Die Stad Kaapstad het besluit om behuising vir dakloses tydelik te laat vaar nadat betogings uitgebreek het oor die karige bystand.
Planne is nou van die baan geskuif om blyplekke vir inwoners van Agstelaan in Valhallapark op te rig nadat brande honderde plakkers dakloos gelaat het.
Oproer en chaos het Donderdag in die gebied uitgebreek met inwoners wat buitebande aan die brand gesteek het toe die Stad Kaapstad “net vier sinkplate” aan Maandag se brandslagoffers gegee het.
Die Stad het met voorheen beloftes gemaak oor hoe hulle die lewens van mense gaan verbeter met die nuwe wonings.
Brandende bande en versperrings is op die Robert Sobukwe-pad aangebring.
Van die mense bly tans in die Nooitgedacht-gemeenskapsaal.
Inwoners het gesê dat hulle eintlik ou skeepshouers verkies. Hulle sê die sinkplate sal maar net een of ander tyd weer afbrand.
Die woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes sê die moeilikheidmakers is ‘n klein minderheid.
Die meerderheid dakloses is bereid om die stad se hulp te aanvaar. Samesprekings word tans met die gemeenskap gevoer om die probleem te besleg.
Aanvanklik is besluit om die ramp as ‘n “geleentheid” te sien om 580 nuwe sinkkaias te bou. Dit sou deel uitmaak van ‘n twee-jaar plan om munisipale opknappings in die woongebied te bespoedig.
Dit is alles egter voorlopig van die baan geskuif nadat die besluit tot oproer gelei het met plakkers wat paaie in die gebied afgesper het en aandring op beter behuising of baksteenhuise.
‘n Egpaar van Durban se name is glo sonder hul medewete gebruik om rassistiese kommentaar op die ANC-webwerf aan te bring, het RSG berig.
Die bladsy op die internet onder boodskappe van medelye vir Mandela op die ANC-webwerf is egter leeg. Dit is nie bekend of daar voorheen enige boodskappe in 2013 verskyn het nie.
Die egpaar oorweeg tans glo regstappe om die skrywer van die boodskap te vervolg.
‘n Inskrywing is onder die Durbanse egpaar se naam gemaak wat die ANC as ‘n terroriste-organsisasie bestempel. Die k-woord is gebruik en beledigende aanmerkings is oor president Jacob Zuma gemaak.
Die telefoonnommers en adres van die paar is onder aan die boodskap gelaat.
Die party het sy webwerf ingerig vir mense om meelewingsboodskappe te skryf ná die dood van oudpresident Nelson Mandela vroeër vandeesmaand.
In die jongste omstredenheid rondom inisiasieskole het dit aan die lig gekom dat sewe jong mans in die Oos-Kaap geslaan en met ‘n warm ysterstaaf gebrand is.
Hulle is gered en na die St Patrick’s hospitaal in Bizana geneem.
Minstens 29 jong mans is reeds tydens dié somer by inisasieskole in die Oos-Kaap dood.
Die voorsitter van die Oos-Kaapse huis van tradisionele leiers, Ngangomhlaba Matanzima het ‘n beroep op die regering gedoen om die polisie en weermag tydens die inisiasietyd te onplooi, veral in die Pondoland-gebied. – RSG
Die bevelvoerder van die Amerikaanse Africa Command sal magte in Oos-Afrika herposisioneer in ‘n poging om maksimum buigsaamheid te verseker om te kan reageer op die State Department se versoek, het ‘n Pentagon-woordvoerder kol. Steve Warren aan verslaggewers gesê.
Warren ook aan verslaggewers gesê dat drie van die vier Amerikaanse personeel wat gewond is op 21 Desember in Bor, Suid-Soedan sal na die Landstuhl militêre hospitaal in Duitsland ontruim word. Die vierde sal ontruim word wanneer sy toestand stabiliseer.
