Mafiabaas soek na ontploffing by winkelsentrum

radovanDit is steeds nie duidelik waar die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir is nie, na ‘n ontploffing by ‘n winkel wat aan hom behoort in Bedfordview oos van Johannesburg.

Twee mense is in die ontploffing naby die Eastgate-winkelsentrum dood, drie mense is in ‘n kritieke toestand en twee het geringe beserings opgedoen.

‘n Polisiewoordvoerder, Neville Malila sê dit is onduidelik wat die rede vir die ontploffing was.

Volgens Malila is dit nog te vroeg in die ondersoek om enige moontlikhede uit te sluit.

Forensiese kenners van die polisie en die bomeenheid het Dinsdagaand die toneel van die ontploffing gefynkam.

Radovan Krejcir het aangekom het in die land van die Seychelle in 2007 op ‘n vals paspoort, vermom, met die naam Egbert Jules Savey. Hy is daarna in hegtenis geneem op ‘n Interpol se rooikennisgewing.

In sy aansoek om borgtog in die Kempton Parkse landdroshof, het hy beweer hy is vervolg en gemartel in sy eie land, waar hy die slagoffer van ‘n politieke sameswering was.

Die oorsaak was glo Krejcir se finansiële steun aan die Tsjeggiese Sosiale Demokratiese Party kandidaat Stanislav Gross.

In ruil is Krejcir beheer van ‘n staatsbeheerde petroleum maatskappy belowe, maar die ooreenkoms is nie nagekom nie.

Krejcir beweer hy is onregmatig in hegtenis geneem, aangehou en gemartel deur die Tsjeggiese regering. Terwyl hy in aanhouding wask, is sy pa Lambert ontvoer en vermoor. Sy liggaam is nooit gevind nie.

Krejcir is ‘n ware held in sy eie land omdat hy in 2005 daarin geslaag het om die polisie te ontglip tydens ‘n sesuur-lange soektog by sy huis.

Tsjeggiese owerhede ontken Krejcir se bewerings van ‘n sameswering botweg en sê hy is ‘n krimineel en ‘n voortvlugtige van die gereg op aanklagte van sameswering tot moord, belastingontduiking, afpersing en ontvoering .

Hy is ook skuldig bevind in absentia op aanklagte van belastingbedrog.

Hy beweer Suid-Afrika het “die beste grondwet in die wêreld”. Sedert sy aankoms hier, het Krejcir van uit die polisieselle in Kempton Park na ‘n man van invloed, aansienlike middele en mag gevorder.

Die 44-jarige word eufemisties ‘n “sakeman” genoem, maar niemand is regtig heeltemal seker wat hy doen vir ‘n lewe nie.

Die Valke het selfs skouspelagtig sy buurman se muur omgejaag in 2011 in ‘n mislukte poging om Krejcir, wat gaan wegkruip het vir drie dae, in hegtenis te neem .

Ten minste sewe van sy kollegas is vermoor, maar hy kon met geen van die moorde verbind word nie. Dit is ook ten spyte van ‘n private ondersoeker Paul O’Sullivan se beste pogings om ‘n saak teen hom te bou.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID ) is ook nog besig met ‘n massiewe ondersoek na Krejcir se belastingsake.

Met die liggame wat ophoop en die polisie se versuim om enige betekenisvolle deurbrake in enige van die gevalle te maak, bly Krejcir ‘n vry man in Suid-Afrika as ‘n vlugteling .

Die mees sensasionele geval was die aanslag op sy lewe in Julie vanjaar, toe 12 geweerlope uit die nommerplaat van ‘n rooi VW Polo te voorskyn gekom het en op hom losgebrand het deur afstandbeheer voor die motortjie self ontplof het.

172 thoughts on “Mafiabaas soek na ontploffing by winkelsentrum”

    1. More Gawie. Ek het vanoggend gehoor dat Mike Bolhuis met hom in verbinding was voor en na die ontploffing – die man is glo “geruk” deur die gebeure.

