OKD-beampte vas vir omkopery en afpersing

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het ‘n polisiebeampte in hegtenis geneem wat na bewering by omkopery betrokke was.

Die beampte is Maandag in hegtenis geneem. Die arrestasie spruit uit ‘n voorval toe ses polisiebeamptes na Wentworth, in Durban gegaan het, om ‘n man se woning te deursoek.

Die polisie het op ‘n klein hoeveelheid dagga afgekom, het Moses Dlamini, woordvoerder van die OKD gesê.

“Die man het beweer dat twee beamptes ‘n omkoopprys van R15 000 geeïs het, óf hulle gaan sy familie arresteer. Hy beweer verder die polisiebeamptes het sy huis verlaat, eers nadat hy R3 300 aan hulle gegee het, en ooreengekom het om die uitstaande bedrag op ‘n latere datum aan hulle te gee,” het Dlamini gesê.

Die saak is gerapporteer en by die OKD se kantore in KwaZulu-Natal geregistreer.

Die direktoraat het toe voortgegaan om bemagtiging te kry om ‘n lokval te stel.

“’n Sersant het Maandag die klaagster gekontak en ‘n afspraak vir die ontvangs van die uitstaande omkoopgeld gereël. Die lokval het gelei tot die inhegtenisneming van die beampte.”

Hy het Dinsdag in die Durbanse landdroshof verskyn en is aangekla van afpersing. Hy is op borgtog van R2000 vrygelaat.

Die saak is uitgestel tot 27 Januarie vir verdere ondersoek, het Dlamini gesê.

 

конструкторы для девочекалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae