Obama buig

Nuwe foto’s van die Amerikaanse president, Barack Obama, wat voor die Japannese keiser buig, het kritici, wat sê dat die VSA se leier trots regop moet staan wanneer hy Amerika oorsee verteenwoordig, ontstoke gelaat.

Obama was Maandag in Sjina, nadat hy die Japannese been van sy reis na Asië twee dae voor dit afgesluit het. Maar Washington se meningsmouse weeg dit nog op of die Amerikaanse president sy land in die skande gesteek het toe hy twee dae tevore tydens ‘n teeseremonie diep van die heupe af gebuig het toe hy Japan se keiser, Akihito, ontmoet het.

Politieke kletsprogramme het die oomblik uit die tweede dag van Obama se weeklange Asiese toer, wat die blogsfeer aan die brand het, gespeel en weer gespeel.

“Ek weet nie hoekom President Obama gedink het dit is vanpas nie. Miskien het hy gedink dit sal goed afgaan in Japan. Maar dit is nie gepas vir ‘n Amerikaanse president om voor ‘n vreemde een te buig nie,” het die konserwatiewe kommentator William Kristol op die Sondagprogram van Fox News gesê en bygevoeg dat die gebaar veelseggend is van ‘n Verenigde State wat swak en oorhoflik onder Obama is.

Nog ‘n konserwatiewe stem, Bill Bennett, het op CNN gesê: “Dis lelik. Ek wil dit nie sien nie. Ons buig nie die knie voor keisers nie. Ons staan nie terug vir konings of keisers nie. Die president van die Verengide state – dit gekoppel met so baie verskonings van die Verenigde State – is net nog ‘n ding.”

Sommige konserwatiewe kritici het die beeld van Obama in jukstaposisie geplaas oor dié van die voormalige vise-president, Dick Cheney, waarin hy die keiser in 2007 met ‘n ferm handdruk maar geen buiging nie gegroet het.

“Ek wed as jy na die foto’s van wêreldleiers wat die keiser in Japan groet oor die afgelope 20 jaar bekyk, sien jy hulle nie buig nie,” sê Kristol.

Sommige reken die gebaar was veral aanstootlik komende na Obama se buiging teenoor Saoedi-Arabië se Koning Abdullah tydens ‘n G20-vergadering in April.

Die VSA se president se reis kom na net meer as ‘n jaar nadat hy tot die Withuis verkies is en is ontwerp om die VSA se mag in streek wat toenemend deur die opkomende reus, Sjina, gedomineer word, te stut.

Maar terug by die huis, het Obama se buiging in Japan skynbaar meer gemoedere aangegryp as wat daar op die reis self gekonsentreer is.

 

прожекторылобановский александр интервью