‘n Man is in Ennerdale suid van Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n student aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), het die polisie Vrydag gesê. Die 18-jarige swart verdagte was na bewering in besit van die ontvoerde student se gesteelde motor, aldus konstabel Elizabeth Mnguni. Die 23-jarige wit UJ-student is
VSA verskerp pogings om Egipte-krisis op te los
Internasionale diplomatieke pogings word verskerp om die politieke krisis in Egipte op te los. Die Amerikaanse adjunkminister van Buitelandse Sake, William Burns het weer sy besoek aan Egipte verleng sodat hy verdere samesprekings met albei kante in die konflik kan hou. Die Moslem Broederskap hou vol dat die afgesette president Mohamed Morsi weer aangestel word.
Lees verder: VSA verskerp pogings om Egipte-krisis op te los
Zanu-PF-oorwinning: Wit en swart reaksies
Polisielede, toegerus met outomatiese gewere, het in Zimbabwe bykomende padblokkades in Harare opgerig en beman te midde van onsekerheid oor die opposisie MDC se aanklag dat die pasafgelope verkiesing ‘n klug is en dat Zanu-PF die verkiesing gesteel het. Dié stap volg ook na ‘n oproep van geestelike leiers dat mense vir vrede moet bid
Klag teen Mogoeng kom
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal na verwagting vandeesweek ‘n amptelike klag ontvang waarin hoofregter Mogoeng Mogoeng se kop geëis word. Dit is die jongste verwikkeling in die geskil rondom verandering aan die regbank en hoe die Regterlike Dienskommissie aanbevelings maak vir die aanstelling van regters. Vrae is gevra oor die aanbevelings wat vroue regters betref
Brandstigting ondersoek na 4 sterf
‘n Saak van brandstigting word deur die polisie ondersoek nadat ‘n brand in die Johannesburgse middestad die lewens van drie volwassenes en ‘n baba geëis het. Die brand het in die Cape York-gebou uitgebreek, toe ‘n petrolbom in ‘n woonstel geslinger is, nadat ‘n stryery tussen ‘n man en vrou ontstaan het. Niemand is nog
Pretoriase reeksmoordenaar steeds op vrye voet
‘n Vermeende reeksmoordenaar en -verkragter is in Pretoria op vrye voet. Die verdagte word reeds positief met vier moorde verbind. Altesaam 14 moorde in Sunnyside, Villeria en Mamelodi word ondersoek aangesien dieselfde metodes gebruik is. Die polisiekommissaris, Riah Phiyega, het gister ‘n spesiale span speurders aangestel om die moordenaar te soek. Die span sluit lede
Wapenskandaal-ondersoek open
Die langverwagte Kommissie van Ondersoek na strategiese verdedigingsaankope begin vandag in Pretoria met sy openbare sittings. President Jacob Zuma het in 2011 die kommissie aangestel ná oproepe deur opposisiepartye dat bewerings van bedrog en korrupsie ondersoek word. Die kommissie het egter verskeie terugslae beleef met die bedanking van sleutelpersoneellede. Een van die kommissarisse, regter Francis
Die kopdoek as bevrydingsimbool
deur Skoppensboer [followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Die gemiddelde ousie het een, Winnie Mandela het een, Mamphela Ramphele het een, Piet Croucamp het een en omtrent die hele Naspers-direksie dra hulle ook. Nee, nie ‘n Louis Vuitton-handsak of Chinese namaaksel daarvan nie, maar ‘n kopdoek. Boonop staan die nuwe Suid-Afrikaanse vlag in die volksmond bekend
Pak slae tuis dalk onwettig
Die minister van maatskaplike ontwikkeling het glo gesê ouers moet hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie hul eie kinders eindelik doodmaak nie. ’n Nuwe wetsontwerp kan dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis ’n pak slae te gee. Bathabile Dlamini, die minister van
Swazi-hoofman verbied minirompe en broeke vir vroue
‘n Swazi-hoofman het vroue verbied om minirompe en broeke te dra tydens ‘n tweedaagse nominasieproses wat gister begin het kandidate vir die voorgenome verkiesing aan te wys. “Ek het onlangs aan die inwoners gesê dat hulle môre behoorlik moet aantrek, ordentlik soos ons gebruik is, om respek te betoon,” het prins Mashila van Maphalaleni, ‘n
Lees verder: Swazi-hoofman verbied minirompe en broeke vir vroue