      Hoe de ongeluk is dit dat niemand hom kan opspoor nie, of WIL hulle hom net nie vind nie ?

          1. Rooikop ek het ook daaraan gedink as n sterk moontlikheid – inaggenome dat geen van die Naspers koerante probleme gehad het nie.

          2. Wag … iemand is OF kwaad omdat ek JAVR gewaar het, OF oorlat ek Andrea mis, OF die “DOS”-ou self.

          3. dis die dude wat homself op die rooi plein gespyker het, hy soek eintlik n duim om op te sit, sy duimpie pla hom, net nog n Lib aanval..ignore

          4. Stuur vir die arme siel ‘n “crow bar”. Hoop nie sy eiers het daaronder deurgeloop nie.

      1. Goeiemore Trippie –

        Jip moontlik wil hy net nie nou al gevind wees nie. Mike Bolhuis is dalk net die regte ou om die Nkandla storie saam met die thihng thong thaih buurman se aandeel aan die debakel te koppel en in die ope te
        bring.

  1. Die man is n gevaar vir die omgewing en onskuldige mense.
    Kloof straat in Bedfordview waar die rampokker bly is nou n bekende plek vir ryk skelms.
    Ek en my vrou was vasgevang in die eerste klopjag oppad terug van die vearts daar naby die mafia baas se huis (die tyd toe slim CIU die verkeerde huis geslaan het)
    Dit was onaangenaam en n mors van tyd, ons kon nie voorentoe of agtertoe nie.
    Sy Leb byddie is n kilometer van sy huis af geskiet, vroeg een oggend, in die openbaar.
    Ons het n veilge hawe geword vir die wereld se gemors.

      1. die kloein bog hang in die restaurante rond in Bedfordcentre.
        n paar maande gelede het drie swartpolisiemanne hom kom arresteer in n Griekse restaurant, sy lyfwagte het die polisie verjaag., n uur later daag twee Boere, polisie manne op en se vir hom om saam te kom, die keuse was syne, kom saam of sterf hier….. hy en sy lyfwagte het druipstert saam met die twee taakmag lede geloop.
        Hy het advokate en polisie in sy sak.

  2. Suid Afrika: die paradys vir moordenaars, skurke, dwelbase, kinder-handelaars, prostitute en elke ander denkbare krimineel. Sakeman? My agterent! Krimineel, deur en deur. Hoe gaan van tronksel tot multi-miljoener in 3 jaar? Of jy word politikus in SA, of jy verkoop dwelms. Eenvoudig! My land is ‘n riool deurdrenkte, skurk deurtrapte, bankrok gesteelde, swart gemors!

          1. Hier’s vir jou ook ‘n dwis met Gary Player tie shoe kies … het enetjie gesteel dan kan ons lekker laaaaang krokodil-trane stort.

          2. “dwis”, nee man, ek het niks gese van Sloet nie, die golfballetjie moet jy vir die ou op die rooiplein gee, dink syne nog vasgespyker daar. maat die shoe kies kan ek beslis gebruik he he he dankie

          3. Eric, dis tog soveel aangenamer om tussendeur te skerts (al staan dit andere nie aan nie) en goeie verhoudinge hier met mekaar op Praag te hê, as ‘n suur pruim, of anders gestel, mense met 4X4 bar wange ! Dink jy nie so nie ? Die lewe is te kort om alles te ernstig op te neem – tyd vir alles.

          4. ek kan huil oor die politieke probleme in die land of ek kan lag saam met die sotte (ek is een)
            Dink net hoeveel werk is dit vir die libs om afduime te gooi
            Willy is stil, dink die kat het hom ingesluk

          5. Eric, you’ve got a way with words … (ek verwys nou nie na Shania Twain se “You’ve got a way” lirieke nie) ! lOl

          6. Die mooiste song was Suspicious minds van Elvis, en dit het boggerol met jou comment hier te doen

          7. Ericcccccc – ‘n glimlag pluk hier aan my mondhoeke, en toe lag ek lekker ! Herhaal my repliek hierbo – you’ve got a way with words !

