Die hofsaak oor Nelspruit se naamsverandering na Mbombela kon nie in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor word nie weens ‘n fout op die hofregister.
Die finansiële bestuurder van die Laeveldse Sake- en Toerismekamer, Linda Grimbeek het dit as teleurstellend en frustrerend bestempel, maar gesê dat dit buite die beheer van albei partye is.
Volgens berigte het meer as 20 000 inwoners en lede van die kamer ‘n petisie oor die verandering onderteken. Volgens Grimbeeck sal die naamsverandering die plaaslike munisipaliteit sowat R450 miljoen kos. – RSG
Die VSA het rebelle-aanvalle op burgerlikes en die Verenigde Nasies (VN) se vredestroepe in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) veroordeel.
Marie Harf, adjunkwoordvoerder van die VSA se departement van binnelandse sake, sê die land is “bekommerd” oor die stygende geweld tussen die weermag en rebelle in die ooste van die DRK.
“Ons veroordeel die M23 se aksies, wat tot burgerlike sterftes, aanvalle op die VN-stabiliseringsmag (Monusco) en grootskaalse verplasing van die bevolking gelei het…” het sy in ’n verklaring gesê.
“Ons doen ’n beroep op die M23 om onmiddellik geweld te staak, hul wapens neer te lê en te ontbind.” – AFP
Die Vryheidsfront Plus sal drukgroepe in die stryd teen die ontginning van skaliegas deur ‘n proses van hidrobreking ondersteun, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid. Die VF Plus het hom al voorheen teen hidrobreking uitgespreek.
Dr. Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, het pas aangekondig dat die ANC-regering moontlik toestemming kan verleen vir die ontginning van skaliegas voor aanstaande jaar se verkiesing.
Volgens adv. Alberts steun die VF Plus die stryd teen hidrobreking ten volle. Hy sê die skade wat dit aan die omgewing aanrig, kan vergelyk word met die kontaminasie wat ‘n kernontploffing veroorsaak.
“Die skade is onomkeerbaar soos met radioaktiewebestraling. Die ekonomiese voordele wat die proses inhou word verreweg oordonder deur die skade aan die omgewing.
“Die regering moet eerder daarop fokus om die land se bestaande minerale hulpbronne te ontgin en ten volle te benut. Ten spyte van die land se minerale rykdom, het die regering dit reggekry om die industrie so swak te bestuur dat Suid-Afrika nie veel beleggings trek nie. Ontginning van ons minerale rykdom het nog steeds baie potensiaal,” sê adv. Alberts.
Volgens hom het baie plaasboere in die Noord-Kaap reeds hul ontevredenheid teenoor die VF Plus te kenne gegee aangaande die projek.
“Die VF Plus het onderneem om die stryd met al ons energie in die parlement voort te sit en sal hof toe gaan om hidrobreking stop te sit as dit moet.
“Indien dit voortgaan, kan die gevolge katastrofies wees. Suid-Afrika is ‘n land met groot waterskaarste.
“Daar is talle voorbeelde wêreldwyd wat duidelik aantoon dat hidrobreking ekologiese stelsels vernietig en water op groot skaal besoedel. Ons sal daarom alles in ons vermoë doen om dit stop te sit,” sê adv. Alberts.
DieANCisvol vertroue dat hysy meerderheidin volgende jaarse verkiesing sal verhoog, het die ANC se adjunk-sekretaris-generaalJessieDuartegesê.
“Ons gaanwerk vir‘n grotermeerderheid.Ons is vol vertrouedat ons hierdieverkiesingbeslissend salwen. “
Sy het gesêditisnie gebaseer op diestembusnie, maar eerderop die “grondvlakwerk“ waarmee dieAfrican NationalCongress tans besig is.
Duartehet gesê dieANC sal hardwerk om die Kaapstadsemetrovan die DemokratieseAlliansie terug te wen.
Sy het gesêdie party is hoofsaaklikbesig met swartgemeenskappeindieWes-Kaap.
“Daar isagterdog oordieDA, maar daaris ookongelukkigheidmetdieANC,” het Duartegesê.
“Mensesê onsmoes nie dieWes-Kaap weggegee het nie.Onsmoeshardergewerk hetom dit te behouen as gevolg daarvanly hulle.“
Sy het gesê dieANC onderneem deur-tot-deur-veldtogtegemikop negemiljoen mensewat niegeregistreer isaskiesers nie.
Sy het gesê ‘n beduidende hoeveelheid mensehet gesê hulle istevrede metbasiese dienslewering.Maar diemiddelklaswou weet oordie“volgende stap“.
“Dieprioriteit vir dieANCis nou landelikeinfrastruktuur.Vir baiemiddelklasmensebeteken dit dat daarniebaieinfrastruktuur-ontwikkelinginenrondom stede sal plaasvind nie,” het Duartegesê.
“Ek wil nieapartheidblameervir iets nie, maardaaris ‘nreuse-agterstand in dienslewering, veralinlandelike gebiede.“
Sy het gesê dieANCwasniebekommerd oor dielaaste verkiesing,waarsy meerderheidgekrimp het nie.
Sy het gesê dieANCsal egter in hierdie verkiesing ingaan asof ditwas die eerste eenin 1994 is.
In Januarie het ‘n Maleise kuberkraker eposse onthul wat toon dat die Obama-administrasie die groenlig gegee het vir ‘n chemiese aanvalsplan in Sirië wat op President Bashar al Assad se regime blameer sal kan word en internasionale militêre optrede in die verwoeste land sal aanmoedig.
Die gewraakte e-posse tussen twee senior amptenare by die Britse kontrakteur Britam Defence, het ‘n skema onthul “wat deur Washington goedgekeur is”.
