Theresa May knoei haar pad na premierspos oop

Die skielike onttrekking van Andrea Leadsom (foto hierbo) as kandidaat vir die leierskap van die Konserwatiewe Party in Brittanje, is deur die media moontlik gemaak wat haar opmerkings oor ma-wees in ‘n kwade lig gestel het.

Haar enigste teenstander, Theresa May, was daarna die enigste kandidaat.

As Leadsom nie onttrek het nie, kon die opvolgkwessie tot September geduur het en dit sou die Konserwatiewes meer tyd gegun het om ‘n beter kandidaat as May te stel.

Leadsom was nie opgewasse teen die onverwagse vyandige media-veldtog nadat sy gesê het moederskap gee haar ‘n voorsprong bo die kinderlose May nie.

Andrea Leadsom het aan die Telegraph gesê sy is “siedend kwaad” oor die media-manipulasie en bygevoeg dat Brittanje “regte” ‘n Brexit-kandidaat verdien, iets wat ‘n lang skadu oor May se opregtheid kaats.

In haar uittredetoespraak het Leadsom egter die cliché herhaal dat sy dit in die belang van die land doen, want sakelui het sekerheid nodig ná die Brexit-referendum.

Cameron het Dinsdag as premier in die Britse Laerhuis uitgetree toe hy sy bedanking by die paleis ingedien het. Ná die Brexit-­referendum was die plan dat hy in Oktober sou uittree.

Maandag is May (59) as leier van die Konserwatiewe Partye aangewys nadat sy vroeër glo ook van Boris Johnson ontslae geraak het.

Skindertonge beweer Boris Johnson is op aandrang van May se ondersteuners deur Michael Gove, sy kollega in die Brexit-veldtog, uit die wedloop gedwing.

Gove, wat eers voorgegee het dat hy Johnson steun, het skielik sy eie kandidatuur aangekondig, en gesê hy glo nie Johnson “het die nodige leierskapsvaardighede” om die land te lei nie.

Dit was ‘n deursigtige manier om May se kanse om as premier aangewys te word, te bewerkstellig, aangesien Gove allermins self oor leierseienskappe beskik.

Gove se kanse op bevordering lyk egter nou rooskleurig met May aan die stuur.

“Die land het gestem om die Europese Unie te verlaat en as eerste minister sal ek seker maak dat ons die Europese Unie verlaat,” het May Dinsdag verklaar, maar haar toewyding aan Brexit bly ‘n ope vraag.

Dit is bekend dat May se ondersteuners in die Konserwatiewe Party gekant was teen Brexit en haar kennelik wil inspan om dit in hulle guns te bestuur.

Die druk het Maandag reeds begin opbou dat May ‘n vroeë verkiesing uitroep, maar sy het haar party belowe sy sal dit nie oorweeg nie.

11 thoughts on “Theresa May knoei haar pad na premierspos oop”

  1. Tyd sal leer of die aunti ‘n Ester sal wees of ‘n Isebel…
    Ester die aangenome niggie van Mordegai wat Hamman aan sy eie polities korrekte galg gehang het wat hy vir die Volk gebou het….
    Of Isebel buitelandse vrou van Agab, die afgode godin van die Jode, wat Elia vervolg het. Op die ou end het Jehu haar met sy perde laat doodtrap nadat hy op een dag 2 konings verslaan het. Omdat sy hom verkleineer en beledig het. Haar bloed het teen die mure van die poort gespat en die honde het haar opgevreet dat slegs haar hande, voete en skedel oorgebly het.

    Die mansmense lyk al meer na ouens met groot horlosie en klein piepies en peertjies…newwermaaind na donkies met skatte en skop…

          1. Akiva het die Bybel kode beskryf later Newton… Hebrewse blokkiesraaisel skrif verral die eerste 4 boeke van Moses.
            Ek is ‘n Calvinistiese donkie – ek skop soos ‘n muil. – en dit staan ook iewerster geskrywe op Disquis …

          2. Ja jy sal weet Teoloog Thysh dis jou spesialisveld.
            Jy sal maar Praag aan Naspers moet terug gee Boet…..want hier het jy jou [muishond] gat gesien.

  2. Lyk of die regerende spul nou (Wat Brexit teengestaan het) nou omspring en vinnig die taak self wil verrig – natuurlik as dit goed gaan vat hulle die eer en as dit sleg gaan oorhandig hulle net aan die opposisie en blameer die opposisie.

  3. Aunti May het van al die ou klophingste en koggelramme en Skippers sceamers ontslae geraak in haar kabinet en vroue aangestel. Sys wragtag soos Thatcher [ wie die Marxistiese manlike vakbonde se mag gebreek het deur werkers aandele in die besighede te gee sodat hulle as mede-eienaar nie meer kon staak nie.]
    En soos Merkel maar nie soos Hilarious Cl nie meer soos Trump nogal – want sy lyk eerlik en opreg.
    Tot dusvêr so met die afskop van die wedstryd.
    Jeremia 31 vs 15 – 22 lw 22

Maak 'n opvolg-bydrae