          8. En hierdie het alles met jou kommentaar uit te waai. Ver in die ou kalahari is die mooiste lied en plek

          9. Eric ek stem 110% met jou saam. Daar is ‘n tyd vir alles. Jy sal sien ek deel nie duime uit nie, maar ek moet vir jou een gee. As ons die dag kan saam lag en grappe maak sonder om iemand te beledig of slegte wense oor iemand uit te spreek, met siektes te spot ens ens. en ernstig te raak oor iets wat ons as Afrikaners raak saam staan is daar hoop.

          10. Hallllooooo Eric. Ja ek mis die katte. Hierdie naweek is ek tussen hulle, sal eers volgende week Woensdag terug wees!!! Was vir ‘n hele ruk uit nou terug in volle swang. A man’s got to do, what a man’s got to do word daar gese.

          11. Ai Willy ek het jou meer as ‘n regverdig kans gegee om my te kontak. Doen dit op my e-ops voordat ek verder gaan.

          12. Jy kan verder gaan!! Jy het mos gese jy het my adres afgehaal by jou. Nou hoe praat jy nou? Ek kan geen “e-ops” van jou kry nie want ek het jou “e-ops” adres geregistreer as spam.

          13. Willie ek het dit deur ‘n ander e-pos gestuur wat jy nie as spam geregistreer het nie aangesien dit nuut is. Inteendeel op twee ander alternatiewe adresse.
            Hier is my e-pos adres
            gawie1maritz@gmail.com

          14. Maar Gawie staan by jou woord! Jy het op hierdie forum gese ek moet niks vir jou stuur nie. Ek het net vir jou geantwoord op jou e-posse wat jy gestuur het en dan het jy ‘n helse boehaai opgeskop op hierdie forum om seker aandag te trek. Jy kan uitdeel maar boeta ontvang kan jy in jou lewe nie.
            Ek is nie bereid om in ‘n lang uitgerekte relaas met jou betrokke te wees nie.

          15. Willy geen kwade gevoelens, geen lang relaas op die forum. Kontak my en ek BELOWE geen onsmaaklikhede. Ons is albei volwasse. Daar sak NIKS van genoem word op die forum nie BELOFTE.

          16. Ek sien dat daar geskimp word dat ek die afduime gegee het in my tydelike afwesigheid vanoggend op die forums. Waar is die kommentare gelaat dat ek jou wys hoe lyk afduime?!

          17. Willy waarvan praat jy my vriend. Ons is almal in ‘n goeie bui, jy is welkom om aan te sluit en deel te word van die gesprek. Net nie weer beledigings nie. Onthou om my te kontak

          18. Gawie, ek het netnou gelees jy verwys na ‘n gespottery met die groot “K” ? Waar is dit nou ? Ek het as volg geantwoord :

            Gawie, jy weet, ek wil dit nie hier noem nie, dan lyk dit of mens simpatie / empatie soek – ek self is in twee agtereenvolgende jare met verskillende kankers gediagnoseer, en ek is ook ten volle bewus daarvan dat Daniel Maartens ook met kanker gediagnoseer is – ek merk jy verwys na hom !

            Al wat ek byvoeg is “GOD SLAAP NIE” !

            NS: En ek is DIEP DANKBAAR om te kan byvoeg – ek is nou reeds 4 jaar in remissie !
            ALLE EER AAN MY SKEPPER !

          19. Jou emosionele onstabiliteit werk nie met my nie. Die persoonlike aanvalle deur jou helde teen forum-gebruikers was veel erger.

          20. Willy kan ons nie maar die persoonlike aanvalle op mekaar los nie
            Dit is nog net jy wat daarmee aanhou

          21. Ek plaas weer my kommentaar. Jou emosinele onstabiliteit werk nie met my nie. Jou helde se karakter aanvalle op mede forum gebruikers was en is veel erger.

