Dit is betreurenswaardig wanneer die samelewing ’n vlak bereik waar ‘n leeu se waarde hoër is as die van ’n mens. Dit is volgens toerismekenner, Melville Saayman, en volg op die omstredenheid rondom die onwettige doodmaak van Cecil die leeu deur die Amerikaanse jagter Walter Palmer, verlede maand. Saayman het kommentaar gelewer nadat dié gebeurtenis
Immigrante na Duitsland neem toe
Die aantal nuwe aankomelinge in Duitsland het volgens federale statistiek verlede jaar tot 10,9 miljoen mense toegeneem. Verlede jaar het 6,4 miljoen mense van buitelandse afkoms in Duitsland gewoon. Dit is een uit elke vyf inwoners van die land. Die meeste, 56 persent, het Duitse burgerskap. Duitsland het lank weerstand gebied teen die benaming “land
Rand breek deur laagtepunt teen Britse pond
Die Rand het deur die R20-vlak teen die Britse pond gebreek. Alle oë is nou op die Reserwebank om op te tree nadat die Rand ‘n nuwe laagtepunt gewys het. Ekonome sê ‘n depresiasie van die geldeenheid sal inflasie-druk verhoog wat die Reserwebank sal noop om strenger op te tree. Die Rand het ook tot
Soweto-onlusmakers steek brandweerwa aan die brand, beseer brandweerman
Die Johannesburgse Nooddienste het bevestig dat ‘n brandweerman vanoggend in die hospitaal opgeneem is nadat onlusmakers in Soweto ‘n brandweerwa aangeval, dit met klippe bestook en agterna aan die brand gesteek het. Die brandweerwa behoor aan die Diepkloof-brandweerstasie en is ‘n “eerste-oproepvoertuig”, wat beteken dat dit normaalweg eerste by ‘n noodtoneel of reddingsgeval opdaag. Die
Lees verder: Soweto-onlusmakers steek brandweerwa aan die brand, beseer brandweerman
Minister vergader met mynbase na Glencore lisensie verloor
Die bestuur van Glencore is in die ANC se visier. Die Departement van Minerale Hulpbronne het die seldsame stap Dinsdag geneem om die mynbou-lisensie van Glencore se Optimum-steenkoolmyn op te skort omdat hulle personeel glo sleg behandel. Dit val saam met die nuus dat Glencore ‘n sakereddingstrategie aangekondig het omdat die kontrak met Eskom onekonomies
Lees verder: Minister vergader met mynbase na Glencore lisensie verloor
Taxi-baas doodgeskiet
Die Noordwes-polisie het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Jeffrey Mbambane (55), die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging in Klerksdorp nie. Mbabane is gisteraand deur ‘n onbekende persoon in sy huis doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Paul Ramaloko sê Mbabane is een keer in die kop geskiet terwyl hy op sy rusbank
Jericho springlewendig maar Cecil morsdood
Die beheerliggaam van Zimbabwe se nasionale parke, Zimparks, en navorsers wat die leeus in die Hwange nasionale park bestudeer, het gerugte ontken dat die leeu, Jericho, broer van Cecil, ook doodgeskiet is. Die Zimbabwiese bewaringtaakspan, ‘n omgewingsgroep, het konsternasie onder diereliefhebbers wêreldwyd veroorsaak toe dit Saterdag op Facebook aangekondig het dat Jericho ook ‘n onwettige
Malema opgeruimd na hofuitspraak
Die verhoor van Julius Malema, EFF-leier, is uitgestel omdat een van sy medebeskuldigdes siek is. Malema se saak vir bedrog en korrupsie is van die hofrol geskrap in die Hooggeregshof in Polokwane, omdat een van sy mede-beskuldigdes nie in die hof was nie. Malema was merkbaar opgeruimd toe hy die hof ingestap het en vir
Vegvliegtuig stort neer op Siriese mark
Ten minste 27 mense is Maandag dood en talle beseer toe ’n vegvliegtuig van die Siriese weermag in ’n besige mark in die rebellevesting in die noordwestelike dorp, Arihe, neergestort het. Die meeste oorledenes was burgerlikes. Die dorp in die Idlib-provinsie is in Mei deur ’n koalisie van Islamitiese insurgente ingeneem. Die militêre vliegtuig het
Grondgryp-chaos in Namibië vir eers afgeweer sê president
Namibië se pres. Hage Geingob het in ‘n onderhoud met die Republikein gesê die beplande grondgrypaksie sou die land in chaos gdompel het. “Baie mense is onbewus van wat kon gebeur het, as ek nie die vergadering met die Beweging vir Regstellende Herposisionering (AR) op 24 Junie gereël het nie. Die land kon onregeerbaar gewees
Lees verder: Grondgryp-chaos in Namibië vir eers afgeweer sê president
