Okosa verdedig laer seltariewe teen MTN, Vodacom

Selfoonreuse MTN en Vodacom het Okosa hof toe geneem oor die kommunikasiereguleerder se planne om beëindigingstariewe vir selfone te sny.

Die twee mededingers het ‘n dringende interdik gebring om die reguleerder te verhinder om nuwe selfoontariewe in te stel.

icasaDie Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg sal vandag getuienis aanhoor van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid in die saak wat deur die selfoonmaatskappye, Vodacom en MTN, teen die owerheid gebring is.

Daar word verwag dat Okosa sal aanvoer dat laer tariewe tot voordeel van die verbruiker sal wees en mededinging sal aanwakker.

Die pryse sal na verwagting op 1 April in werking tree. MTN en Vodacom wil hê die hof moet die regulering permament skrap.

Okosa het gesê die koste aan verbruikers maak Suid-Afrika een van die duurste plekke om ‘n selfoon te gebruik.

Die nasionale reguleerder het gesê die 20c teenoor 44c is regverdigbaar volgens ‘n onafhanklike deskundige.

5 thoughts on “Okosa verdedig laer seltariewe teen MTN, Vodacom”

  1. Natuurlik sal hulle die regulering wil laat skrap. Hulle diens is swak – ek het eintlik ‘n ander woord daarvoor – en bloei hulle gebruikers droog ten spyte daarvan. Een Anglofiel maatskappy en een met Saudi konneksies. Sien iemand anders ook ‘n patroon?

  2. Die groot selfoonmaatskappye het so oneffektief geword dat die laer tariewe hulle sal seer maak. Ek voel ‘n veer vir hulle. Wat ek egted met hulle saamstem is dat die tariewe nie asimmetries toegepas moet word nie – almal moet in al die rigtings dieselfde betaal.

Maak 'n opvolg-bydrae