VSA kla dat gay Kase slagting toegelaat het

{jathumbnail off}

Die Nederlandse premier het Vrydag woedend gereageer op ‘n Amerikaanse generaal se stelling dat Europa se ergste menseslagting sedert die Tweede Wêreldoorlog toegeskryf kan word aan gay Nederlandse soldate.

Gen. John Sheehan het aan ‘n Amerikaanse Senaatskomitee in Washington, DC, gesê gays “was deel van die probleem” wat toegelaat het dat Serwiese magte Srebrenica in Bosnië in Julie 1995 oorrompel het en 8 000 Moslemmans gedood het.

Nederlandse soldate het diens gedoen in die VN se vredesmag in Srebrenica ten tye van die slagting.

Eerste Minister Jan Peter Balkenende het Sheehan se opmerkings onverantwoordelik genoem. “Hierdie opmerkings moes nooit gemaak gewees het nie,” het hy tydens sy weeklikse nuuskonferensie gesê.

 

 

как заполнять медицинскую справкуФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae