Heli-ongeluk eis Olimpiese sterre

Agt Franse burgers, onder wie twee Olimpiese sportsterre en twee Argentiniërs is dood in ‘n helikopterongeluk in Argentinië, het RSG berig.

Volgens die Argentynse polisie het twee helikopters in die westelike provinsie La Rioja naby die Andes-berge teen mekaar vasgevlieg.

Die Olimpiese vroue swemkampioen, Camille Muffat en die Olimpiese bokser, Alexis Vastine was onder die oorledenes.

Die vlieëniers was van Argentinië.

Hulle was deel van ‘n span wat die realiteitsprogram, Dropped verfilm het.

Derde swart sportster sterf

‘n Swart vrouebokser Phindile Mwelase is dood nadat sy vir twee weke in ‘n koma was, het die sport- en ontspanningsministerie Maandag gesê.

Die professionele bokser Mwelase (31) is by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria Saterdag oorlede, het die ministerie in ‘n verklaring gesê.

Die ligte weltergewigbokser is op 10 Oktober uitgeslaan in die stryd teen Liz Butler in Pretoria.

Afrikaanse bokser Liz Butler
Afrikaanse bokser Liz Butler

“Minister Fikile Mbalula het weer van die afsterwe van nog ‘n belowende sport talent van hierdie land verneem nadat Mwelase die stryd verloor het weens haar ontydige dood op 25 Oktober,” het die ministerie gesê.

Volgens boxrec.com het Mwelase se loopbaan oor vier gevegte gestrek, waarin sy ‘n gelykopuitslag behaal het en drie verliese gely het (insluitende die uitklophou wat gelei tot die koma).

Haar dood het die aantal van sportsterftes op drie sedert Vrydag te staan gebring.

Die Olimpiese silwermedaljehouer vir 800m Mbulaeni Mulaudzi is dood in ‘n motorongeluk Vrydag.

Bafana Bafana se kaptein en doelwagter Senzo Meyiwa is doodgeskiet in Vosloorus Sondag.