Midmarswemmer se lyk gevind

Die lyk van die man wat Saterdag gedurende die Midmar-myl in Howick, KwaZulu-Natal, vermis geraak het, is Donderdagmiddag gevind. Geen sigbare besering was aan Thabo van Straten (43) se lyk wat dadelik ‘n leidraad kon verskaf tot die oorsaak van sy dood nie. Van Straten is positief uitgeken aan die resies se registrasiebesonderhede op sy swemklere.

Lees verder: Midmarswemmer se lyk gevind

EU-president boor ‘n aar raak oor Joodse water

Die Israelse media is in rep en roer nadat die president van die Europese parlement Israel se waterbeleid bespreek het. Die president, Martin Schulz, het na die Jode se waterverbruik verwys wat vier keer meer water as die Palestyne kry. “Hoe kan dit wees dat ‘n Israeliese persoon 70 liter water per dag kan gebruik, maar

Lees verder: EU-president boor ‘n aar raak oor Joodse water

Staatsrede fokus op protes, myne

President Jacob Zuma het in sy staatsrede sy kommer uitgespreek oor geweld by protesoptogte. Die president het ook gesê dat meer gedoen moet word om te verseker dat munisipale werkers beter gekwalifiseer is. Hy het gesê werk behoort nie aan onbekwame mense gegee te word nie. Alhoewel die reg om te betoog ‘n demokratiese een is,

Lees verder: Staatsrede fokus op protes, myne

Aanloopbaan by Lanseria gesluit na ongeluk

‘n Aanloopbaan by die Lanseria-lughawe, noord van Johannesburg, moes tydelik gesluit word nadat die wiele van ‘n vliegtuig se onderstel ingevou het. ‘n Woordvoerder vir Lanseria, Claudette Vianello sê daar was vier mense in die vliegtuig, maar niemand is beseer tydens die voorval nie. Sy sê die wiele het voor landing wel uitgekom, maar toe

Lees verder: Aanloopbaan by Lanseria gesluit na ongeluk

Wildbedryf boer vooruit

‘n Belegging in wildboerdery kan dié van eiendom en die Johannesburgse aandele-indeks oortref, sê wildboere. Wildboerdery sal na verwagting in die nabye toekoms die plaaslike boerderybedryf oorheers. ‘n Ekonoom in die wildbedryf, Flippie Cloete, het by ‘n boerdedag op Klippan naby Mahikeng in Noordwes uitgewei oor die ekonomiese lewensvatbaarheid van dié soort boerdery. Cloete sê

Lees verder: Wildbedryf boer vooruit

Internasionale konsertpianis beroof, beseer

Die geroemde en begaafde Afrikanerpianis Ben Schoeman, wenner verskeie internasionale klavierkompetisies, moes van sy konserte afstel nadat sy regterhand beseer is toe hy beroof is. Schoeman moes sy konserte wat in Februarie en Maart in Durban, Stellenbosch en Johannesburg gehou sou word, uitstel, asook konsertverpligtinge in die buiteland. Hy is op 31 Januarie in die

Lees verder: Internasionale konsertpianis beroof, beseer

Paniek toe OR Tambo se ligte uitgaan

OR Tambo Internasionale Lughawe is Dinsdagaand in chaos gedompel toe die aanloopbaanligte die gees gegee het. Talle vliegtuie was gestrand en ander is desnoods toestemming geweier om te land. Die stukkende ligte sal ondersoek word deur die Lughawensmaatskappy SA . Acsa se woordvoerder, Unathi Batyashe-Fillis het gesê die ligte van beide die lughawe se aanloopbane

Lees verder: Paniek toe OR Tambo se ligte uitgaan

Ipsos: Steun vir Zuma lou

Op die vooraand van president Zuma se staatsrede, wanneer hy die parlement in Kaapstad open, het die Ipsos-prestasiebarometer wat die regering, senior ampsdraers elke ses maande gedoen peil, bevind dat steun die die president lou is. Zuma sal waarskynlik is sy staatsrede klem lê op die koers wat die regering na die verkiesing wil neem.

Lees verder: Ipsos: Steun vir Zuma lou

ANC ontken brandstigting by SAKP-huise

Die ANC in die Nelson Mandelabaai Metro het homself gedistansieer van brandstigting by huise wat aan lede van die Kommunisteparty in die KwaLanga-township in Uitenhage behoort. Dit volg nadat die huis van ‘n optogorganiseerder met petrolbomme bestook is, het RSG berig Dit word beskou as ‘n weerwraak-aanval omdat die SAKP onlangse betogings oor grond gelei

Lees verder: ANC ontken brandstigting by SAKP-huise