Malema vra SAID om verskoning

Malema het om verskoning gevra nadat die SAID Maandag sy voorlopige sekwestrasie in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria verleng het. Malema het erken dat hy sy plig versuim het ten opsigte van belasting. Hy is tot 25 Augustus gegun om sy uitstaande belasting ten bedrae van R16 miljoen plus rente te betaal. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Lees verder: Malema vra SAID om verskoning

Gemengde reaksie op nuwe kabinet

President Jacob Zuma sê die regering se doelwit om proporsionele verteenwoordiging van vroue in die Kabinet te bevorder is byna bereik. Zuma het Sondagaand die nuwe Kabinet by die kantore van die Regeringkommunikasie en Inligtingstelsel in Pretoria bekendgemaak. Die president het gesê dat hy 20 mans en 15 vroue as Ministers aangewys het, en 20

Lees verder: Gemengde reaksie op nuwe kabinet

Franse FN behaal historiese oorwinning in Europese verkiesing

Die Franse Nasionale Front (FN) het oor die naweek ‘n geskiedkundige oorwinning behaal. Van die begin van die Europese verkiesingsveldtog weke gelede het Marine Le Pen voortdurend voorspel dat die FN Sondagaand uiteindelik Frankryk se nommer een party sal word. Verkiesingkenners het haar voorspelling geminag, maar die meningspeilings het dit bevestig. Sondagaand het die Franse volkslied, La Marseillaise hard

Lees verder: Franse FN behaal historiese oorwinning in Europese verkiesing

Brande teister Johannesburgse middestad

Die Johannesburgse Nooddienste is bekommerd oor ‘n vlaag brande in die Johannesburgse middestad, het RSG berig. ‘n Woordvoerder van die Nooddienste, Robert Mulaudzi sê die oorsaak van die brand Saterdagaand by ‘n gebou op die hoek van Rissik en Loveday straat is nog nie bekend nie. Hy sê een persoon is dood in die brand,

Lees verder: Brande teister Johannesburgse middestad

Afrikaans: die grondslag vir ‘n nuwe politiek

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Vandag beantwoord die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, my vorige artikel in Rapport en hier op praag met ‘n pleidooi dat ons mekaar minder moet etiketteer en meer moet debatteer: Om iemand “regs” of “links” te noem is nie die einde

Lees verder: Afrikaans: die grondslag vir ‘n nuwe politiek

Die Baske en die Afrikaners

Aan die Golf van Biskanje lê daar sewe provinsies; vier in Spanje en drie in Frankryk. Daar hoor ‘n mens die uitdrukking: 4 + 3 = 1. En dit is waar. Die land van die Baske is ‘n kulturele eenheid. Die Golf van Biskanje is bekend om sy stormagtige see. Dit herinner aan die Kaap

Lees verder: Die Baske en die Afrikaners

Vryheid, gelykheid en nasionalisme

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Ek onthou die opskrif in ons geskiedenisboek toe ek op skool was in die ou Suid-Afrika: “Die Franse omwenteling.” In daardie dae was Afrikaans suiwer en Germanisties, en is die woord “revolusie” as minder wenslike taalgebruik geag. Terwyl Suid-Afrika se verkiesingsuitslae

Lees verder: Vryheid, gelykheid en nasionalisme

SAOG bespreek georkestreerde onrus in Lesotho weermag

‘n Afvaardiging van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is in Lesotho om met die regering, die polisiekommissaris en die bevelvoerder van die weermag te vergader. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ( SANW) is na berig word gereed om die Lesotho Weermag ( LDF ) te ondersteun. Volgens inligting van bronne by Interpol in Lesotho, was die SANW

Lees verder: SAOG bespreek georkestreerde onrus in Lesotho weermag

Dokters sal nie meer kan werk waar hulle kies nie

President Jacob Zuma het reeds onderafdelings van die Wet op Nasionale Gesondheid onderteken wat kan verhoed dat dokters en ander gesondheidswerkers private praktyke open waar hulle wil. Alle gesondheidswerkers – soos tandartse, dieetkundiges en fisioterapeute – wat ‘n private praktyk wil oopmaak, sal moet aansoek doen by die Departement van Gesondheid om hulle toestemming te

Lees verder: Dokters sal nie meer kan werk waar hulle kies nie

Twee vermeende stropers doodgeskiet in Kruger

Twee vermeende renosterstropers is Donderdag in die Krugerwildtuin (KNP) doodgeskiet. Die twee het gesterf in ‘n skietery met wildbewaarders by Krokodilbrug het Sanparke luidens ‘n verklaring gesê. Die wildbewaarders het glo Donderdagoggend die drie stropers in die park gewaar. ‘n Skietery het daarna gevolg en een vermeende stroper het op vlug geslaan. Die ander twee

Lees verder: Twee vermeende stropers doodgeskiet in Kruger