Twee bomontploffings ruk Moskou

Twee bomaanvalle, veertig minute uitmekaar, het Maandagoggend Moskou se ondergrondse treinstelsel geruk. Minstens 37 mense is dood tydens die twee ontploffings wat gedurende oggendspitsverkeer plaasgevind het. Die eerste aanval het ‘n trein in sentrale Moskou se simboliese Lubjanka-moltreinstasie getref. Die Lubjanka-voorstad is die setel van die Russsiese geheimediens. ‘n Tweede ontploffing het daarna die Park

Lees verder: Twee bomontploffings ruk Moskou

Landbou en regering binne ‘n regering

Tydens die provinsiale grondberaad in die Vrystaat, na afloop waarvan Vrystaat Landbou ‘n klag van haatspraak teen die destydse hoof van Veiligheid en Sekuriteit in die Vrystaat, Jack Klaas gelê het, het ‘n spreker sydelings opgemerk dat Robert Mugabe gekry moet word om Suid-Afrika se grondhervormingsprogram te lei. Hy is toegejuig. Dieselfde het by verskeie

Lees verder: Landbou en regering binne ‘n regering

Orania vat die spoor

Daar is min plattelandse dorpies in die wêreld wat kan spog met al die aandag wat ons eie Orania geniet. Vir byna twintig jaar besoek joernaliste, politici, akademici en talle ander nuuskierige agies van heinde en ver hierdie bedrywige dorpie in die Bo-Karoo. Hoekom dan nou juis Orania? Op die oog af lyk Orania soos

Lees verder: Orania vat die spoor

Wat het van ons stemme geword?

“Ons sal jul stem wees.” ‘n Baie stil stem, blyk dit opnuut noudat die ANC aangedui het dat dié organisasie gaan appelleer teen ‘n Hooggeregshofbevel dat die sing van ‘n liedjie, “Skiet die Boere want hulle is verkragters”, verbied word. Die ANC het ook traag van die liedjie, “Kill the Boers, kill the farmers”, afgesien

Lees verder: Wat het van ons stemme geword?

Wat het van ons stemme geword?

“Ons sal jul stem wees.” ‘n Baie stil stem, blyk dit opnuut noudat die ANC aangedui het dat dié organisasie gaan appelleer teen ‘n Hooggeregshofbevel dat die sing van ‘n liedjie, “Skiet die Boere want hulle is verkragters”, verbied word. Die ANC het ook traag van die liedjie, “Kill the Boers, kill the farmers”, afgesien

Lees verder: Wat het van ons stemme geword?

Zuma steun Zimbabwe se pogings om sanksies te laat ophef

Die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het Vrydag tydens ‘n besoek aan Uganda weer sy oproep herhaal dat Westerse sanksies teen die Zimbabwiese president Robert Mugabe se regime opgehef behoort te word. Tydens ‘n gesamentlike perskonferensie met die Ugandese president Yoweri Museveni aan die einde van ‘n twee dae lange staatsbesoek het Zuma aangevoer die sanksies

Lees verder: Zuma steun Zimbabwe se pogings om sanksies te laat ophef

Bruines téén Afrikaners

Twee uit die drie gedrukte Afrikaanse dagblaaie beskik oor bruin redakteurs. Vier uit die vyf Afrikaanse universiteite wat tans onvermydelik besig is om te verengels, het bruin rektore (Russel Botman, Jonathan Jansen, Iron Rensburg en Cheryl de la Rey). Nasionale Pers, die grootste mediagroep in die land, beskik insgelyks oor ‘n aantal bruin direkteure en

Lees verder: Bruines téén Afrikaners

VSA kla dat gay Kase slagting toegelaat het

{jathumbnail off} Die Nederlandse premier het Vrydag woedend gereageer op ‘n Amerikaanse generaal se stelling dat Europa se ergste menseslagting sedert die Tweede Wêreldoorlog toegeskryf kan word aan gay Nederlandse soldate. Gen. John Sheehan het aan ‘n Amerikaanse Senaatskomitee in Washington, DC, gesê gays “was deel van die probleem” wat toegelaat het dat Serwiese magte

Lees verder: VSA kla dat gay Kase slagting toegelaat het

‘Ek is nie ryk nie’ sê Malema

Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sê hy word nie bevoordeel deur regeringtenders nie, en leef van aalmoese, berig die Mail&Guardian. In ‘n onderhoud by sy huis in Sandton, Johannesburg het hy gesê: “Ek is nie ryk nie. Ek het nie miljoene soos daar vroeër berig is nie”. “My huise is deur die bank gefinansier.

Lees verder: ‘Ek is nie ryk nie’ sê Malema