UJ-ontvoerder gevang

ujkampus‘n Man is in Ennerdale suid van Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n student aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), het die polisie Vrydag gesê.

Die 18-jarige swart verdagte was na bewering in besit van die ontvoerde student se gesteelde motor, aldus konstabel Elizabeth Mnguni.

Die 23-jarige wit UJ-student is Donderdagoggend omstreeks 09:00 deur ‘n gewapende man ontvoer terwyl sy besig was om haar motor by die kampus te parkeer.

Hy het ‘n vuurwapen op haar gerig en aan haar gesê om oor te skuif na die passasiersitplek.

Die man het die kampusterrein verlaat en na ‘n afgeleë parkeerterrein gery, waar hy haar hande vasgebind en haar in die kattebak van die motor ingeboender het.

Hy het toe na ‘n outomatiese tellermasjien gery.

“Sy sê sy het die PIN-kode aan hom gegee, want hy het gedreig om haar aan te rand indien sy dit nie doen nie,” het Mnguni gesê.

Die man het haar toe in Eldorado Park afgelaai, waar sy later gevind is.

Prof. Derek van der Merwe, UJ se visekanselier vir strategiese dienste, het gesê die universiteit het met die student gepraat.

“Ons het met haar gesels om soveel moontlik inligting te probeer kry en haar te ondersteun. Duidelik was hierdie ‘n traumatiese voorval en die universiteit sal berading aanbied vir haar én haar familie,” het hy gesê.

Van der Merwe het gesê die universiteit gee tans hul volle samewerking aan die polisie. – Sapa

9 thoughts on “UJ-ontvoerder gevang”

    1. Willy ongelukkig kan enige persoon by die universiteite in en uitgaan soos hulle wil, dit is die maklikste ding op aarde. Hierdie dinge sal nie stop nie. Vroue, ou mense en kinders is maklike teikens. Ek dink hierdie vrou is van die gelukkiges wat nie verkrag of vermoor is nie. Sterkte aan haar.

    1. Goeie more Riempies, wat ‘n treurige dag in die “Nuwe Verbeterde Suid-Afrika” as mens moet sê, “dankie, ek is nie vermoor nie” !
      Nietemin, mens is uiteraard dankbaar die drek, (ek kan hom nie ‘n mens noem nie) is gevang, en is dit nie skokkend hoe hierdie gedrag meer en meer voor kom onder die jeug nie.

      1. Goeiemore Trippie en baie welkom hier – Ja Suid
        Afrika is nou finaal oppad na sy totale ineenstorting my eerlike mening is dat die onvermydelike nie ver is nie, en met die gebrek aan doelgerigte leierskap is ons Afrikaners beslis net op ons self aangewese.
        My idee is dat ons maar so gou moontlik moet begin kantonne stig self arbeidsaam moet self onderhoudend moet word. Werkverskaffing is die strekpleister en toegang vir die bose, die weerhouding van werk is gewoonlik ook die katalisator vir veiligheid, soos Seg Net dit reeds besef het en toegepas het.
        Trippie ek merk by jou kommentaar dat die gesplete persoonlikheid nou net hom waarskynlik gaan toespits op afduimpies omdat hy beperkinge begin besef 😉

        1. Baie dankie vir die verwelkoming.
          Riempies, met verwysing na jou laaste sin re afduimpie(s). Hierdie patroon het homself herhaal op Nuus24 se forums, ek steur my hoegenaamd NIE daaraan nie, tensy die persoon / persone openlik van my verskil en aandui waarom hy / sy van my kommentaar verskil.

          1. Dag seg Trip moet jou glad nie daaraan steur nie. Ek weet wie daardie mens is of is 99% seker. Dink net bietjie en jy sal weet. Waar kan ek jou kontak? Stuur dit na segnet01@gmail.com

Maak 'n opvolg-bydrae