Die vier beseerde Amerikaanse dienslede is tans in ‘n hospitaal in Nairobi, die Keniaanse hoofstad. Hulle is getref deur kleinwapenvuur toe hul Osprey probeer het om te land in Bor .
Genl David M. Rodriguez, die bevelvoerder van Africom, het elemente van die Spesiale Taakmag van Moron, Spanje, na Camp Lemonier, Djiboeti oorgeplaas.
Die Amerikaanse verdedigingsekretaris Chuck Hagel volg die situasie nougeset en is in byna deurlopende kommunikasie met die bevelvoerder, het die amptenaar gesê .
Ongeveer 3.000 buitelandse burgers bevind hulle nog steeds in Suid-Soedan ten spyte van talle Amerikaners wat reeds uit die geweldgeteisterde land verwyder is.
‘n Humanitê koördineerder van die Verenigde Nasies sê burgers van Australië, Brittanje en Kanada is steeds in Suid-Soedan
‘n VN-sending het belowe dat hy nie enige burgerlikes sal agterlaat nie. Die Amerikaanse Departement van Verdediging het nie aangedui of hulle met die VN skakel oor die lot van dié burgerlikes nie.
‘n Woordvoerder in die hoofstad Juba, Joseph Contreras, sê die VN-vestings waar meer as 20.000 vlugtelinge skuiling gesoek het, is relatief veilig.
Sporadiese aanvalle kom steeds voor en geweer- en masjiengeweervuur word redelik gereeld in die stad Bor gehoor.
Dit is dieselfdse stad waar rebelle die naweek op drie VN militêre vliegtuie en Amerikaanse helikopters geskiet het.
Honderde mense is dood in gevegte tussen Dinka-lojaliste van die president Salva Kiir en Noër-ondersteuners van die voormalige visepresident Riek Machar, wat afgedank is in Julie en beskuldig word van ‘n poging tot magsoorname deur die regering.
Gevegte het intussen na die ryk olievelde uitgebrei en die regering het gesê ‘n senior weermagbevelvoerder het na Machar oorgeloop in die olie-produserende provinsie van Unity State.
Die Duitse weermag het Saterdag gesê hulle het 98 mense, insluitend Duitsers en ander burgers van Suid-Soedan mbv ‘n lugbrug ontruim na die naburige Oeganda.
Die Duitse ambassadeur in Suid-Soedan was onder hulle, die ministerie van buitelandse sake in Berlyn gesê.
‘n Aparte vliegtuig het luitenant-generaal Hans-Werner Fritz, hoof van Duitsland se Operasionele Bevel, saam met sy amptenare en vyf ander Duitsers, na Berlyn geneem, die militêre woordvoerder gesê.
Na die vergadering met bemiddelaars Vrydag, het Kiir se regering op sy Twitter verklaar dat hulle bereid is om gesprekke met enige rebellegroep te hou. Die Verenigde State van Amerika sal ‘n gesant stuur om te help om ‘n oplossing te vind.
Suid-Soedan se minister van buitelandse sake, Barnaba Marial Benjamin, het aan Reuters gesê die regering het swart bemiddelaars die groen lig gegee om met Kiir se mededingers, insluitende Machar en sy bondgenote te ontmoet.
Ethiopië se minister van buitelandse sake Tedros Adhanom, wat ‘n Oos-Afrika-afvaardiging van ministers van buitelandse sake na Juba gelei het vir die bemiddeling tussen die strydende partye, het gesê die span het nie daarin geslaag om Riek Machar van aangesig tot aangesig te ontmoet nie, en ook nie telefoon kontak gemaak nie.
“Ons probeer om hulle te kontak. Ons is hoopvol dat beide kante na die tafel sal kom binne die bestek van 10 dae,” het Tedros aan Reuters gesê.
In hul vergadering met Kiir het Tedros ook gesê hulle doel is om humanitêre hulp aan die bevolking ongehinderd deur te kry .
Benjamin het gesê lt.genl Lazarus Sumbeiywo wat deur die Keniaanse president Uhuru Kenyatta na Suid- Soedan gestuur is, het agter gebly om saam met ‘n Keniaanse diplomaat kontak met Machar te maak.
Sumbeiywo was die hoofbemiddelaar in die gesprekke wat gelei het tot die ondertekening van die 2005-vredesooreenkomste met Noord-Soedan.
Benjamin het gesê hulle moedig albei partye aan tot “onvoorwaardelike dialoog” maar dat die voormalige vise-president Riek Machar nie die mense van Suid-Soedan deur middel van etniese voorkeure moet aanhits nie.
Verenigde Nasies personeel sê honderde mense is dood oor die hele land – wat is die grootte van Frankryk is – hierdie week en dat 40.000 burgerlikes skuil by die VN se basisse.
Die Verenigde Nasies het gesê ten minste 11 Dinka-burgerlikes het tydens ‘n aanval vermoor deur sowat 2.000 gewapende jeugdiges van ‘n ander etniese groep op ‘n VN-vredesmagbasis.
Twee Indiese vredesoldate is ook dood .
Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki -moon het die aanval veroordeel en ‘n beroep op Kiir en Machar gedoen om “na die tafel te kom en ‘n politieke manier om uit hierdie krisis” te vind.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vlieënier van ‘n Mosambiekse vliegtuig wat verlede maand in Namibië neergestort en die lewens van 33 mense geëis het, die vliegtuig doelbewus laat neerstort het.
Van die 27 passasiers, was 10 Mosambiekers, nege Angolese, vyf Portugese en een burger elk van Frankryk, Brasilië en China aan boord.
Die vliegtuig het in swaar reën in Namibië se Bwabwata Nasionale Park verongeluk.
Die voorsitter van die Mosambiekse Burgerlike Lugvaart-instituut, Joao Abreu, sê opnames bevestig dat daar ‘n doelbewuste bedoeling was om die vliegtuig te laat neerstort wat die lewens van al ses bemanningslede en 27 passasiers geëis het.
Daar was ‘n “duidelike bedoeling” om te verongeluk, het ondersoekbeampte gesê. Die vlieënier, Hermino dos Santos Fernandes, het ‘n “duidelike bedoeling” gehad om dit te doen.
Dos Santos Fernandes het homself in die kajuit toegesluit, en nie toegelaat dat sy mede-vlieënier binnekom tot oomblikke voordat die vliegtuig die grond getref het nie, het Abreu gesê.
“Gedurende hierdie aksies kan jy lae- en hoë-intensiteit alarmseine hoor en ‘n herhaalde geklop teen die deur met eise om in die kajuit te kom,” het hy aan die staatnuusagentskap AIM gesê.
Die vliegtuig van die Mosambiekse Lugredery was op pad na Angola en op 29 November in swaar reën.
‘n Vliegtuig van British Airways wat na Londen oppad was het van koers geraak en in ‘n baksteengebou by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vasgery.
Harriet Tolputt, hoof van media vir Oxfam, was op die vlug en het die foto hiernaas geneem.
Sy het die foto na Twitter gepos: “BA bots in die gebou by J Burg lughawe. Niemand beseer nie, slegs die vlieënier se trots. Nie beïndruk dat die eersteklaspassasiers kan afklim voor ekonomiese klas tydens ‘n noodgeval nie.”
British Airways het gesê ‘n ondersoek is aan die gang is.
Die vlug is gekanselleer en die passasiers is na plaaslike hotelle geneem totdat hulle op ‘n ander vlug geplaas kan word.
Fotos wys hoe een van die vliegtuig se vlerke deur ‘n baksteengebou langs die aanloopbaan geskeur het. Passasiers het op Twitter gesê dat niemand beseer is nie.
‘n Woordvoerder van OR Tambo, Unathi Batyashe-Fillis het die voorval bevestig en sê die Burgerlugvaartowerheid stel ondersoek in.
