Air France se baas vlug vir sy werknemers

Air France se direkteur van langafstandvlugte, Pierre Plissonnier moes deur veiligheidspersoneel en polisiebeamp­tes gehelp word om oor ’n draad te klim om van woedende werknemers te ontsnap.

Honderde beswaarde werknemers het die kantore van Air France Maandag tydens ’n vergadering van die sentrale komitee van die organisasie in Roissy-en-France binnegestorm.

Air France-KLM het Maandag ’n herstruktureringplan bekend gemaak wat tot die verlies van 2 900 werkgeleenthede sal lei.

Dié stap kom nadat vlieëniers van die sukkelende lugredery geweier het om ’n voorstel vir langer werksure te aanvaar.

One thought on “Air France se baas vlug vir sy werknemers”

  1. Die Franse is van die mense met die kortste werksure soos dit is. Om iets daar gedoen te kry raak onmoontlik met die hoeveelheid mense wat jy moet gebruik om seker te maak daar is kontinuiteit op ‘n projek. Sulke produktiwiteit is nie op die lang termyn volhoubaar nie.
    Die produktiwiteit hier in ons land is egter nog erger en DIT is hoekom ons eknonomie heeltyd agteruitboer.

Maak 'n opvolg-bydrae