Aanloopbaan by Lanseria gesluit na ongeluk

lanseria‘n Aanloopbaan by die Lanseria-lughawe, noord van Johannesburg, moes tydelik gesluit word nadat die wiele van ‘n vliegtuig se onderstel ingevou het.

‘n Woordvoerder vir Lanseria, Claudette Vianello sê daar was vier mense in die vliegtuig, maar niemand is beseer tydens die voorval nie.

Sy sê die wiele het voor landing wel uitgekom, maar toe ingevou. Die aanloopbaan was vir 45 minute gesluit, maar is nou weer oopgestel.

Burgerlugvaart sal die voorval ondersoek.

9 thoughts on “Aanloopbaan by Lanseria gesluit na ongeluk”

  1. Ot het weer ‘n nuwe bestuurder. ( Die vorige een is nou ryk genoeg)
    SAA neem nie blankes vir opleiding nie ( Net plek vir swartes wat druip)
    SAA se vliegtuie word swak gediens. ( werktuigkundiges werk elders)
    Ot se ligte is af. ( Nie hulle rekening betaal nie)

    Ot is bankrot. ( Dankie tog !)

Maak 'n opvolg-bydrae