar “meer vertel moet word” net nie hou van die storie soos dit uitkom nie. Hulle soek ‘n gesmeek en ‘n gebieg en ‘n gewatookal om HULLE te laat beter voel.
Ek sal egter probeer om ten minste een van daardie boeke te bekom om te lees wat die outeurs oor die geval sê
Rooikop–The communistization of the ANC deur Gerard Ludi —
gedruk deur Galago Publishing en versprei deur Lemur Books cc posbus 1645 Alberton 1450. e-pos lemur@mweb.co.za
eerste uitgawe Aug 2011
Government by deception–psychopolitics of Southern Africa
deur Jan Lampbrecht -versprei deur Tiger Maple Press Tempe Arizona VSA.
Eerste uitgawe 2002
Hoop die inligting help!
Dankie
David, dis nou ‘n mondvol – laat mens wonder ! Baie dankie vir hierdie inligting, opregte waardeering.
in die zin heeft het denkende deel der mensheid nu nog de kans om een laaghartige Hess herhaling te voorkomen. Straks komt nog het bericht dat CDL zichzelf met een electriciteitssnoer……..
Wat had Hess dan anders dan cruciale kennis………De man had zelfs helemaal niets gedaan om in Spandau te belanden……
goede middag Rooikop, op een schaal van 1 tot 10 nu inderdaad echt in 9 of 10 beland.
Daarbij is het opvallend hoe, nu buiten FN, de zogenaamde oppositie er geen enkele aanstoot aanneemt. De heer Clive Derby Lewis en de Boeremag en de 3,5 van Mangaung en Janus Walusz e.a. zijn oo burgers van het nuwe SA en worden toenemend gediscrimineerd door de regeringspartij en oppositie.
Ja Hans, hier is dit maklik om iemand “uit te sorteer” – ek ken self mense wat oorlede is in kapings wat verkeerd geloop het.
Die regering en hul lakeie is nie gepla oor duisende boere wat vermoor word nie, so waarom sal hulle gepla wees oor ‘n boer wat in die tronk is en ‘n moontlike verleentheid vir hulle kan word. Hulle sal maar te bly wees as oom Clive doodgemaak word.
Intussen het oom Clive ‘n lewensreddende operasie ondergaan, aangesien die mes se punt sy long gepenetreer het en dat hy verstik het aan sy bloed – die DKD ontken dit.
DKD = DiK-Donne… Wat weet hulle?
FRIEKALL 😉
Dit wil vir my voorkom of hy meer werd dood moet wees vir party as lewend.
Die brose, ANC probeer sy voormalige leiers se agterente uit die tronk hou en hulle rooi gevrete verdoessel, die beplanners van die Kommunis, Hani se “uithaal” word deur ons belasting betalers in swart beemers rondgejaag…..