Rugbyseisoenkaartjies vir tenders

‘n Beampte van die department van korrektiewe dienste het ‘n huis, motors, ‘n oorsese reis vir sy dogter en Blou Bul-seisoenkaartjies gekry, in ruil vir tenders wat hy toegeken het, het parlementslede Dinsdag gehoor.

“Sekere van die bevindings wat jy gemaak het, is afskuwelik,” het Vincent Smith, voorsitter van die komitee gesê, na ‘n inligtingsessie wat deur Willie Hofmeyr, van die Spesiale Ondersoek-eenheied van korrupsie in die department gesê.

“Dit is een van die skokkendste voorleggings wat ek in my 15 jaar in die Parlement aangehoor het,” het James Selfe, DA-parlementslid gesê.

Hofmeyr het gesê die beampte moet nog in die hof verskyn en kan daarom nie genoem word nie.

Die beampte was glo instrumenteel in die oorhandiging van die tenders wat honderde miljoene rande werd is, van ‘n enkele diensverskaffer en sy vennote tussen 2004 en 2006.

Volgens Hofmeyr het die Spesiale Ondersoek-eenheid ‘n finansiële ondersoek van die voordele wat die beampte en sy onmiddellike familie van die diensverskaffer ontvang het, gemaak.

“Ons kon nie enige wettige doel vir die paaiemente wat ongeveer R2,1 miljoen beloop, vind nie.”

“Die paaiemente was gedoen in die vorm van ‘n motor, nog ‘n motor of bydrae tot ‘n motor, ‘n motor vir sy seun en dogter, ‘n borgskap vir die dogter se oorsese reis, nog ‘n bydrae vir ‘n motor en ses Blou Bul seisoenkaartjies.”

“Die maatskappy het die finansiering vir die ontwikkeling van ‘n huis met ‘n waarde van R1 miljoen gefinansier, asook die herontwerp van ‘n kombuis met ‘n waarde van R180 000.”

Hofmeyr het gesê die maatskappy het ook R80 000 bygedra tot ‘n aftreehuis vir die beampte en drie keer die bedrag van R48 000 in sy kredietkaart inbetaal.

Die eenheid het verder ‘n paaiement van R5 500 en een van R58 000 vir betalings aan ‘n argitek vir planne vir die konstruksie van sy huis gevind.

Hofmeyr het gesê die spesifikasies vir die bieërs was so opgestel, dat die maatskappy klaarblyklik voorkeur bo ander gekry het.

“In sekere tenders was die begroting heeltemal oorskry.”

 

интернет магазин игрушек киевпрокурор Фильчаков