
Die sogenaamde Waterkloof Vier sal vandag op parool vrygelaat word nadat die departement van korrektiewe dienste hul parool bevestig het.
Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is in 2011 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n hawelose swarte in Pretoria.
Ingevolge wetgewing het die vier reeds die helfte van hul vonnisse uitgedien en kon hulle vir ’n spesiale vonnisvermindering van ses maande in aanmerking kom. Hulle het reeds vyf en ’n half jaar van hul vonnis uitgedien.
Hulle sal egter aan streng paroolvoorwaardes moet voldoen.
Tiedt en Van Schalkwyk is uit die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan vrygelaat en Becker en Du Preez uit die Kgosi Mampuru (Pretoria-Sentraal)-gevangenis.
Hul aansoeke teen hul skuldigbevinding is in 2008 deur die Appèlhof van die hand gewys.
Tiedt en Van Schalkwyk is twee jaar gelede vir agtien maande vrygelaat, maar hulle is weer in die gevangenis opgeneem nadat die departement suksesvol teen hul vrylating geappelleer het.

STERKTE EN VOORSPOED aan jul vier jongmanne !
Stap die toekoms in op die smal weg.
Nou nog net vir Oom Clive D-L vrylaat.
Rêrig????!!!!! nou weer ‘n AFDUIM ds in ons midde? Wens hulle wil eerder Beeld gaan lees! Meer in hulle kraal en los ons uit om ons koerant in vrede te lees en kommentaar te lewer soos ons voel!
Baie welkom! Sterkte en sukses vir die pad vorentoe.
Derby Lewis sit nog – oud en siek. Die een by wie se moord hy betrokke was is een van die hoë profiel binnekring maatjies – dis seker hoekom.
Eugene de Kock ook maar.
Ek reken hy sit omdat hy te veel weet. Ek dink hy word daar gehou om hom stil te hou.
Ek weet nie hoekom de Kock nie net sê hy sal dit weer doen nie en klaar. Hy het rede gehad om die plaasmoorde en kinderverkragtings te keer
Toe ek die berig “Polisie op Kaapse Vlakte ontplooi” lees, dink ek so by myself. Onttrek die polisie uit die lokasies en laat die landelike gebiede gepatrolleer word vir ‘n slag. Vernaamlik die Lesotho-grens.
Ek hoop werklik as ons weer van julle 4 lees, is dit om te sien hoe julle die leer van sukses geklim het. Sterkte ouens.
Skrikwekkend die gedagte dat hierdie 4 mooi manne se kriminele loopbane het of nou ge-eindig of dit het slegs begin…..
Hitler was ‘n goeie voorbeeld.en Stalin en vele meer…..
Psigopate het altyd leierskaps eienskappe.