Die Demokratiese Alliansie sal Woensdag ‘n optog vir “regte” werk in Johannesburg hou.
Die party het aanvanklik gesê hulle sal ‘n optog na die ANC se hoofkantoor, Luthulihuis, in die middestad van Johannesburg, hou maar dié plan is in die wiele gery deur die metropolisie.
Die party sal na Beyers Naude Square, ‘n blok weg van Luthulihuis opruk.
Dit sal gelei word deur die DA-leier Helen Zille, DA parlementêre leier , Lindiwe Mazibuko , DA Gauteng premier kandidaat Mmusi Maimane, DA federale voorsitter Wilmot James en jeugleier Mbali Ntuli.
Die ANC het ‘n beroep op sy lede by Luthulihuis gedoen om die DA te “verwelkom” om sy memorandum te ontvang.
Die sogenaamde Waterkloof Vier sal vandag op parool vrygelaat word nadat die departement van korrektiewe dienste hul parool bevestig het.
Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is in 2011 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n hawelose swarte in Pretoria.
Ingevolge wetgewing het die vier reeds die helfte van hul vonnisse uitgedien en kon hulle vir ’n spesiale vonnisvermindering van ses maande in aanmerking kom. Hulle het reeds vyf en ’n half jaar van hul vonnis uitgedien.
Hulle sal egter aan streng paroolvoorwaardes moet voldoen.
Tiedt en Van Schalkwyk is uit die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan vrygelaat en Becker en Du Preez uit die Kgosi Mampuru (Pretoria-Sentraal)-gevangenis.
Hul aansoeke teen hul skuldigbevinding is in 2008 deur die Appèlhof van die hand gewys.
Tiedt en Van Schalkwyk is twee jaar gelede vir agtien maande vrygelaat, maar hulle is weer in die gevangenis opgeneem nadat die departement suksesvol teen hul vrylating geappelleer het.
Judicial Watch se voorsitter, Tom Fitton, het Maandag gesê ‘n epos oor Osama Bin Laden se vermeende dood, “onthul die minagting vir die oppergesag van die reg en die Amerikaanse volk se reg om te weet”.
DEVGRU-groep
Die epos wat pas bekend gestel is, toon die Amerikaanse weermag se top-beampte van spesiale operasies wat ondergeskiktes beveel om enige foto’s van Bin Laden se lyk te vernietig of aan die CIA te oorhandig.
Judicial Watch, ‘n konserwatiewe geregtelike groep het toegang tot die epos verkry.
Verskeie meningsvormers in die VSA beweer dat die hele operasie ten Bin Laden ‘n skelm oëverblindery was.
Paul Craig Roberts is voorts van mening dat ‘n span spesialemagsoldate, SEAL Team Six, of die DEVGRU-groep deur hul eie regering vermoor is om die waarheid te verbloem.
‘n Pakistanse nuuskanaal het vroeër bevestig dat Bin Laden reeds oorlede was lank vóór die sogenaamde Amerikaanse aanval op sy woning.
Dié onthullende epos is 11 dae ná Bin Laden kwansuis deur Amerikaanse magte doodgemaak is, gestuur.
In die e-pos wat op 13 Mei 2011 gestuur is, sê adm. William McRaven, wat die hoof van die Amerikaanse spesiale operasies is, aan militêre beamptes dat foto’s van Bin Laden se lyk reeds aan die CIA oorhandig of vernietig moes gewees het.
Bin Laden is 11 dae vroeër in Abottabad, tydens ‘n lewendige uitsending aan die Withuis, “doodgemaak”.
McRaven se bevel het gekom 10 dae ná die Associated Press onder die Amerikaanse wet op vryheid van inligting vir die foto’s en ander dokumente gevra het.
Honderde mense in die suide van Engeland moes hulle huise verlaat nadat die Teems-rivier sy walle oorstroom en talle huise en sake-ondernemings onder die vloedwater deurgeloop het.
Weervoorspellers waarsku dat die rivier gaan bly styg, met nog swaar reën wat die volgende paar dae verwag word, het RSG berig
Rekord reënvalsyfers is reeds aangeteken. Veertien ernstige vloedwaarskuwings is intussen in die graafskappe, Surrey en Berkshire, wes van Londen uitgereik.
Die Britse hoofstad word deur die Teems-skansmuur beskerm. Dele van die suid-weste van Engeland is reeds weke lank onder water, ná die natste Januarie sedert 1766.
Inwoners pak die skuld op die Omgewingsagentskap, omdat hy blykbaar nie die plaaslike riviere skoongemaak het nie.
Die leier van die EFF, Julius Malema het by Mooiplaas in Pretoria aan sy ondersteuners gesê dat geen wetstoepasser hom sal keer om parlement toe te gaan nie.
Malema is vroeër in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria voorlopig gesekwestreer.
Indien dit ‘n bevel van die hof gemaak word, sal Malema nie toegelaat word om in die parlement te dien nie. Malema skuld meer as R16 miljoen aan die Ontvanger van Inkomste.
Sy ondersteuners sê dis deel van ‘n komplot om van hom ontslae te raak voor die verkiesing omdat hy so gewild is.
‘n Party-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word deur die ANC aangewend om hul leier die swye op te lê.
“SAID stem nie vir mense om na die parlement te gaan nie. Julle is dié [kiesers] wat mense stuur na die parlement as julle wil hê ons moet na die parlement gaan,” het Malema uitdagend gesê.
Die ANC is bekommerd oor Malema se waarskynlike sukses in die verkiesing op 7 Mei.
Malema het Maandag op Mooiplaas gesê enige persoon of party wat die sekwestrasiebevel teenstaan het tot 26 Mei om redes daarteen aan te voer.
Malema is die EFF se presidentskandidaat vir die verkiesing.
Mpsiane, links, die dag van Mandela se dood by hul R8,2 miljoen Wraith
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat die hoofaanklaer in KwaZulu-Natal, Moipone Noko, die dossiere in ‘n multi-miljoenrand belastingsbedrogsaak laat verdwyn het.
In nog ‘n kinkel in die mislukte verhoor teen die Durbanse tenderpreneur Mpisane, kan die provinsie se hoofaanklaer krimineel vervolg word as inkriminerende beeldmateriaal oor die verdwyning van die dossiere geverifieer word.
Die dossiere hou verband met die belastingbedrogsaak van Shawn Mpisane.
Die Durbanse Streekhof het verlede maand 119 aanklagte van bedrog teen Mpisane teruggetrek.
Die verhoor het byna vier jaar geduur.
Geslotekringbeeldmateriaal wys die aankaler Noko waar waar sy hoogs sensitiewe, vertroulike lêers betreffende die saak in ‘n asblik gooi.
Net dae voor Mpisane se verhoor is die saak van die rol geskrap by die Durban-streekhof.
Dié onthullings kom kort nadat Mpisane beweer sy is onregverdig behandel deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
‘n Woordvoerder van die NVG, Nathi Mncube sê hulle het nog geen formele klagte ontvang nie.
Daar ook nie ‘n interne ondersoek teen Noko van stapel gestuur nie.
Mncube het ontken dat Noko deur die nasionale direkteur van openbare vervolging ondersoek word.
Met Mandela se afsterwe op 5 Desember het die Daytona-vertoonlokaal in Durban gespog met ‘n uitstalling van baie duur mobiele statussimbole om die swart ikoon se “nalatenskap te vier”.
Die ster van die uitstalling was die R8,2 miljoen Rolls Royce Wraith wat die nuwe eienaars, die motorentoesiaste, Sbu en Shawn Mpisane trots tentoongestel het.
Die maatskaplike agentskap Sassa wat gemoeid is met die uitkering van staatstoelaes, sê die tenderproses vir die toewysing van uitkerings sal nie oorgedoen kan word nie.
Die Grondwethof het laat verlede jaar bevind dat die tenderproses ongeldig was.
Sassa sal betoë aan die Grondwethof rig om ‘n oplossing te vind sodat die betaling van die toelaes aan sowat vyf miljoen begunstigdes nie in die gedrang kom nie.
Die Hof het vroeër gelas dat ‘n verdere verhoor nodig sal wees om ‘n toepaslike regstelling vir die foutiewe tendersproses te vind.
