Swartes begin plunder toe burgemeester hulle ignoreer

Sewe en twintig mense is naby Mafikeng in Noordwes in hegtenis geneem na ‘n plundertog tydens ‘n oproerige byeenkoms oor die burgemeester hulle nie wou ontmoet nie. Hulle is op aanklagte van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere gearresteer. Die inwoners van die Setlagole-lokasie het die week gewelddadig geraak, en strate met klippe

Lees verder: Swartes begin plunder toe burgemeester hulle ignoreer

Eiendomswaardasiewetsontwerp goedgekeur

Die portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming het die voorstelle in die Eiendomswaardasiewetsontwerp goedgekeur, het RSG berig. Die wetsontwerp het ten doel om ‘n kantoor vir ‘n Waardeerder-generaal te vestig om die waarde van grond en eiendom wat deur die staat aangekoop word vir hervorming, te waardeer. Die komiteeverslag sal nou na die Nasionale Vergadering

Lees verder: Eiendomswaardasiewetsontwerp goedgekeur

Vragmotor met plofstof was onderweg na Zambië

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê die vragmotor met plofstof wat opgeblaas het en die lewens van vier polisielede en ‘n bestuurder geëis het, was onderweg na Zambië. Die plofstof was na Beitbrug-grenspos onderweg waar talle myne is. ‘n Ander vragmotor wat kruideniersware vervoer het op die N1-hoofweg tussen Polokwane en Mokopane het in die

Lees verder: Vragmotor met plofstof was onderweg na Zambië

Oekraïene kies ongewilde Jats na staatsgreep

Die Oekraïene het na ‘n staatsgreep verlede week ‘n nuwe premier aangewys wat geen steun geniet onder die bevolking nie. Arsenjie Jatsenjioek – of Jats, soos die Amerikaanse assistent-sekretaris van buitelandse sake Victoria Nuland graag na hom verwys – is aangestel as die nuwe eerste minister van die land. Die bokser Klitsjko, die EU se voorkeur, is

Lees verder: Oekraïene kies ongewilde Jats na staatsgreep

Bakkies: Isuzu of Mitsubishi?

deur André Olivier General Motors het in 2013 met ‘n groot terugvegpoging begin waar hulle al die produksielyne onder die GM-vaandel bietjie reggetrek, en van die dooie hout ontslae geraak het. Onder andere het die Opel Corsa-bakkie die nuwe Chev Utility geword; ander Opel-modelle het nuwe enjins en ‘n kleiner modelreeks tot gevolg gehad. Chev

Lees verder: Bakkies: Isuzu of Mitsubishi?

Malema rand wit bestuurder aan, geen klag

Julius Malema het na bewering ‘n wit man aangerand wat getoet het oor die EFF-leier se padgedrag. Die klaer het nou die saak teruggetrek. Dit is nie bekend of hy deur die polisie geïntimideer is nie. Die padwoedevoorval het Dinsdag in Polokwane gebeur toe Malema die man geslaan het en vir hom geskree het “Ons

Lees verder: Malema rand wit bestuurder aan, geen klag

Begroting: Oproer en betogings dwing die staatskas oop

Onderwys het die grootste enkele toekenning van die land se R1.25 triljoen-begroting ontvang en maatskaplike toelaes die meeste. Vanjaar se begroting moes ‘n verskeidenheid doelwitte bereik, waarvan die belangrikste seker was om broodnodige ekonomiese groei te stimuleer om die buitelandse beleggers tevrede te hou en daarna infrastruktuurontwikkeling en toelaes om kiesers tevrede te hou. Dus was

Lees verder: Begroting: Oproer en betogings dwing die staatskas oop

Oproermakers stroom Kaapstad binne

Smouse en informele handelaars in die Kaapse middestad is deur die polisie gewaarsku om hul goed op te pak voor ‘n onwettige optog. Die polisie vrees dat die oproermakers weer op ‘n plundertog sal gaan. Aktiviste het beloof om in die middestad te betoog ten spyte daarvan dat toestemming nie deur die owerhede verleen is

Lees verder: Oproermakers stroom Kaapstad binne

Zuma spreek sy skok uit na ontploffing op N1 polisielede eis

President Zuma het sy skok uitgespreek oor die ongeluk waarin vier polisiebeamptes en ‘n bestuurder dood is toe ‘n kleinhandelvragmotor agter in ‘n vragmotor vol plofstof vasgery het. ‘n Deel van die pad, die N1 tussen Polokwane en Mokopane is erg beskadig in ‘n ongeluk waarin vyf mense, insluitend vier polisiebeamptes omgekom het. Die twee

Lees verder: Zuma spreek sy skok uit na ontploffing op N1 polisielede eis

Nasionale hoof van okkulte-eenheid waarsku oor toename landwyd

Die nasionale hoof van die polisie okkulte-misdaadeenheid, kolonel Attie Lamprecht sê daar was die afgelope tyd landwyd ‘n toename in misdade wat met die okkulte verband hou. Die toename in moetiemoorde het ook tot oproer in Motupa, Moleketla en Kubjana in Limpopo gelei. Die provinsie spog met ongeveer 250 moetiemoorde per jaar. Navorsers soos Oliver Becker het

Lees verder: Nasionale hoof van okkulte-eenheid waarsku oor toename landwyd