Daar was ‘n skerp styging in die aantal sterftes tydens oproerige diensleweringprotes in Suid-Afrika ná 2009. Die opstande word ooglopend deur politieke opportunisme van die veral die DA en EFF gedryf, wat ontevrede voel dat hulle nie al die voordele van mag geniet nie. Die duidelike toename in geweld kom ná president Zuma in 2009 as
Duisende in gevaar met Zim-dam wat wil meegee
‘n Nuwe dam wat gebou word op die Tokwerivier in die Masvingo-gebied van Zimbabwe is besig om te verkrummel weens swaar reën. Water stroom deur die gapings in die onvoltooide damwal. Die Tokwe Mukorsidam moes aan die einde van verlede jaar voltooi word, maar die sperdatum is verby en die konstruksie is nog nie klaar
Beskermd: Bodem 32: Die ultimatum
Daar is geen uittreksel nie want hierdie is ‘n beskermde bydrae.
DA kan nie enkele bron verskaf vir ‘sukses’-bewerings nie
Die DA twiet lustig en onophoudelik oor die party se “suksesse” in die Wes-Kaapse regering. Net so leuenagtig soos die party se plakkate wat lui “Registreer en wen!” asof die verkiesing ‘n lotto is en die party ‘n kans staan om te wen, is die DA se bewerings oor werkskepping. Verklarings oor 60.000 “arbeidsgeleenthede” wat
Lees verder: DA kan nie enkele bron verskaf vir ‘sukses’-bewerings nie
DA-optog verby na geweld uitbreek
Die DA het die witvlag gehys nadat geweld uitgebreek het in Rissikstraat in die middestad van Johannesburg. DA-ondersteuners moes inderhaas teruggelei word na die Westgate-vertrekpunt. Oproermakers wat by die optog wou aansluit is in Rissikstraat met skokgranate afgekeer. Die polisie het ook met rubberkoeëls op ANC-ondersteuners gevuur by Luthulihuis. Duisende DA-lede is Woensdagoggend ingebus vir die
MeerKAT se antennabasisse voltooi
Die finale betonbasis, nommer 64, vir die MeerKAT-teleskoopantennaplan is by die SKA-terrein buite Carnarvon in die Karoo gelê. Byna 5.000 kubieke meter beton en meer as 570 ton staal is gebruik om die fondamente te giet, ‘n projek wat nege maande geneem het om te bou. MeerKAT is die Suid-Afrikaanse voorloper tot die SKA-plan, die
Rooi draad, leë kassie lyk na ‘bom’
’n Rooi draad, ‘n betonpaal met ’n staalhouer wat soos ’n elektrisiteitkassie lyk, het Dinsdagoggend tot chaos in Johannesburg gelei. Lede van die Brixtonse polisie het vroegoggend ’n bomoproep ontvang nalv die verdagte kassie, het lt.kol Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê. Die “bom” by die Egoli Gas-gasdepot in Johannesburg is opgemerk deur ’n verbyganger wat gedink het
Suid-Afrikaanse ekspedisielid dood
‘n Suid-Afrikaanse ekspedisielid van ‘n span na Gough-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan, is oorlede. Johannes Adriaan Hoffman, is Dinsdagoggend tydens sy tweede ekspedisie dood. Zolile Nqayi, ‘n woordvoerder van die departement van omgewingsake het gesê die oorsaak van sy dood word tans ondersoek. Hoffman is dood in sy bed aangetref nadat hy vermoedelik aan braaksel verstik
Hani-telg vlug van Agang-skip
Die dogter van die vermoorde leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Chris Hani en lid van AgangSA, het na Cope oorgeloop. Vanessa Hani, sal ‘n groot aanwins vir die party wees,het Cope se sekretaris-generaal, Lyndall Shope-Mafole, in ‘n verklaring gesê. Hani het gesê dit was ‘n moeilike besluit om AgangSA te verlaat. Dit het
DA wou helms, skerms en skokstokke instuur
Die ANC het aansoek gedoen om ‘n bevel wat die DA sou verhoed om na Luthulihuis op te ruk, nadat dit aan die lig gekom het dat die DA beplan het om ‘n veiligheidsonderneming gewapen met veiligheidshelms en -skerms sowel as skokstokke in te stuur. In die lig van dié openlike provokasie het die ANC