Die ongeldigheidsbevel is opgeskort om te sorg dat die betaling van toelaes nie geraak word nie.
Sassa het egter aangedui dat dit nooit die bedoeling was dat betalings op ‘n permanente grondslag deur ‘n tweede party gedoen sal word nie
Sassa sal self uiteindelik die betaling van toelaes oorneem.
Die polisie is in Kaapstad ontplooi by Brown’s Farm in Phillipi op die Kaapse Vlakte waar ‘n groep oproeriges Dinsdagoggend paaie versper het.
‘n Woordvoerder van die polisie sê die oproeriges het die kruising by Varkensvlei- en Weltrevredeweg met rommel en brandende motorbande afgesper.
Volgens die polisie word verkeersvloei tans nog nie geraak nie.
Die gedeelte van die nabygeleë Vanguard-rylaan is weer heropen nadat dit Maandag versper is deur ontevrede inwoners.
Inligting dui daarop dat Brown’s Farm in Philippi verlede jaar in November deur optogorganiseerders geteiken is wat ook die mobilisering van mense van Khayelitsha, Dunoon en Wallacedene insluit.
Inwoners van plakkerskampe is opgevorder om in Kaapstad te gaan betoog en aangemoedig om te gaan plunder tydens die beplanningsvergaderings wat plaasgevind het.
Organiseerders het voorgestel dat kos en Kersgeskenke “maklik beskikbaar in die middestad sal wees” vir die betogers.
President Jacob Zuma sal Dinsdag vieringe in die Kongo-Brazzaville bywoon vir die 25ste herdenking van die Brazzaville-vredesverdrag wat die burgeroorlog in Angola beëindig het.
Verteenwoordigers van die regerings van Angola, Kuba en Suid-Afrika het die vredesakkoord op 13 Desember 1988 in Brazzaville, Kongo onderteken.
Na die slag van Lomba waar die Russe en Kubane ‘n finale afranseling toegedien is deur Suid-Afrikaanse soldate, is die vyandelike magte by Cuito Cuanavale vasgekeer.
Die Brazzaville-protokol het ‘n mandaat vir die onttrekking van verslane Kubaanse troepe uit Angola geskep.
Nie Kuba of die Sowjet-Unie het destyds die middele gehad om die Kubaanse soldate dadelik te repatrieer nie. Kuba was ‘n vasalstaat van die Sowjet-Unie en geheel en al afhanklik van skenkings en hulp van die moederland.
Die teenwoordigheid van Kubaanse troepe in Angola – die destydse platsak Sowjet-Unie se duurste buitelandse militêre avontuur – sou dus nog tien jaar duur en die onafhankllikheid van Namibië vertraag.
Nadat die Sowjet-Unie in duie gestort het, lê Kuba se heil glo by die VSA as dwelmnodus. Die land is steeds ‘n ekonomiese puinhoop na dekades van Fidel Castro en sy broer Raoel se narrediktatuur.
Castro is ook deesdae een van Rusland se felste kritici nadat hy Gorbatsjof as ‘n uitverkoper uitgekryt het. Sy broer het onlangs by Nelson Mandela se roudiens egter met president Barack Obama van die VSA blad geskud.
Namibië se onafhanklikheid is deur die New York-ooreenkoms moontlik gemaak.
Afrika-lande en Kuba sal tydens die Brazzavile-vieringe hulde bring aan Nelson Mandela, wat 24 jaar gelede uit die tronk vrygelaat is, alhoewel Kuba deelgeneem het aan die oorlog in Angola met die uitsluitlike doel om kommunisme te “internasionaliseer”.
Ander sogenaamde “bevrydingsbewegings” in die streek sal ook aan die Brazzaville-verrigtinge deelneem ten spyte daarvan dat hulle byna geen rol in die oorlog gespeel het nie.
Die ANC sal deel wees van dié herdenking omdat hulle “aangesluit het by Kuba in Angola om te help veg”.
Volgens die SABC het “hierdie oorlog die apartheidsregering uit Angola verdryf, wat die weg baan vir Namibië se onafhanklikheid asook die ontbanning van die ANC en die vrylating van Nelson Mandela”.