Air France se direkteur van langafstandvlugte, Pierre Plissonnier moes deur veiligheidspersoneel en polisiebeamptes gehelp word om oor ’n draad te klim om van woedende werknemers te ontsnap.
Honderde beswaarde werknemers het die kantore van Air France Maandag tydens ’n vergadering van die sentrale komitee van die organisasie in Roissy-en-France binnegestorm.
Air France-KLM het Maandag ’n herstruktureringplan bekend gemaak wat tot die verlies van 2 900 werkgeleenthede sal lei.
Dié stap kom nadat vlieëniers van die sukkelende lugredery geweier het om ’n voorstel vir langer werksure te aanvaar.
