Veiligheid opgeskerp by platinummyne

Veiligheid by die land se grootste platinummyne in Rustenburg is opgeskerp nadat sowat 70.000 Amcu-lede vanoggend met ‘n onbepaalde staking begin het. Veiligheidsbeamptes bewaak tans die ingange van die mynskagte. Duisende werkers sal na verwagting later vanoggend by die Wonderkopstadion stroom waar die president van Amcu, Joseph Mathunjwa die stakers sal toespreek. Produksie het gisteraand

Lees verder: Veiligheid opgeskerp by platinummyne

Oproer tussen Randfontein en Krugersdorp belemmer verkeer

Betogers het paaie in Roodepoort in Gauteng met klippe en brandende voorwerpe versper en verkeer tussen Randfontein en Krugersdorp word negatief geraak. Motoriste wat die pad tussen Randfontein en Krugersdorp gebruik, is aangeraai om alternatiewe roetes te oorweeg weens oproer in die gebied. Voorvalle waar betogers verbygaande motors met klippe bestook het, is aangemeld, volgens Wayne

Lees verder: Oproer tussen Randfontein en Krugersdorp belemmer verkeer

Armbrei die nuutste gier

Vergeet van breinaalde en tolletjiebrei. ‘n Nuwe gier het breiers verslaaf aan die gebruik van net hul arms. Armbrei het in die VSA kop uitgesteek, en is nou gewild onder breiers oral te danke aan dosyne touwysvideo’s op die internet. Dit is eintlik baie dieselfde as die normale brei. Armbreiers begin met ‘n groot glyknoop wat

Lees verder: Armbrei die nuutste gier

Helfte van wêreld se platinummyne staak

Die helfte van die wêreld se platinummyne kom vandag tot ‘n stilstand wanneer lede van die vakbond, Amcu vir beter salarisse begin betoog, het RSG berig. Amcu-lede sal by Implats, Anglo American Platinum en Lonmin staak. Implats het bekendgemaak dat hy sy bedrywighede in Rustenburg sluit om sy werkers te beskerm. Werkers wat vir diens

Lees verder: Helfte van wêreld se platinummyne staak

Steve vandag voor oor spoed

Die mees gewilde Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr sal vandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en oorskryding van die algemene spoedgrens. Tydens ‘n vorige verskyning, het hy gesê hy wil die saak buite die hof skik. Hofmeyr is op die aand van 19 Desember in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem, en

Lees verder: Steve vandag voor oor spoed

Vuil water ons voorland, waarsku TLU

Die President van TLU SA, mnr. Louis Meintjes waarsku dat die land afstuur op ‘n situasie dat die krane in die huise wel water sal lewer, maar dat daardie water totaal onbruikbaar sal wees. “As die Staat homself as die beskermer van die water wil aanstel, moet hy ook toesien dat hy daardie rol vervul.

Lees verder: Vuil water ons voorland, waarsku TLU

Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het

Die Malawiese president Joyce Banda het verlede jaar haar luukse straler verkoop om sleutelskenkers soos Brittanje gelukkig gehou. Die straler is glo gekoop deur ‘n prominente Suid-Afrikaanse wapengroep, maar Banda gebruik steeds die vliegtuig sonder enige koste. Die Dassault Falcon 900EX is gekoop deur Bohnox Enterprises, ‘n firma wat in die Britse Maagde-eilande geregistreer is.

Lees verder: Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het

Antraks-skok by Sanral

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moes sy hoofkantoor in Midrand Dinsdag ontruim  na na ‘n vermeende antraks-aanval. Die Tshwane-eenheid vir gevaarlike stowwe (Hazmat) is na die toneel geroep nadat ‘n “verdagte koevert met ‘n wit stof ” op die perseel gevind is, het die uitvoerende hoof Nazir Alli gesê. “Ons weet nie wat dit is nie,”

Lees verder: Antraks-skok by Sanral