DA-optog nie na Luthulihuis nie

luthuliDie Demokratiese Alliansie sal Woensdag ‘n optog vir “regte” werk in Johannesburg hou.

Die party het aanvanklik gesê hulle sal ‘n optog na die ANC se hoofkantoor, Luthulihuis, in die middestad van Johannesburg, hou maar dié plan is in die wiele gery deur die metropolisie.

Die party sal na Beyers Naude Square, ‘n blok weg van Luthulihuis opruk.

Dit sal gelei word deur die DA-leier Helen Zille, DA parlementêre leier , Lindiwe Mazibuko , DA Gauteng premier kandidaat Mmusi Maimane, DA federale voorsitter Wilmot James en jeugleier Mbali Ntuli.

Die ANC het ‘n beroep op sy lede by Luthulihuis gedoen om die DA te “verwelkom” om sy memorandum te ontvang.

21 thoughts on “DA-optog nie na Luthulihuis nie”

  1. Ek is nie so seker dat die verwelkoming vreedsaam en vriendelik gaan wees nie, daar gaan mos baie barbare teenwoordig wees. Mag ek die hoop uitspreek dat helen zille haar nie weer soos ‘n wit m8 sal gedra deur ‘n paar walglike toi-toi-passies uit te voer nie.

          1. Ag ja vergeet ek nou weer, hulle breek mos die een bord sodat jy die stel moet uitsmyt na hulle kant toe!

Maak 'n opvolg-bydrae