Hani-telg vlug van Agang-skip

Vanessa Hani
Vanessa Hani wys die gat in die romp van AgangSA

Die dogter van die vermoorde leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Chris Hani en lid van AgangSA, het na Cope oorgeloop.

Vanessa Hani, sal ‘n groot aanwins vir die party wees,het Cope se sekretaris-generaal, Lyndall Shope-Mafole, in ‘n verklaring gesê.

Hani het gesê dit was ‘n moeilike besluit om AgangSA te verlaat.

Dit het onlangs bekend geword dat AgangSA vanuit die buiteland befonds word en gedwing word om aan sekere voorskrifte van die geldskieter te voldoen.

Shope-Mafole het gesê Hani se besluit wys Cope se groeiende aantrekkingskrag en dat dit die “enigste alternatief vir die regerende party is”.

Hani het gesê die huidige politieke leierskap kan nie die land “demokraties of verantwoordbaar lei nie”.

Sy het nie kommentaar gelewer op Agang-leier Mamphele Ramphele se onlangse noodlottige politieke manoeuvres om ‘n DA-samemeltingooreenkoms binne vyf dae te laat ineenplof nie.

Apartheid-onderwys was beter, sê Ramphele

Ramphele
Ramphele

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel was baie beter voor die koms van demokrasie, het Agang-leier Mamphela Ramphele Vrydag gesê.

“Die studente van 1976 het gesterf in die geveg teen minderwaardige onderwys, en dit [Onderwys] is erger vandag,” het sy aan studente by die Universiteit van die Witwatersrand gesê.

“Ek het nooit gedink ek sou ooit dit sê nie, maar dit is nog erger.”

Sy het gesê die grootste misdaad wat deur die regering sedert 1994 gepleeg is, was sy rol in die vernietiging van die gehalte van onderwys.

“Die ironie is dat die mense wat die stryd om vryheid laat ontbrand het in 1976, het betoog teen swak opvoeding,” het Ramphele gesê.

” As hulle moes terugkom vandag sal hulle sal dit nie kan glo nie – dat dit wat hulle gehad het en waarteen hulle betoog het, is baie beter as wat ons kinders in 80 persent van skole te kry.”

Ramphele is later gevra deur een van die studente waarom dit die geval is, want daar is meer gegradueerdes sedert 1994.

Sy het haar kommentaar verdedig deur die student te vra om ‘n onlangse verslag oor globale mededingendheid te lees.

“Ons is heeltemal laaste … in ons prestasie in die onderwys. Ons spandeer die grootste deel van regeringsbesteding aan onderwys, meer as enige ander land, met die ergste uitkoms,” het sy gesê.

“Ja, ons het drie keer meer gegradueerdes, maar die gehalte daarvan is die rede waarom mense werkloos is.”