Hael laat boere op moedverloor se vlakte

Graanboere in die Oos-Vrystaat, wat gehoop het om ten spyte van die droogte hierdie seisoen ‘n oes van die lande te kan afhaal, is moedeloos na hael die naweek gesaaides vernietig het, het OFM berig.

Jan Scheepers sê die donderwolke het ongeveer 7uur Sondagaand begin saampak en dit het daarna verskriklik begin hael in Retiefsnek tussen Bethlehem en Fouriesburg.

Hy sê die hael het omtrent 25cm diep op die teerpad gelê en ongeveer 20 motors was ook gestrand.

Scheepers sê die skade aan die lande is hartverskeurend.

Hy sê dié verskriklike haelskade is veral sleg nadat die droogte reeds sy tol geëis het.

2 thoughts on “Hael laat boere op moedverloor se vlakte”

  1. en de premies voor verzekeringen tegen weersinvloeden zijn zeker onbetaalbaar. (in o.m. Holland zijn ook hagelverzekeringen in de landbouw) terwijl deze staat geen enkele subsidie kent om verliezen te compenseren. Maar geen enkele kans onbenut laat om een rent a crowd menigte onder bedriegers en ongedierte als Ehrenreich en Pieterse los te laten op de Boer en zij harde werk……

    p.s. is ehrenarm’s motor al geveild in een goedkope doorzichtige P.R. show met een opbrengst voor ‘de armen’, die hij 100 motors afnam ?

  2. Eina Eina Eina. Die droogte in die 80s/90s het menige boere gesink en van die plase af stede toe gedryf. Ek het al baie gewonder hoe ‘n groot rol daardie droogte gespeel het in die oorname en die politiek in hierdie land. Nou is dit 20 jaar later en ons sit weer met ‘n soortgelyke situasie – ek dink net die keer is dit erger omdat daar nou groter skuld op die plekke is (boere besit nie eers hulle eie oeste nie maar dra die riskiko) en dan ook omdat daar allewige grondeise is. Hierdie droogte gaan die grondeisproses natuurlik vergemaklik omdat grond nou eweskielik minder werd is.

    Stedelinge is in my opinie niks anders as korporatiewe slawe nie (Ek reken myself hierby in). Op ‘n plaas het jy dalk nog ‘n kans op oorlewing is dinge lelik verkeerd loop. Jy het moontlik toegang tot water en kos – die twee mees noodsaaklike lewensmiddele. In die stad is daar weinig geleentheid om genoeg te kan produseer vir jou en jou gesin en buiten dit is jy afhanklik van rioolafvoerstelsels en watertoevoer wat beide natuurlik in een sal stort as dinge verkeerdloop. Ons besef nie hoe wankelrig ons samelewing en beskawing is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae