Bomplanter McBride se pa sê ‘wittes’ is teen hom

Bomplanter Robert McBride is die regte man vir die pos het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor gesê na McBride se benoeming as nuwe hoof van die polisie-ondersoekdirektoraat (Opod). McBride se rol in die Magoo’s Bar-bomaanval in 1986 in Durban waarin drie wit vroue gesterf en 69 mense beseer is, is bekend. McBride is in 1986

Lees verder: Bomplanter McBride se pa sê ‘wittes’ is teen hom

Forensiese span ondersoek Krejcir-ontploffing

Die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir wou nie Woensdag kommentaar lewer nie nadat twee mense in ’n bomontploffing by sy onderneming in Bedfordview gesterf het. “Jammer, ek praat nie met die media nie,” het hy telefonies aan Sapa gesê. Die polisie fynkam steeds die toneel van die ontploffing, waarin vyf mense ook gewond is. Die

Lees verder: Forensiese span ondersoek Krejcir-ontploffing

SA verkies tot VN se Menseregteraad

Suid-Afrika is verkies tot die Verenigde Nasies se Menseregteraad. Veertien lede word verkies om ‘n driejaartermyn te dien. Hulle word deur die 193 lede van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York aangewys. Van die lande wat verkies is tot die Raad, soos Kuba en Saudi-Arabië, het twyfelagtige menseregterekords. Suid-Afrika sluit by Namibië,

Lees verder: SA verkies tot VN se Menseregteraad

Twee plaasaanvalle in Noordwes

Die polisie op Wolmaranstad in Noordwes ondersoek twee plaasaanvalle in die omgewing. ‘n Vyftigjarige op die plaas Doringhoek is na bewering deur vier verdagtes in sy huis aangeval. Daar word beweer dat hulle hom daarna geboei en met kookwater gebrand het. Die verdagtes het daarna na bewering 20 diamante van sowat R600 000 gesteel, sowel

Lees verder: Twee plaasaanvalle in Noordwes

Mafiabaas soek na ontploffing by winkelsentrum

Dit is steeds nie duidelik waar die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir is nie, na ‘n ontploffing by ‘n winkel wat aan hom behoort in Bedfordview oos van Johannesburg. Twee mense is in die ontploffing naby die Eastgate-winkelsentrum dood, drie mense is in ‘n kritieke toestand en twee het geringe beserings opgedoen. ‘n Polisiewoordvoerder, Neville Malila

Lees verder: Mafiabaas soek na ontploffing by winkelsentrum

Groot aanlynkuberaanval in Londen gesimuleer

‘n Kuberaanval deur ‘n buitelandse regering op die finansiële markte is Dinsdag in een van Londen se historiese geboue gesimuleer tydens ‘n “oorlogspel” om die Stad se verdediging te toets teen aanlynsaboteurs . Sowat 100 bankiers, reguleerders, staatsamptenare en die markte se  infrastruktuurverskaffers het byeengekom om deel te neem in ‘n oefening genaamd “Waking Shark

Lees verder: Groot aanlynkuberaanval in Londen gesimuleer

Egipte spoor gesteelde antieke artefakte in Jerusalem op

Egipte het Sondag gesê dat 90 antieke artefakte is in Jerusalem opgespoor by ‘n veiling, en het gevra dat Israel ander oudhede terugvind en aan Kaïro terugbesorg. Die Ministerie van oudhede het gesê hulle het die Israeliese owerhede versoek om in te gryp nadat daar die “afgelope weke 110 antieke Egiptiese artefakte op die webwerf

Lees verder: Egipte spoor gesteelde antieke artefakte in Jerusalem op

Stuxnet het waarskynlik nog kernraanlegte besmet

Sekuriteitskenners het gewaarsku die berugte Stuxnetvirus waarskynlik verskeie kernfasiliteite buite Rusland en Iran besmet het. Kundiges sê die aard van Stuxnet beteken dat kernaanlegte kwesbaar is vir die virus. Die Internetsekuriteitsdeskundige Eugene Kaspersky beweer ten minste een Russiese kernsentrale is reeds besmet. “[Die lid van die personeel het aan ons gesê] hul kernkragsentrale se netwerk,

Lees verder: Stuxnet het waarskynlik nog kernraanlegte besmet

DRK-vredesooreenkoms in die weegskaal

‘n Vredesooreenkoms tussen die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo en M23 rebelle is in die weegskaal, nadat ‘n finale ooreenkoms nie bereik kon word nie. Die sogenaamde Kampala Dialoog moes gisteraand afgesluit word, en die ondertekeningseremonie sou Maandag plaasvind. Daar is blykbaar ‘n verskil oor of die ooreenkoms ‘n vredesooreenkoms moet wees

Lees verder: DRK-vredesooreenkoms in die weegskaal

Studente oorleef gewapende roof

‘n 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy studente in Johannesburg beroof het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê. Die man is Maandag aangekeer nadat hy ‘n 19-jarige man en sy vriend beroof het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê. Mbele het gesê die man het die vriende met ‘n vuurwapen gedreig en

Lees verder: Studente oorleef gewapende roof