Daarvolgens sou Katar die rebelle in Sirië finansier om chemiese wapens te gebruik, het die Daily Mail berig.
Barack Obama het dit duidelik gemaak aan die Siriese president Bashar al-Assad dat die VSA nie die gebruik van chemiese wapens teen sy eie mense sal duld nie.
Volgens Infowars.com, is die e-pos gestuur op 25 Desember vanaf Britam se sake-ontwikkelingsdirekteur David Goulding aan die maatskappy se stigter Philip Doughty.
Die e-pos is vrygestel deur ‘n Maleisiese kuberkraker wat ook senior bestuurders gekraak het en afskrifte van paspoorte via ‘n onbeskermde maatskappy bediener verkry het, volgens Cyber War News.
Volgens die koerant, het die Amerikaanse State Department geweier om kommentaar te lewer oor die aangeleentheid.
Intussen het die Britse minister van buitelandse sake aangedui dat daar geen tekens meer van chemiese wapengebruik in Sirië sal wees nie, aangesien bombardemente die getuienis sou vernietig. (ANI) – yahoo.com
Dreigemente teen en aanvalle op landdroste is besig om kwaai toe te neem.
Die Sunday Times berig dat dié dreigemente en aanvalle verband hou met die hofsake wat landdroste aanhoor.
“Die meeste van die landdroste is geregtig om onder beskerming geplaas te word as ‘n dreigement aangemeld, ontleed en bevestig word,” het die woordvoerder van die departement van justisie, Solomon Mahlangu, aan die koerant gesê.
Hy sê die departement is bewus van vyf landdroste wat vanjaar in of by hul huise aangeval of gedreig is.
Die Sondagkoerant het die voorvalle uitgewys. In een voorval is ‘n Wes-Kaapse landdros deur ‘n inbreker ingewag en met ‘n skerp voorwerp gesteek.
Nazeem Joemath, president van die vereniging van regsbeamptes, sê landdroste se veiligheid behoort ‘n prioriteit te wees.
Inwoners van Mpumalanga en die Laeveldse Sake- en Toerismekamer is vandag in die Hooggeregshof in Pretoria om die naamsverandering van Nelspruit na Mbombela uit te daag.
Sowat 20 000 inwoners en die Kamer het R300 000 ingesamel om die naamsverandering in die hof teen te staan.
Die Kamer voer aan dat die naamsverandering die plaaslike munisipaliteit R450 miljoen kan kos.
Nelspruit se naam is in Oktober 2009 amptelik na Mbombela verander.
Die Kamer sê 52 ander dorpe in die land kan hul naamsverandering teen staan indien hulle hul saak kan wen. – RSG
President Jacob Zuma se amptelike besoek aan Maleisië is daarop gemik om plaaslike beleggers aan te moedig om voordeel te trek uit die twee lande se noue bande, sê die ANC.
Verskeie kabinetministers en sowat 30 sakelui het Zuma op sy besoek aan Kuala Lumpur vergesel.
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van pres. Zuma sal na verwagting ‘n bilaterale vergadering met Maleisië se eerste minister Najib Tun Razak hou waar verskeie bilaterale ooreenkomste onderteken sal word.
Zuma sal ‘n eredoktersgraad van Limkokwing Universiteit, asook ‘n lewenslange toekenning vir Wêreldvrede namens Nelson Mandela van die Mahathir Global Peace Foundation ontvang.
Handel tussen die twee lande het sedert 2008 gegroei vanaf bykans R14 miljard tot bykans R20 miljard verlede jaar.
Die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane het gesê die besoek is van belang vir Suid-Afrika aangesien Maleisië deel vorm van ASEAN, die blok wat Oosterse ekonomieë saamsnoer.
DieANCindie Noord-Wes het Sondag gesêhulle sal gemeenskapsvergaderings reël metTlokwe–inwoners om hulle in te ligdat die14 geskorsde raadslede weer aangestel sal word.
Dieraadslede is geskorsdeur dieANCseprovinsialedissiplinêre komiteeaan die begin vanJulie nahulleteen die voormaligeburgemeesterMaphetleMaphetlein‘n mosievan wantroue gestem het.
Maar die partyse nasionaledissiplinêre komiteehet die besluit omgekeerop diebasisdat die aanklagte teendieraadsledete laatgelê is.
“Ons is besig om aan hierdietakkedie besluit van dienasionaledissiplinêre komiteete kommunikeer dat die lede heraangestel sal word.Dit is deelvan diekonsolidering van onseenheid ensamehorigheidvan die bewegingindie provinsie,” hetdieANCseIsmaelMnisi gesê.
Vroeër inAugustus het dieANCbeheer vanTlokwein ‘n tussenverkiesings in Wyk 9 herower.
DieTlokwemunisipaliteitwasindie kolligsedertMaphetleuitgestem isinJulie, toe dieDAseAnnetteCombrinkwat benoemis asburgemeester.
President Robert Mugabe van Zimbabwe dreig om buitelandse maatskappye in Zimbabwe uit die land te sit oor wat hy die Weste se inmenging in sy land se politiek noem.
Hy het Zanu PF-ondersteuners by die begrafnis van ‘n senior weermagoffisier, Mike Karakadzai, in Harare toegespreek.
Mugabe het na sy oorwinning in die verkiesing onderneem om voort te gaan met ‘n swart bemagtigingsprogram om maatskappye wat in buitelandse en wit besit is te dwing om 51 persent van die besit aan swart mense te gee.
Sommige ekonome waarsku dat die program nog ‘n ekonomiese krisis teweeg kan bring. – RSG