Haïti weer in opstand oor brandstofpryse

Oproeriges wat teen die regering van Haïti gekant­ ­is, het Maandag begin om die hoofstad lam te lê. Die beplande­ tweedag-staking is uit protes teen stygende­ brandstofpryse­ en kom midde ’n toenemende­ ­ekonomiese­ en politieke krisis in die land. Protesorganiseerders­ het inwoners gewaarsku om tuis te bly en gesê diegene wat dit op straat waag,

Lees verder: Haïti weer in opstand oor brandstofpryse

‘Jan Kempdorp-vier moet billike kans kry’

Die vier geskorste leerlinge van ‘n Noord-Kaapse landbouskool wat van verkragting en aanranding aangekla word, moet tydens hul tugverhoor die geleentheid gegun word om hul saak aan die skoolbeheerliggaam te stel. Provinsiale onderwyswoordvoerder, Sydney Stander, sê hulle verstaan die erns van die saak, maar die gemeenskap, wat daarop aandring dat die seuns permanent uit die

Lees verder: ‘Jan Kempdorp-vier moet billike kans kry’

Lyke in Windhoekse hospitaalsaal gelaat

Die lyke van twee pasiënte wat tydens hul opname in Saal 4 Wes in die Windhoek Sentrale Hospitaal op dieselfde dag gesterf het, is glo vir ure daarna steeds in hul onderskeie kamers tussen ander pasiënte gelaat, voordat die liggame verwyder is. Volgens ’n voormalige pasiënt is gordyne glo bloot rondom die oorledenes se beddens

Lees verder: Lyke in Windhoekse hospitaalsaal gelaat

Motors: klasbestes 2015 (deel 2)

Soos met die outomatiese sedanmotors in ons vorige artikel het ons al die nuwegeslagluikrugmotors wat tans beskikbaar is met mekaar gaan vergelyk. Daar is slegs vyf luikrugmotors wat nie heeltemal as primaklas beskou kan word nie, maar so ‘n trappie hoër is as die gewone 1.6-modelle. Die vyf motors beskik almal oor nuwegeslag- kleinkapasiteitenjins wat

Lees verder: Motors: klasbestes 2015 (deel 2)

Grondwethof genader oor partybefondsing

Die Grondwethof sal vanoggend betoë aanhoor in ‘n aansoek om toegang te kry tot inligting oor die privaat befondsing van politieke partye. Die saak is deur die nie-winsgewende veldtog My Vote Counts ingedien, het RSG berig. Hulle wil hê die hof moet die Parlement opdrag gee om wetgewing in te stel wat toegang tot sulke

Lees verder: Grondwethof genader oor partybefondsing

Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie

In ‘n epos wat onlangs op Facebook geplaas is, verduidelik die bestuur van die Inniboskunstefees waarom Steve Hofmeyr nie meer by hul fees welkom is nie. Ons plaas dit hier omdat die inhoud eintlik vanself spreek. Nie net weerspreek dit die sogenaamde “grondwetlike waardes” waaroor al die polities korrektes so hoog opgee nie (meningsvryheid, artistieke

Lees verder: Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie

Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand

Skermutselinge tussen onwettige myners, het die Oos-Rand nege ure lank in paniek gehad. Gevegte tussen twee groepe strydende onwettige mynwerkers het veroorsaak dat gesinne onder hul beddens en binne kaste moes wegkruip vir gewapende mans wat mekaar agtervolg het en by hul eiendomme ingebars het. New Modder, buite Benoni, is Sondag omskep in ‘n oorlogsone

Lees verder: Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand

Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA

CNN berig dat ‘n swart man, die 32-jarige Jesse Matthew, in Texas gevang is en aangekla gaan word van moord op ‘n 18-jarige blanke studente, Hannah Graham. Die polisie van Alebmarle-distrik sal later vandag om 10:00 Amerikaanse oostelike tyd (17:00 in Suid-Afrika) ‘n perskonferensie hou om besonderhede oor die saak bekend te maak. Graham, wat

Lees verder: Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA

Woede oor Zim olifantkalwers uitvoer

Die Zimbabwiese regering gaan voort met sy omstrede planne om lewende olifante uit te voer, het RSG berig. ‘n Woordvoerder, Prince Mupazviriro sè hulle sal dit ooreenkomstig die reëls van die wèreldwye wildhandelsverdrae hanteer. Tot 80 olifantkalwers is in die Hwange Nasionale Park gevang, wat internasionaal groot woede ontlok het. Die finansieel gestremde wildtuinowerheid sê

Lees verder: Woede oor Zim olifantkalwers uitvoer

Hittegolf duur voort

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat die hittegolf oor Gauteng en Noordwes tot more kan voortduur. Die westelike dele van Noordwes, soos Vryburg, Bloemhof en Klerksdorp sal veral geraak word en in sekere gebiede sal die kwik nie tot onder 35 grade celsius daal nie. Die warm weer word veroorsaak deur hoogdrukstelsels in die hoër

Lees verder: Hittegolf duur voort