Ondersteuners van die beleërde pres. Dilma Rousseff het Woensdag van oor die hele Brasilië opgemars om te protesteer teen wat hulle as ’n “staatsgreep” beskou wat daarop gemik is om haar tot ’n val te bring. Die linkse leier kan moontlik in ’n staat van beskuldiging gestel word, het AFP berig. “Daar sal geen staatsgreep
Veiligheidsraad aanvaar resolusie teen ISIS-finansiering
Ministers van finansies van die 15 lande op die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, het in New York vergader om ’n resolusie te aanvaar om die finansiering te ontwrig wat die Islamitiese Staat (ISIS) ontvang. ISIS verkry sy geld deur die verkoop van olie en oudhede asook die invordering van lospryse en ander kriminele aktiwiteite.
Lees verder: Veiligheidsraad aanvaar resolusie teen ISIS-finansiering
Speuder wat glo geld steel vir dobbel, vas
‘n Hooggeplaaste polisiebeampte van Noordwes sal na verwagting volgende jaar weer in die landdroshof op Mokgwase verskyn nadat sy in hegtenis geneem het vir die diefstal van geld uit ‘n polisiekantoor. Die 45-jarige bevelvoerder van die speurdienste by die polisiekantoor op Brits, het na bewering gevlekte geld uit die polisie se kluis gesteel, terwyl sy
Afriforum sê nuwe dokumentêr is nie anti-ANC nie
‘n Vollengte dokumentêre film oor die gebruik van geweld deur die ANC en ander bevrydingsorganisasies in Suid-Afrika sal vroeg in 2016 aan die publiek bekendgestel word. Die dokumentêr, Tainted Heroes, is in Engels en is twee ure lank. Dit behandel die geskiedenis vanaf die Soweto-studenteopstande in 1976 tot en met die inhuldiging van oudpresident Nelson
Lees verder: Afriforum sê nuwe dokumentêr is nie anti-ANC nie
Paramedici waag hul lewens in New Brighton-lokasie
New Brighton-lokasie, die oudste en grootste swart gebied van Port Elisabeth, het ontoeganklik geraak vir paramedici weens aanvalle. Noodpersoneel wat in New Brighton werk, het die teiken van misdadigers geword. Hulle word gereeld aangeval, met klippe bestook en deur gewapende aanvallers beroof. Meer as 21 voorvalle is sedert verlede jaar aangemeld waar paramedici slagoffers van
Lees verder: Paramedici waag hul lewens in New Brighton-lokasie
Problemen met bewijzen MH17
De betrouwbaarheid van bewijsmateriaal in het MH17-onderzoek is in het geding door de duistere rol van de Oekraïense geheime dienst SBU bij corruptie en misdaadschandalen. Strafrechtdeskundigen voorspellen problemen voor het toekomstige strafproces tegen de massamoordenaars van de MH17-passagiers, nu blijkt dat er met de inlichtingendienst die allerlei bewijsmateriaal leverde van alles loos is. Het CDA
‘n Swak rand is nie die einde van die wêreld nie
Een ding wat mense klaarblyklik nooit verstaan nie is dat ‘n depresiërende geldeenheid nie outomaties beteken dat die ekonomie gaan sink nie. Zwelinzima Vavi het Woensdag aan sy paar oningeligte volgelinge verklaar dat Suid-Afrika binnekort ‘n Zimbabwe gaan word, maar in die internasionale sakepers bekommer ontleders eerder dat die Federale Resewebank in die VSA op
Lees verder: ‘n Swak rand is nie die einde van die wêreld nie
Barclays wil dalk ABSA verkoop
Dit is Donderdag berig dat Barclays, die Britse bank, aktief op soek is na ‘n koper vir sy Suid-Afrikaanse eenheid Absa. Die Financial Times van Londen het Woensdag ‘n artikel geplaas onder die opskrif, “Barclays wil terugskaal in Afrika”. Die bank is glo besig om sy “lang teenwoordigheid in Afrika te heroorweeg as deel van
Islamitiese terroriste val soldate in Mali aan
’n Organisasie wat jihadistiese webtuistes monitor, berig dat Al-Kaïda se tak in Noord-Afrika aanvoer dat die ekstremistiese groep, Ansar Dine, barakke in die noorde van Mali aangeval het. Die aanval was in die stad, Nione in die Segou-streek, volgens die nuusagentskap AP. Verskeie soldate is dood, ander is gewond en die aanvallers het wapens gesteel.
Tornado verniel Sydney
’n Tornado het Sydney Woensdagoggend getref en groot skade aangerig. Vernietigende winde van tot 200 kilometer per uur en hael so groot soos krieketballe het bome en kragpale laat omval, dakke afgeruk en mure ineen laat stort. Verskeie internasionale en binnelandse vlugte moes na ander stede herlei word. ’n Winkelsentrum in Sydney se oostelike voorstede
