Twee kouefronte beweeg in die rigting van die Kaap en sal na verwagting swaar reën, koue, oorstromings, sneeu, stormsterk winde en onstuimige seetoestande veroorsaak.
‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het gesê die eerste front sou die Moederstad Dinsdag getref het.
Die tweede front sal Woensdagmiddag sy opwagting maak en die provinsie tot Saterdag teister. Reënweerstoestande sal waarskynlik tot Dinsdag voortduur.
Stormsterk winde van tussen 65 km/h en 74 km/h sal vandag van Kaappunt tot Kaap Agulhas woed.
Die praag-rubriekskryfster en filosofiedosent by Tukkies, Louise Mabille, pak eerskomende Vrydagaand vir die hiper-polities korrekte Gillian Schutte tydens ‘n debat oor die vraag hoe blankes in die openbare sfeer behoort op te tree. Schutte het ‘n tyd gelede ‘n opskudding veroorsaak met haar ope brief getiteld Dear white people wat sy as “Setlaarsuster” onderteken het. Daarin verwerp sy haar blanke voorouers en “hul erfenis soveel as moontlik” en verklaar dat sy dit “haar lewenstaak gemaak het om die fallosentriese wit siening van ‘wit as reg’ te dekonstrueer”.
Omdat Schutte blykbaar nie Afrikaans magtig is nie, sal die debat op Engels plaasvind.
Onderwerp: ‘How should whites participate in the contemporary public sphere?’
Deelnemers: Louise Mabille (Universiteit van Pretoria) en Gillian Schutte (outeur van die nou bekende ‘Dear white people’ brief en politieke en gender-aktivis). Schutte voel saam met die Rhodes-dosent Samantha Vice dat blankes moet stilbly eerder as wat hulle aktief aan die politiek of openbare gesprek in Suid-Afrika behoort deel te neem. Mabille sal, volgens haar, ‘n meer “republikeinse aanslag” volg.
Die goudprys beleef ‘n elf-weke-hoogtepunt. Dit het verstewig ná vrese oor ‘n moontlike militêre ingryping deur die Amerika en Brittanje in Sirië.
Die VSA het aangedui dat militêre optrede ‘n moontlikheid is, weens ‘n chemiese aanval in ‘n voorstad in Damaskus. Hulle hou President Bashar al-Assad daarvoor verantwoordelik, in weerwil van die feit dat daar nie vaste bewyse is daarvoor nie.
Die Amerikaanse minister van verdediging, Chuck Hagel sê hulle wag net vir die groen lig van President Barack Obama. Die goudprys staan tans op 1 425 dollar per fynons.
Die Britse Eerste Minister, David Cameron het die parlement byeengeroep om Brittanje se reaksie op die krisis in Sirië te debatteer.
Brittanje berei gebeurlikheidsplanne voor vir ‘n moontlike militêre ingryping.
Cameron sê hy beskou die aanval as onaanvaarbaar en afskuwelik, maar ontleders meen dis slegs ‘n voorwendsel om Sirië aan te val.
Die Eerste Minister het die internasionale gemeenskap sterk aangemoedig op die chemiese aanval in Damaskus reageer. – RSG
Tot 72 000 petroljoggies en ander werknemers by vulstasies en motorhandelaars landwyd sal van Maandag (2 September) af staak nadat die onderskeie partye in die loononderhandelinge nie ooreen kon kom nie.
Die werknemers is almal lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa. Volgens ’n Numsa-verklaring eis hulle ’n “menswaardige loon en verbeterde diensvoorwaardes”.
Die NUM het intussen aangedui dat hulle ‘n salarisooreenkoms met goudmynprodusente wil aangaan voor Vrydag se spertyd om ‘n staking in die bedryf te voorkom.
Die NUM se hoofsekretaris, Frans Baleni, sê ‘n staking is die laaste uitweg. Die NUM het die afgelope Saterdag aan produsente sewe dae tyd gegee om te voldoen aan sy eis vir ‘n salarisverhoging voordat hulle tot ‘n staling oorgaan.
Gesprekke tussen die SATAWU-vakbond en die SAL om ‘n einde te maak aan die lugdiens-staking van twee dae, is in Johannesburg hervat.
Die hoofsekretaris van SATAWU, Zenzo Mahlangu, sê die lugdiens wil nie sy aanbod van ‘n verhoging van 6,5% hersien nie. Hy sê SATAWU is ook nie bereid om in te stem tot enige bedrag minder as die aanvanklike eis van 12% nie.
Hy sê nog ‘n vakbond is gereed om môre tot ‘n staking oor te gaan.
Julius Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg, se nuwe eienaar word ook weens belastingbedrog ondersoek. Die man, ‘n vriend van Malema, het die huis op ‘n veiling gekoop.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag bevestig dat die bedrogsaak by die SAID aangemeld is.
“Die beweringe sal deur die nodige kanale binne die Inkomstediens ondersoek word om te bepaal of die saak enige meriete het,” het Adrian Lackay, woordvoerder, gesê.
Lackay het gesê die saak is op 22 Augustus onder die SAID se aandag gebring.
Die Sowetan het Dinsdag berig dat die koper, Norman Tloubatla, na bewering fakture vervals het om belasting te ontduik.
Volgens die koerant het Tloubatla se twee maatskappye, Lethlabile Civils en Magnified Designs (wat padtekens vervaardig), ’n aanmaning van Power Forklift Hire and Sales se prokureurs ontvang vir skuld van R40 9552,82.
Tloubatla het Malema se huis in Mei 2013 vir R5,9 miljoen gekoop.
Die Grondwethof het ‘n appèl deur die Demokratiese Alliansie, oor sy debat oor ‘n mosie van wantroue in president Jacob Zuma, met koste van die hand gewys.
Die DA het die mosie ingedien slegs enkele weke voor die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar.
Die mosie kon egter nie gedebatteer word nie, omdat die forum vir hoofswepe en die komitee belas met die parlement se program nie ‘n ooreenkoms kon bereik oor wanneer dit moet plaasvind nie.
Die adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke, sê die meerderheid regters het bevind dat die mosie op sigself onder verdenking is. – RSG
Die FAK het twee Afrikaanse Ortodokse priesters vir besondere kultuurprestasie by die geleentheid van die 80ste herdenking van die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans vereer.
Vader Zacharias van Wyk van Robertson in die Wes-Kaap en vader Jacobus van der Riet van Johannesburg het dié toekenning ontvang vir die vertalings van Ortodokse liturgieë en gesange in Afrikaans.
Die geleentheid is by Voortrekkermonument gehou en luister is daaraan verleen deur treffende Afrikaanse koorsang van die Afrikaanse Hoër Seunskool.
Johan Rossouw het in sy huldigingswoord gesê daar meestal “volslae onkunde” oor die Ortodokse kerk onder Afrikaners. Hy het dit as tragies bestempel “omdat dit voorkom te midde van ’n ontsettende eietydse ontwrigting van die moderne vorm van die Christendom, naamlik die Protestantisme”.
Rossouw het “die felle verwoestende debatte wat al meer as 15 jaar oor die kerk en die politiek, die gesag van die Bybel, die posisie van vroue en homoseksuele persone in die kerk, die Belhar-belydenis en wat nog woed” voorgehou as bewyse van dié ontwrigting.
Volgens hom is een van die alternatiewe op die krisis om terug te keer na die tradisionele ortodokse vorm van die Christendom. Rossouw het gesê dit sluit aan by ‘n ontluikende ontdekking die Ortodokse Kerk wat talle nuwe bekeerlinge trek.
Rossouw het gesê ’n mens kan nie anders nie as om “die enorme potensiaal van hierdie twee baanbrekers se werk op ’n krisisoomblik in die Afrikaanse geskiedenis te sien”.
Sowat 80betogers isin hegtenis geneem Maandagvir hulbetrokkenheidin‘n gewelddadigeprotes buitedieGermiston seBurgersentrumwaarEkurhuleni se burgemeesterMondliGungubelegeweier het om hulletoe te spreek.
Dieprotesgroep, watbestaan uitUmkhontowe SizweMilitêre VeteraneendieAzanian People‘s Organisation,het die gebou binnegedring, en deure, venstersen toerusting beskadig.
Met waarskuwings vantonelesoortgelyk aan dieMarikana–tragedie,het die groep gesêhulle sal nieterugsiten wag vir die regering om sy eise aan te spreek nie.
Dit sluit beloftesin dat dieANCglo 11jaar gelederegeringsubsidiesvir hulbydrae tot die stryd belowe hetasookom opgeneem te wordindie polisie enweermag.
Die betogershet gesê hulle hetbriewevan die regeringom huleisete bewys.
Die oorblywende 70betogerswat nog niein hegtenis geneem is nie, het gesê hulle niesalophou nie totdathulle ookin hegtenis geneem word.
Die groephet bygevoeg dat hulle nie salstemof veg virdieANCvoor die 2014algemene verkiesing nie.
Die minister van Basiese Onderwys bepeins gelyke uitkomste
Die regering het weggedoen met bevoegdheidstoetse vir onderwysers wat matriekvraestelle wil merk.
Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het aan die parlement gesê die toetse sal slegs weer ingestel word ná samesprekings met die onderwysersvakbond, SADOU.
Die vakbond het oor die toetse gekla nadat talle van sy lede in vorige jare nie kon slaag nie.
Motshekga sê provinsiale onderwysdepartemente is gevra om eers met rolspelers te beraadslaag voordat enige bevoegdheidstoets gedoen word.
Die opdrag van die presidensiële vergoedingskomitee is intussen voltooi en in die Staatskoerant gepubliseer.
Die komitee moet die betaling en diensvoorwaardes in die openbare sektor ondersoek.
Die komitee sal uit net een lid – die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo – bestaan.
In ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag het pres. Jacob Zuma gesê die vergoeding van onderwysers sal voorkeur geniet.
Kwessies soos posgrade, werwing, aanstellings en bevordering en prestasiebestuur in die staatsdiens sal ondersoek word.
Die kommissie se werk is met etlike maande vertraag nadat die onderwysersvakbond Sadtu met ’n staking gedreig het.
Die vakbond het onder meer geëis dat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, bedank en haar direkteur-generaal, Bobby Soobrayan, ondersoek word vir beweerde ootredeings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.