Hoofekonoom van die Efficient Group en tv-aanbieder, Dawie Roodt, word in Pretoria-Oos-hospitaal se hoësorgeenheid behandel nadat hy en sy gesin Donderdagaand in sy huis aangeval en vasgebind is. Roodt se kollega, Willem Basson, sê Roodt se dogter het gisteraand omstreeks 20:00 van aandklasse teruggekeer toe sy buite in haar motor deur vier gewapende swartes ingewag
Oostenrykse hof stuur Tsjetsjniër tronk toe
’n Oostenrykse hof het ’n Tsjetsjniese burger tronkstraf van vyf jaar opgelê op klagte van terrorisme nadat hy in 2013 na Sirië gereis het. Dit word as een van die strafste vonnisse beskou in ’n reeks van vonnisopleggings in sake wat met die Islamitiese Staat verband hou. Die 30-jarige Tsjetsjniër, bekend as Magomed Z., is
Jordanië ondervra Chattanooga-skieter se oom
Die Jordaanse intelligensiediens hou die oom aan van die man wat verlede week vyf Amerikaanse soldate in Tennessee doodgeskiet het, het sy regsverteenwoordiger gister aan AFP gesê. “My kliënt, die universiteitsdosent Assaad Ibrahim al-Haj Ali, word sedert Vrydag onwettig deur die intelligensiediens aangehou,” het Abdelkader al-Khatib gesê. Hy sê sy kliënt is van Palestynse herkoms
Swede, Italië, Spanje vat ISIS-ondersteuners vas
Sweedse owerhede het twee burgers in hegtenis geneem op die vermoede van terrorisme-verwante oortredings. Die Sweedse veiligheidspolisie het ‘n lasbrief vir ‘n derde verdagte uitgereik. Hullle het Donderdag gesê dat hulle die twee Sweedse burgers daarvan verdink van terreurdade, insluitende moord in Sirië in 2013. Die twee persone is in hegtenis geneem in Göteborg. Die
Lees verder: Swede, Italië, Spanje vat ISIS-ondersteuners vas
‘Soos ‘n hond doodgeskiet’
’n Bekende inwoner van Grootfontein, mnr. Peter (Piet) Jakob (52), is Dinsdagaand op sy ma se kleinhoewe buite die dorp doodgeskiet. “Hy is soos ’n hond doodgeskiet,” het ’n bekende sakeman van dié Noordedorp, mnr. Seeff Oosthuizen, gesê. Hy was een van die eerste mense op die toneel. “Ek het omstreeks 17:24 ’n oproep van
Kaap van Storms: Wind sal teen Vrydag weer optel
Die stormsterkwinde wat bome ontwortel het, vier vragmotors omgewaai het en ‘n ekstra koue in Kaapstad sal na verwagting weer Vrydag optel. ‘n Weervoorspeller by die Kaapstadse weerkantoor Thabisile Ntleko het gesê winde bereik snelhede van tot 55 km/h, met vlae van tot 70km/h in plekke. Sy het bygevoeg dat daar ‘n “breek” in die
Lees verder: Kaap van Storms: Wind sal teen Vrydag weer optel
Cosatu vaar uit teen ‘wit rugbymafia’
Die vakbondfederasie, Cosatu het uitgevaar teen die Bokafrigter, Heineke Meyer se spankeuse vir Saterdag se wedstryd teen die All Blacks. Die provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich sê swart spelers wat in kontak met Cosatu is, sê gekontrakteerde spelers is hoofsaaklik wit en verdien groot bedrae geld, terwyl swart spelers nie vir
Nigeriese staatshoof vergader met Obama oor terreur
Nigerië se nuwe president, Muhammadu Buhari, het dié week ‘n amptelike besoek aan Amerika onderneem vir ’n vergadering met pres. Barack Obama. Dit is om betrekkinge te herstel wat deur sy voorganger se mislukte stryd teen ’n Islamitiese opstand en korrupsie in Afrika se grootste olieproduserende land skade gely het. Buhari, ‘n Moslem, se verkiesing
Lees verder: Nigeriese staatshoof vergader met Obama oor terreur
Turkye verskerp veiligheid na ISIS-aanval
Turkye het Woensdag veiligheidsmaatreëls op die grens met Sirië verskerp nadat ’n selfmoordbomaanval, waarvoor ekstremiste van die Islamitiese Staat (ISIS) groep die skuld kry, die lewe van 31 mense geëis het en die vrees laat ontstaan het dat die Siriese konflik oor die grens na Turkye kan versprei. Maandag se aanval in die dorp Suruc
Komediant wat dollars oor Blatter strooi aangekla
FIFA-president Sepp Blatter is deur ‘n komediant met vals dollars gegooi. Switserse owerhede het aangekondig dat ‘n klag teen die Engelse komediant Simon Brodkin, met die verhoognaam Lee Nelson, gelê sal word nadat hy ‘n Fifa-perskonferensie in Zurich Maandag onderbreek het. Brodkin, geklee soos een van sy karakters, Jason Bent, het ‘n hoop banknote op
Lees verder: Komediant wat dollars oor Blatter strooi aangekla