Burgers van die VSA is Sondag veilig ontruim van Bor tot Juba in Suid-Soedan het die State Department gesê nadat vrese van ‘n etniese burgeroorlog verskerp het.
Die VN-sending in Suid-Soedan is tans besig om alle burgerlike personeel uit die hoofstad Juba na Oeganda te verskuif, te midde van die toenemende geweld tussen die land se weermag en rebellemagte.
‘n Helikopter van die VN is Vrydag in dieselfde streek afgeskiet.
Die sending sê die personeel in Bor, waar hewige gevegte aan die gang is, is reeds na Juba geneem.
Geweervuur het twee dae gelede drie Amerikaanse militêre vliegtuie getref wat besig was om Amerikaanse burgers te ontruim, en vier soldate is gewond.
Die geweld in die wêreld se jongste staat het reeds die lewens van honderde mense geëis en wêreldleiers het hul kommer oor die oorlog uitgespreek.
President Barack Obama het in ‘n brief aan die leiers in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en die Senaat gesê hulle monitor die situasie.
Ongeveer 380 Amerikaanse amptenare en private burgers is uit die gevegte in Suid-Soedan ontruim, het die State Department gesê.
Hulle het ook sowat 300 burgers van ander lande na Nairobi en ander plekke buite Suid-Soedan op vier huurvlugte en vyf militêre vliegtuie gevlieg .
“Die Amerikaanse regering doen alles moontlik om die veiligheid en sekuriteit van die Verenigde State se burgers in Suid-Soedan te verseker,” lui die verklaring deur Jen Psaki, die State Department se woordvoerder.
Die VSA se militêre magte het bevestig dat vier van sy lede in die aanvalle gewond is.
Die Verenigde Nasies sê honderde mense is dood in die jongste konflik in Suid-Soedan.
‘n Amerikaanse openbare betrekkinge konsultant vir ‘n mediamaatskappy se twiet oor swartes en Vigs het gelei tot verontwaardiging op sosiale mediawebwerwe Saterdag, asook haar afdanking.
Justine Sacco het getwiet dat sy nie vigs sal kry nie omdat sy wit is, het SABC-nuus berig.
Sacco het Vrydag getwiet: “Gaan na Afrika, hoop ek kry nie vigs nie, net ‘n grap, ek is wit”.
Sacco is die hoof van openbare betrekkinge vir die Amerikaanse internetmaatskappy, InterActiveCorp ( IAC ).
Omdat Sacco nie toegang tot die internet gehad het tydens die vlug nie, was sy nie bewus van die storm wat sy veroorsaak het nie. Die hashtag # HasJustineLandedYet was op ‘n stadium gewild op Twitter soos mense haar vlug van Londen se Heathrowlughawe na die Kaapstad Internasionale Lughawe ingewag het.
IAC, wat die eienaar van match.com is, het die twiet veroordeel en het hulself sedertdien gedistansieer van Sacco, die senior direkteur van korporatiewe kommunikasie.
Met haar aankoms in Suid-Afrika is Sacco se Twitterrekening skielik verwyder, maar een plaaslike Twittergebruiker by Kaapstad Internasionale Lughawe het daarin geslaag om haar aankoms af te neem en te pos na Twitter.
Sacco het agter ‘n sonbril probeer wegkruip met haar aankoms.
“Daar is geen verskoning vir die haatlike stellings wat gemaak is nie en ons veroordeel dit onomwonde,” het IAC in sy verklaring gesê.
Sacco het intussen om verskoning gevra oor haar “rassistiese” twiet wat sy uitgestuur het.
Sy is summier na die voorval afgedank, maar sy sê sy is baie skaam oor haar onsensitiewe optrede teenoor miljoene mense wat met VIGS saamleef.
Sacco wat in Brirttanje woon, is in Suid-Afrika gebore.