Die registrateur van die Appèlhof sê dit is onwaarskynlik dat die ministerie van Justisie se appèl teen die toestaan van parool aan Janusz Walus, voor aanstaande jaar aangehoor sal kan word. Paul Myburgh sê die hofproses sal nou die uitruil van dokumente behels en dit kan maande neem om af te handel. Walus het die
Pastoor wat Zim-wegbly-aksie reël aangekla
Die Zimbabwiese pastoor Evan Mawarire, wat ’n tuisbly-protes teen die regering georganiseer het, het Dinsdag op sy Twitter-blad, Mawarire’s #ThisFlag, aangekondig die polisie het hom aangekla van aanhitsing tot geweld. Hy word ingevolge artikel 35 van die wet ook vir rusverstoring aangekla. Nóg ’n betoging teen pres. Robert Mugabe se bewind word vir vandag en
Amerikaanse soldate na Suid-Soedan
Sowat 40 Amerikaanse spesialemaglede is inderhaas na die VSA se ambassade in Juba, Suid-Soedan, terwyl die land op die rand van nog ‘n burgeroorlog verkeer. Die troepe sal sekuriteit by die ambassade versterk en help om nie-noodpersoneel te ontruim, sê Samantha Reho, ‘n woordvoerder van VS-Afrika-bevel. “Verskeie voertuie uitsluitlik vir gebruik in die beskerming van
RSG-redakteur skielik oorlede
‘n Bulletinredakteur van RSG, Johan Lieb Kriek, is laat gistermiddag in Johannesburg oorlede. Hy was vroeër die dag ongesteld en is na ‘n dokter. Hy het kort daarna aan ‘n hartaanval beswyk. Die 57-jarige Kriek was vroeër in sy loopbaan die uitvoerende regisseur van Monitor/Spektrum. Hy word oorleef deur sy eggenoot, ma en twee broers.
Theresa May knoei haar pad na premierspos oop
Die skielike onttrekking van Andrea Leadsom (foto hierbo) as kandidaat vir die leierskap van die Konserwatiewe Party in Brittanje, is deur die media moontlik gemaak wat haar opmerkings oor ma-wees in ‘n kwade lig gestel het. Haar enigste teenstander, Theresa May, was daarna die enigste kandidaat. As Leadsom nie onttrek het nie, kon die opvolgkwessie
Bernie kom tot Hillary se redding, maar Ginsburg nie
Bernie Sanders het sy steun aan sy Demokratiese opponent, Hillary Clinton, toegesê in die hoop dat hy energie kan verleen aan die veldtog teen die Republikeine se Donald Trump. Hillary se blatante leuens oor die gebruik van ‘n privaat eposbediener is kort voor die onlangse swart onrus deur die FBI ontbloot. In ‘n vorige stryd
Lees verder: Bernie kom tot Hillary se redding, maar Ginsburg nie
Theresa May neem oor van Cameron
Die Britse eerste minister, David Cameron sal vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May (foto hierbo) oorhandig. May is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het. Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende
Bulle van Pamplona maai onder hardlopers
Twee mans wat aan ‘n jaarlikse bulstormloop in Spanje deelgeneem het, is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle gegaffel is. Een het ‘n nekwond en die ander ‘n borswond opgedoen. Die twee het Sondag in Pamplona, Spanje, aan die Sint Fermín-fees in die stad deelgeneem waar daar elke oggend ses bulle vrygelaat
Suid-Soedan: Oliekonflik woed
Minstens 150 soldate van Suid-Soedan is dood in hernude gevegte tussen die weermag en die voormalige rebelle wat lojaal aan visepresident Riek Machar is. Hewige gevegte het Maandag in Suid-Soedan se hoofstad, Juba, gewoed ondanks internasionale beroepe tot kalmte nadat dodelike skermutselinge duisende mense op die vlug laat slaan het. Die jong land se wankelrige
Moslemgemeenskap in Johannesburg geskok oor ISIS-verdagtes
Die inhegtenisneming van vier vermeende ondersteuners van die Islamitiese Staat (ISIS) en die waarskuwing van die Amerikaanse ambassade in Pretoria oor moontlike terreuraanvalle, mag dalk verband hou tot groot skok van die plaaslike Moslemgemeenskap. Amerika en Brittanje het in Junie gewaarsku dat terreuraanvalle by winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad kan voorkom. Die woordvoerder van die
Lees verder: Moslemgemeenskap in Johannesburg geskok oor ISIS-verdagtes
