Geweld in Ladybrand nadat Rooi Miere toeslaan

Geweld het in Ladybrand uitgebreek in die Oos-Vrystaat. Die Manyatseng-lokasie in Ladybrand is in rep en roer nadat honderde huise, wat volgens die munisipaliteit onwettig opgerig is, deur die Rooi Miere afgebreek is. Inwoners het hulle teen die uitsettings verset. Die voorsitter van die Mantsopa Inwonersvereniging, Kaye Durant, sê die uitsetting, deur die Rooi Miere,

Lees verder: Geweld in Ladybrand nadat Rooi Miere toeslaan

Beweerde bordeeleienaar nie aangekla

Die vier swart vroue wat Vrydag in hegtenis geneem is by ‘n beweerde bordeel in Fleurdal in Bloemfontein bly in aanhouding tot later vandeesweek. Dit kom nadat Princess en Zanele Ncube, Sthando Zondi en Sandisile Gumede Dinsdag in die plaaslike landdroshof op aanklag van prostitusie verskyn het. Zanele word ook aangekla vir die bedryf van

Lees verder: Beweerde bordeeleienaar nie aangekla

Swart gepeupel rand blanke vrou in Oosrandse winkelsentrum aan

‘n Blanke paartjie, Zoran Ramos en Natalie Spence, is op Sondag 1 Maart deur ‘n tierende groep van 15 tot 20 swartes in die East Rand Galleria aangerand. Die twee is deur die aanvallende groep swartes “wit varke” genoem. ‘n Woordewisseling het plaasgevind waartydens die blankes “wit varke” (white pigs) genoem is. Toe daar aan

Lees verder: Swart gepeupel rand blanke vrou in Oosrandse winkelsentrum aan

Hael laat boere op moedverloor se vlakte

Graanboere in die Oos-Vrystaat, wat gehoop het om ten spyte van die droogte hierdie seisoen ‘n oes van die lande te kan afhaal, is moedeloos na hael die naweek gesaaides vernietig het, het OFM berig. Jan Scheepers sê die donderwolke het ongeveer 7uur Sondagaand begin saampak en dit het daarna verskriklik begin hael in Retiefsnek

Lees verder: Hael laat boere op moedverloor se vlakte

Lokval deur Britse agente lei tot spioenasieskandaal

Die Sunday Independent het laat blyk dat ‘n lokval deur Britse agente aanleiding gegee het tot die lekkasie van spioenasie-inligting aan Al Jazeera. ‘n Aantal van intelligensie bronne sê ‘n agent wat besig was op ‘n geheime projek met die kodenaam Mokopa-missiel, het dossiere aan die Central Intelligence Agency (CIA) en die Britse geheime intelligensie

Lees verder: Lokval deur Britse agente lei tot spioenasieskandaal

VSA kondig sanksies teen Venezuela aan

Die Verenigde State van Amerika het Venezuela Maandag as ‘n “nasionale veiligheidsbedreiging” verklaar in die ergste bilaterale diplomatieke geskil nog. Sanksies sal teen sewe amptenare van die olieryke land ingestel word. Die land se intelligensiehoof, Gustavo Gonzalez, is een van die sewe. President Nicolas Maduro het die sewe as nasionale helde verklaar en gesê hy

Lees verder: VSA kondig sanksies teen Venezuela aan

SA se duur stadige internet striem glo groei

Suid-Afrika se duur en stadige internet is besig om ekonomiese groei te strem, het RSG berig. Volgens ‘n opname deur die Instituut vir Rasseverhoudinge is die maandeliks koste van breëband-internet in Suid-Afrika meer as tien keer soveel as in Brittanje. Die Britte geniet egter ‘n internet-spoed wat sowat vyf keer vinniger is. Die uitvoerende hoof

Lees verder: SA se duur stadige internet striem glo groei

Heli-ongeluk eis Olimpiese sterre

Agt Franse burgers, onder wie twee Olimpiese sportsterre en twee Argentiniërs is dood in ‘n helikopterongeluk in Argentinië, het RSG berig. Volgens die Argentynse polisie het twee helikopters in die westelike provinsie La Rioja naby die Andes-berge teen mekaar vasgevlieg. Die Olimpiese vroue swemkampioen, Camille Muffat en die Olimpiese bokser, Alexis Vastine was onder die

Lees verder: Heli-ongeluk eis Olimpiese sterre

Swarte met koper ter waarde van R50 000 gevang

‘n Swarte is Maandag in die Noord-Kaap in hegtenis geneem vir die besit van wat klaarblyklik gesteelde koper is. Die vermeende koperdief is in Lerato Park, Roodepan, gevang. Die koper word gewaardeer op sowat R50 000, het Noord-Kaapse polisie gesê. Polisie het ‘n wenk ontvang oor twee swartes wat ‘n kruiwa gelaai met koper gestoot

Lees verder: Swarte met koper ter waarde van R50 000 gevang

Polisie ontplooi na skare plunder en brand

Openbare geweld by Mandlagazi buite Tzaneen in Limpopo word deur die polisie ondersoek nadat ‘n skare swartes drie huise, twee motors en ‘n sjebien in ligte laai gelaat het. Die skare het volgens berigte ‘n huis afgebrand wat behoort aan ‘n ryk sjebieneienaar. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Lees verder: Polisie ontplooi na skare plunder en brand