
Alhoewel hy nie goed lyk nie, is ’n video vrygestel wat toon dat president Robert Mugabe van Zimbabwe nog in lewe is.
Vorige berigte wat in verskeie koerante in Zimbabwe verskyn het, is beweer dat hy reeds oorlede is.
Die bejaarde Robert Mugabe (89), verskyn op ’n video wat die afgelope naweek gemaak is tydens ’n roudiens wat vir sy suster, Bridget, gehou is in sy ampswoning.
Dit blyk dat die president sukkel om regop te sit, en sukkel om wakker te bly. Volgens die opname het sy een been aanhoudend geruk.
Dit is die eerste keer dat hy gesien is in die openbaar sedert sy terugkeer uit Singapoer.
Waarnemers sê sy vakansie in Singapoer was eerder om mediese behandeling te kry.
’n Woordvoerder van Zanu-PF het gesê die adjunk pres. Joyce Mujuru sal waarneem tot einde Januarie vanjaar.
Intussen word verneem dat kandidate hulle reeds posisioneer om president te word, en die grootste mededingers is blykbaar die huidige adjunk, Joyce Mujuru en haar grootste opponent is Emmerson Mnangagwa, ’n voormalige minister van Verdediging.
Bron: Die Vryburger

Wag !!!! – “… alhoewel hy nie goed lyk nie … ” – Bob het nog NOOIT goed gelyk nie !
Dit was nou slegte nuus vir die dag … ek het regtig gedink hy is reeds gebalsem, gereed vir die groot “to-do” ! SNIK !
Okay Bob – nou kan jy maar gaan !
Trippie ek is versigtig om hom weg te wens – hy is nou al oud en seniel maar ons weet wat ond die die ou derduiwel het. Hoe gaan die wees wat in sy spore volg? Soveel van sy volgelinge is hier in die land werksaam en ek sidder om te dink wat sal gebeur as hulle besluit om ZA oor te neem/destabiliseer. (daar word gereken daar is meer as 5 miljoen Zimbabwiërs hier – meer as die blankes in ZA)
Sy base sal wel sorg dat hulle ‘n opvolger kry. “The essence of oligarchical rule is not father-to-son inheritance, but the persistence of a certain world-view and a certain way of life … A ruling group is a ruling group so long as it can nominate its successors… Who wields power is not important, provided that the hierarchical structure remains always the same.”: George Orwell, 1984
Waar woorde inderdaad.
Is dit wat bedoel word met reïnkarnasie? Ek hoop sy tyd kom baie vinnig nader.
Op die foto lyk dit of ou Robbie klaar in staatsie lê! Die balsem is sommer so blink op die voorkop ingevryf!
Goeie nuus: Hy lyk nie goed nie.
Slegte nuus: Hy lewe nog.
ag damn, nou moet ek die shampagnje toe maak……. ek love Praag se kopskrifte by die gepaste fotos
maar 46664 waqs ook aan die “lewe” creetakilly eel ” on life support looking good….. dalk wag hulle vir die kunstenaars om die tor uit sy oor te haal voordat hulle die aankondiging maak
sorry OPSKRIFTE, nie kopskrifte nie…… isch, hau demmit
Hy sukkel om ‘n lepel in die dak te steek want lyk my die plafon is te hoog. As ons onslae van hom wil raak moet hy sommer na ‘n stroois gevat word waar die dak laag is.
Die dak is gesteel !!
Skaars terug op sy pos, en hy slaap.