Malema uitdagend na voorlopige sekwestrasie

effDie leier van die EFF, Julius Malema het by Mooiplaas in Pretoria aan sy ondersteuners gesê dat geen wetstoepasser hom sal keer om parlement toe te gaan nie.

Malema is vroeër in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria voorlopig gesekwestreer.

Indien dit ‘n bevel van die hof gemaak word, sal Malema nie toegelaat word om in die parlement te dien nie. Malema skuld meer as R16 miljoen aan die Ontvanger van Inkomste.

Sy ondersteuners sê dis deel van ‘n komplot om van hom ontslae te raak voor die verkiesing omdat hy so gewild is.

‘n Party-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word deur die ANC aangewend om hul leier die swye op te lê.

“SAID stem nie vir mense om na die parlement te gaan nie. Julle is dié [kiesers] wat mense stuur na die parlement as julle wil hê ons moet na die parlement gaan,”  het Malema uitdagend gesê.

Die ANC is bekommerd oor Malema se waarskynlike sukses in die verkiesing op 7 Mei.

Malema het Maandag op Mooiplaas gesê enige persoon of party wat die sekwestrasiebevel teenstaan het tot 26 Mei om redes daarteen aan te voer.

Malema is die EFF se presidentskandidaat vir die verkiesing.

16 thoughts on “Malema uitdagend na voorlopige sekwestrasie”

  1. JuliAss, jy gaan die ding doen, namens ons.

    As ek so na die foto kyk sien ek nie waar kom die woord Mooiplaas in nie, ek het al mooi gesien maar regtig!! ek soek hard op die foto om iets mooi te sien.
    Al hoe hulle jub jub gaan stop is as hulle hom kastreer, daar is eintlik geen verskil tussen dit en sekwestreer nie, in albei gevalle is jy “platsak”

  2. Die witman se wette is nie maklik nie.
    Het Zuma nie ook op ‘n kol gesê dat hy “tradisionele” wette in plek wil sien nie?
    Malema steur hom nie aan dit wat deur witmense in plek geplaas is nie. As hy genoeg steun kry, sal hy daardie wet net eenvoudig ignoreer.
    Vir die selfde rede moet die steun vir selfbeskikking ook groot wees, dan kan ons ook “Demand”

  3. Help my as ek verkeerd dink.
    Malema se EFF beroof die ANC van stemme. As die ANC ‘n tweederde stem kry, gaan ons klompie Afrikaner/Boere baie vinniger planne moet maak.
    Melema wil ook doen wat die ANC wil doen, maar nie een gaan die 2/3 stem totaal kry nie. Dit gaan ons ‘n bietjie meer tyd gee om selfbeskikking in plek te kry.
    Ek dink dat Naspes hierdie dinge ook nou begin insien, en dat hulle dalk net ‘n skuif in die regte rigting kan maak.
    Of dalk was dit nog al die pad hulle planne gewees om dinge in hierdie huidige rigting te forseer.
    Die volgende paar weke sal ons sien hoe die wind waai.

    1. DA, ANC, EFFIES, praat verskillend maar doen dieselfde, maar dit weet jy alreeds Arnie. Wen Ayencee, wen die Corgoi Tannie, Wen die Effies, wen die Corgi Tannie,Wen die DA, wen die Corgi Tannie
      NAZIEPERS weet die dinge en speel die kaarte soos aan hulle gese in Harare.

      Ons selfbeskikking gaan kom met n groot bang.

      Ek glo dat selfbeskikking gaan kom sonder om planne om n politike tafel te probeer regkry, daar te veel papwielle in ons samelweing, in dieselfde sin se ek nie ons moet ophou om selfbeskikking te beding nie.

    2. Hi Arnie – ek wil jou net op een ding uitwys en dit is dat die anc, da, agang, eff, pac
      en n hele paar ander, gaan hulle nou intens toespits op n regstelling
      van die verlede. Ja, dit beteken hulle gee alweer vir blankes die skuld
      en na die verkiesing gaan hulle almal saam werk om die regstelling toe te pas. Nie een van hulle sal die twee derde meerderheid kry nie maar saam gaan hulle dit in elk geval stoomroller – Soos die da met ra en swart bemagtiging?

      Naspes sal aanhou om hulle liberale klaasvakie wêreld te bemark en ek verwag dat hulle, hulle sal toespits om almal wat nie saam stem nie, dood te swyg en verdag te maak.

      Sien die eff in terme van n druk groep op die anc wat hom sal noodsaak om meer en meer radikale
      veranderinge in hulle transformasie beleid te implementeer. Iets wat
      hulle eintlik al lank al van stapel wou stuur maar kon dit nie regkry
      sonder n “opposisie” wat meer radikaal is nie. Die anc sal die middelweg volg en minder radikaal wees as die eff maar op die lange duur sal hulle altwee op die slefde plek uitkom. Afrika sonder die Afrikaner.

Maak 'n opvolg-bydrae