Die hoofstroommedia in Suid-Afrika probeer met alles waartoe hulle in staat is, die tweede aanval op mnr. Clive Derby-Lewis af te maak asof dit nou maar weer ’n toevalligheid is. Hierdie keer word dit voorgehou dat die aanvaller ’n jong lid van ’n bende is wat sy lidmaatskap moet bewys en regverdig deur iemand belangrik se bloed te laat vloei.
Dit word nou aan Suid-Afrika voorgehou as die rede waarom die tweede aanval op mnr. Derby-Lewis plaasgevind het.
Waarnemers en ontleders vertel egter ’n ander verhaal.
Hulle meen dit is net te toevallig dat die volgende gebeure die een na die ander mekaar opgevolg het rondom Derby-Lewis.
1 Met ’n parool aansoek is die opmerking gemaak dat Derby-Lewis in die tronk moet doodgaan
2 Verskeie kere word parool aansoeke afgewys, te midde van die feit dat hy reeds etlike jare langer in die tronk is as enige ander oortreder van die wet, en reeds ten volle gekwalifiseer het vir parool.
3 ’n Eerste aanval word op Derby-Lewis gemaak met die doel om hom om die lewe te bring, en die rede vir die aanval word aan die wêreld voorgehou dat die aanvaller versteurd is
4 Die tweede aanval word geloods, slegs enkele weke na die vorige aanval, met die doel om te dood, en dit word weereens afgemaak met ’n flou verduideliking, hierdie keer asof dit ’n jong bendelid is wat homself moet bewys.
5 Derby-Lewis word parool geweier, te midde van die feit dat hy ’n kankerlyer is en reeds jarelank ten volle kwalifiseer vir parool.
6 Tydens die tweede aanslag op sy lewe, was dit nie korrektiewe dienste personeel wat tot sy hulp gekom het nie, maar mede gevangenis, waarvan Casper Greeff, ’n voormalige tandarts een was. Sulke “onwilligheid” van personeel laat ernstige bedenkinge.
7 Die skynbare onwilligheid van tronkpersoneel om Derby-Lewis vinnig by die hospitaal te kry, spreek boekdele
8 Toe Derby-Lewis besig was om sy bewussyn te verloor tydens die tweede aanval, was daar nie een personeellid wat hom te hulp gaan nie.
9 Die feit dat die tronk-owerheid eers na die tweede moordaanslag op Derby-Lewis se lewe, besluit het om hom in ’n enkelsel te plaas, is verdag. Waarom toe eers?
10 Die skielike verklaring dat Derby-Lewis se veiligheid beslis verseker word, is om die minste te sê, ongeloofwaardig.
Die bostaande tien gebeure, kan onmoontlik as toevallige handelinge en optredes beskou word. Enige regdenkende weet dat die twee voorvalle om Clive Derby-Lewis om die lewe te bring, verdoesel word omdat een saak duidelik voorop staan:
Hy moet in die tronk sterf!
Die regspersone wat hierdie analise gedoen het, is oortuig daarvan dat die aanslag op die lewe van Clive Derby-Lewis van buite die tronk gereël is.
Bron: Die Vryburger
