‘n Nuwe dam wat gebou word op die Tokwerivier in die Masvingo-gebied van Zimbabwe is besig om te verkrummel weens swaar reën.
Water stroom deur die gapings in die onvoltooide damwal.
Die Tokwe Mukorsidam moes aan die einde van verlede jaar voltooi word, maar die sperdatum is verby en die konstruksie is nog nie klaar nie.
Foto’s van die gebied toon water wat deurbreek deur die muur en ‘n groot opbou van water in die reservoir agter die wal.
Sowat 4000 mense word bedreig deur die verkrummeldende damwal.
Volgens die Daily News, is die Zimbabwe-lugmag besig om mense te help ontruim.
Die Minister van die Masvingo-provinsie sê die regering is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas.
‘n Hulporganisasie het tente en komberse beskikbaar gestel.
Namibië het op sy beurt drie helikopters beskikbaar gestel. Zimbabwe het vroeër hulpverlening van 20 miljoen Amerikaanse dollar gevra om duisende mense te verwyder uit die gebied waar damwal dreig om mee te gee.
Zimbabwiese owerhede het tot dusver sowat 36 families uit die gebied verwyder, maar meer as 2000 verkeer in onmiddellike gevaar.
Derduisende mense wat rivieraf woon se lewens word ook bedreig. ‘n Regeringsamptenaar sê 20.000 woon naby die dam en nog 40.000 stroomaf.
Die Zimbabwiese regering sou die kwessie vanmiddag by ‘n kabinetsvergadering in Harare bespreek.

Kan die kabinetsvergadering tog nie ‘n lang ruk duur! ‘n Ontruimingsplan moet mos deeglik bespreek word voordat daar enige ontruiming kan plaasvind, sê my logika.
Breek dam,breek !!!
Swem Tsepo, swem….Tsepo kan nie swem nie!
Nou kan ons vir Mugabe sê: “Your big dam full.”
Dit was nou ‘n SKERP EEN !
BEE kontrakteurs en ingenieurs?
Jy weet dan!
“Made in China?” Wonder maar net. Die buiteland moet nou maar weer geld gee vir die ontruiming – hoe skandalig.
En waaaaaar dink jy gaan die fondse heen???? Net 36 families sover geskuif! O wel die 36 families kan omtrent 4000 wees nê, so hulle is darem amper klaar.
Êrens gelees dat dit Italianers is wat die dam bou. En hulle bou teen die spoed wat hulle betaal word.
Dit is ‘n dodelikke fout vir beton.
Arnie, hulle boumateriaal wat hulle gegee is is seker modder soos die klomp huise bou wat na elke storm inmekaar stort in Oos Kaap, ens.
Maak sin.
Mugabe hoop ook die dam breek. Dan kry hy weer barmhartigheids geld wat hom ‘n bietjie langer gaan laat leef.
Hy voel vere vir daardie dam op sy ouderdom, en toestand.
Is die helikopters nou die wat Nambie van SA gekoop het.Maklike manier om hulle vir altyd in ZIM te land.
Kan dit dalk dieselfde helikopters wees wat nambie van sa “gekoop” het.Maklike manier om dit veraltyd in zim te land.