Israel het Dinsdag die huise van twee Palestyne wat na bewering agter verlede jaar se aanvalle was, in puin gelê. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu beloof het om ’n ystervuis teen toenemende onrus in te span. Die verwoesting van die huise kom terwyl Netanyahu onder druk van regse faksies in sy koalisie is,
Air France se baas vlug vir sy werknemers
Air France se direkteur van langafstandvlugte, Pierre Plissonnier moes deur veiligheidspersoneel en polisiebeamptes gehelp word om oor ’n draad te klim om van woedende werknemers te ontsnap. Honderde beswaarde werknemers het die kantore van Air France Maandag tydens ’n vergadering van die sentrale komitee van die organisasie in Roissy-en-France binnegestorm. Air France-KLM het Maandag ’n
Heli-ongeluk eis twee
Twee mense is Dinsdag dood en drie is beseer toe ‘n helikopter by Blouberg in Limpopo neergestort en in vlamme uitgebars het. ER24 se Russel Meiring sê hulle het op die smeulende wrak van die helikopter afgekom sowat 200m van die hospitaal in Bochum. Die provinsiale branddienste het die vlamme geblus. Volgens die polisie was
Brand lê sonneblompersaanleg in puin
‘n Brand wat by Epko, ‘n sonneblomsaad-persaanleg op Lichtenburg ontstaan het, het ‘n gedeelte van die aanleg in puin gelê. Volgens NWK se besturende direkteur, Danie Marais, was daar geen lewensverlies nie. Hy sê ‘n span deskundiges het reeds met ‘n ondersoek begin. Daar was nog nie tyd om die presiese skade van die brand,
SA glo op koers met hernubare energie
Suid-Afrika se hernieubare-energiesektor het meer as 190 miljard rand se beleggings gelok, waarvan bykans 30 persent uit die buiteland kom. Volgens ‘n verslag van die Departement van Energie is Suid-Afrika op koers om sy doelwit van 30 persent van sy energie uit hernieubare bronne te bereik. Die verslag volg te midde van ‘n studie deur
BFLF-lede bestorm Madonsela se kantoor oor ‘gesteelde miljarde’
‘n Groep onder leiding van ‘n voormalige EFF-lid, wat bekendstaan as “Black First Land First” eis dat die Openbare Beskermer ‘n ondersoek bespoedig oor 26 miljard rand wat voor 1994 na bewering by die Reserwebank gesteel is. Die groep het Madonsela se kantoor Dinsdag bestorm en die polisie moes ingryp. ‘n Ondersoek wat die regering
Lees verder: BFLF-lede bestorm Madonsela se kantoor oor ‘gesteelde miljarde’
Kruger-standbeeld weereens met verf beskadig
Die Boerekrygers rondom die Paul Krugerstandbeeld deur Anton van Wouw op Kerkplein in Pretoria, is weereens met verf beskadig. Pretoriase metropolisie was gister op die toneel om ondersoek in te stel. Sedert April toe die beeld vir die eerste keer met verf aangeval is, word dit met ‘n hoë heining beskerm, dog ‘n groot gat
Brief: Universiteit Stellenbosch as akademiese onderneming
Op LitNet is die debat oor die Universiteit Stellenbosch (US) tot dusver hoofsaaklik in Engels gevoer. Ek vind dit eienaardig, nie net omdat LitNet hoofsaalik Afrikaanse teks publiseer nie, maar ook omdat gepoog word om die lot van ‘n eens voortreflike Afrikaanse universiteit met propaganda in veral Engels te beïnvloed. Dié propaganda word by uitstek
Lees verder: Brief: Universiteit Stellenbosch as akademiese onderneming
Leon Lemmer: Danny Titus help die Afrikaanse Taalraad om Afrikaans skeef voor te stel
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) was in die vorige eeu, dus van huis uit sedert sy stigting in 1930, ‘n Afrikanervereniging en daarby spesifiek vir christene. Die Afrikaans wat voorgestaan en aktief bevorder is, was Standaardafrikaans. In die nuwe Suid-Afrika is die ATKV egter getransformeer van ‘n Afrikaner- na eerder ‘n Afrikaanse vereniging; eintlik
Lees verder: Leon Lemmer: Danny Titus help die Afrikaanse Taalraad om Afrikaans skeef voor te stel
Zuma ontmoet visekanseliers vandag
President Jacob Zuma sal vandag die visekanseliers van hoër onderwysinstellings ontmoet om oor verskeie brandende kwessies te praat wat universiteite regoor die land raak. Die vergadering sal op versoek van die Universiteitsraadvoorsittersforum van Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Universiteite plaasvind. Die Presidensie se waarnemende woordvoerder, Bongani Majola, sê die regering sal ook toekomstige planne vir hoëronderwysinstellings in
