Die Oos-Kaap het sy tweede sterfgeval aangemeld in dié somer se besnydenisrituele, het die provinsie se departement van gesondheid Woensdag gesê. Die 19-jarige het Woensdagoggend gesterf by ‘n onwettige inisiasieskool in die Butterworth area in die Transkei, het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Die skool is
Die moderne armoede-vraagstuk aangespreek
Dit is duidelik dat die armoede-probleem die grootste enkele probleem is wat die toekoms van SA destabiliseer. Destabilisasie kan op die lange duur politieke opstande inhou. ‘n Politieke rewolusie kan ‘n diktatuur in die hand werk. Dit beteken ook fisiese onsekerheid: moord en doodslag en diefstal, ingevolge waarvan die armes van die rykes steel en
Breek die regte mure af!
Die herdenking van die val van die Berlynse Muur 20 jaar gelede het vele liberale met jubeling laat terugdink aan die val van die apartheidsmure, ook so 20 jaar gelede. Die twee gebeurtenisse word aan mekaar gekoppel as sou die “bevryding” van die swart “verdruktes” en die instelling van ’n demokraties verkose regering in Suid-Afrika
Regering veroorsaak vreemdelingehaat
“Die aanvalle deur plaaslike inwoners op vreemdelinge in die De Doorns-gebied is te wyte aan die regering se optrede. In die afgelope 15 jaar het die ANC-regering Suid-Afrika se grense swak gepatrolleer, toegang tot die land makliker gemaak met spesiale visums en nie toegesien dat die aantal asielsoekers in Suid-Afrika behoorlik gemonitor word nie,” het
Springfloppe vreet van Wembley se vloer af
Gisteraand se toerwedstryd van die Springbokke teen die Engelse klubspan, Saracens, in die gewyde Wembley-stadion was ‘n taai, harde besigheid. Dit was taai vir die toeskouers om te moes dophou en hard om te sluk. Dié keer was daar nie net vyftien Suid-Afrikaners wat op ‘n slag aanjaag op die voetbalveld nie, maar amper ‘n
Rugbyseisoenkaartjies vir tenders
‘n Beampte van die department van korrektiewe dienste het ‘n huis, motors, ‘n oorsese reis vir sy dogter en Blou Bul-seisoenkaartjies gekry, in ruil vir tenders wat hy toegeken het, het parlementslede Dinsdag gehoor. “Sekere van die bevindings wat jy gemaak het, is afskuwelik,” het Vincent Smith, voorsitter van die komitee gesê, na ‘n inligtingsessie
OKD-beampte vas vir omkopery en afpersing
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het ‘n polisiebeampte in hegtenis geneem wat na bewering by omkopery betrokke was. Die beampte is Maandag in hegtenis geneem. Die arrestasie spruit uit ‘n voorval toe ses polisiebeamptes na Wentworth, in Durban gegaan het, om ‘n man se woning te deursoek. Die polisie het op ‘n klein hoeveelheid dagga afgekom,
Obama buig
Nuwe foto’s van die Amerikaanse president, Barack Obama, wat voor die Japannese keiser buig, het kritici, wat sê dat die VSA se leier trots regop moet staan wanneer hy Amerika oorsee verteenwoordig, ontstoke gelaat. Obama was Maandag in Sjina, nadat hy die Japannese been van sy reis na Asië twee dae voor dit afgesluit het.
Frankryk sê jammer
Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se president, Oregan Hoskins, het Frankryk se verskoning oor die volksliedfiasko in Toulouse aanvaar. “Ek aanvaar dat daar geen opsetlike bedoelings deur die Franse Rugby-unie was om die landslied te saboteer nie. Die saak is nou afgesluit,” het Hoskins gesê. “Ek verstaan steeds nie hoe die kunstenaar in so ‘n posisie
Buitelanders weer onder skoot
Sowat 1 000 buitelanders het uit plakkerskamp buite De Doorns in die Wes-Kaap gevlug nadat nuwe gevalle van xenofobie hier uitgebreek het. Polisie het Dinsdag gesê geen gevalle van fisieke geweld teen buitelanders is aangemeld nie. Volgens supt. Desmond van der Westhuizen het spanning sedert verlede week in die gebied begin opbou. Dinsdagoggend het plaaslike