          22. daar is n e-boek uit “Cure for all dieases” selfs kanker, vriendin van my het lewer kanker gehad, begin bloei by elke opening op haar laste, dit was 7 jaar gelede, sy tenvolle genees, nie eers remissie nie.
            Die newe effekte van Chemo is?…..Kanker.
            Doit is n 12 Triljoen dollar industrie in VSA, hulle sal dit nie stop nie, die “cure” is goedkoop en natuurlik, soos wat die Skepper dit wou gehad het.
            Laat my weet dan stuur ek die link

            groete

          23. Eric plaas asb. die link hier,ek het ook ‘n vriend wat verlede week uitgevind het van die Groot K

            Glo baie ander sal ook daarin belang stel

          24. mail my jou e-pos, die probleem is om die mense weg te kry van die “chemo” dit klink so goed, gaan lees op oor die newe effekte dis om van dood te gaan (letterlik)

          25. Nee Eric, ek glo regtig Chemo is net die stadige manier om jou dood te kry! Dit help in my oë glad nie.

          26. Dankie vir die inligting Eric !

            Stuur gerus die link. Ek deel dit ook graag met kanker-lyers, en diegene soos ek, wat nie daarvan bewus is nie.

            Byvoorbaat dankie.

          27. Nou-ja, na die onaangenaamheid op die blad – waaroor kan ons nou weer lag ? Hehehe !

            Praat ek nogal met myself ook.

          28. More Eric! Dit klink baie goed! Ek kan ook doen met die link. Ek sal dit by Trippie kry. Hoor jy Trips???? asb!

          29. Ek plaas weer my kommentaar en hoop dit staan. Jou emosionele onstabiliteit staan my nie aan nie. Jou helde se kommentare was erger teen my as wat myne was teen daai een wat die K het.
            So live with it!

          30. Kom nou ou fris bulletjie. As kenner op die gebied van sielkunde is daar beter hoop vir heling as om by n pseudo jam-blik weight lifter kers te wil opsteek? Allermins n psigiatriese opinie te wil waag.
            Do what you do best. PUMP THOSE FLABBY ARMS and keep on smiling when you look so chuffed with yourself looking in the mirror.

          31. Willy Doen nou soos Gawie jou gevra het en stuur die e-pos sodat al hierdie onaangenaamheid op die forum kan einde kry.
            Ons verwag ook dat jy vir Daniel omverskoning moet vra.

          32. En hy vir my? En jy vir my? Hoe redeneer jy nou.?Jy het ook lekker meegemaak om onwaarhede teen my te verkondig. Toe begin! Ek wag!

          33. Willy watter onwaarhede het ek van jou vertel? Ek het jou slegs gespot oor die anaboliese steroids.

          34. Presies!! En nog daardie Maartens karakter in sy kwaad gestook. En toe sê ek dit, nou is daar ‘n getjankery van die eerste waters!
            Hierdie was gese uit ‘n lang aanloop teen my. Ek voel geensins skuldig nie want daar was probeer om my karakter hoeveel keer aan te val en erger wat ek gese het! En die inligting wat Gawie van my gehad het moes hy by iemand gekry het. Ek is seker ek weet by wie want my persoonlike lewe is glad nie op die internet nie net my sport.

          35. Beslis NIE by my nie Willy. Ek ken jou nie eers nie. Jy is ook nie ‘n FB vriend van my nie. Ek het jou my hand aangebied en as jy dit nie wil vat nie is dit JOU probleem.
            Dus sluit ek af met……vaarwel Willy…

          36. Is jy sarkasties? Gaan kyk my kommentaar bo, aan jou.
            As jy wil afsluit met my dit sal niks aan my maak nie.

          37. Jy is laat Willy, hierdie kommentaar van my is al geskryf voor jy my verskoning aanvaar het. 🙂

          38. Te oulik Evita ! Dankie vir die link. Dalk het sy moeder ‘n paar sanglesse nodig sodat sy nie die outjie na trane dryf nie.

          39. Izzzit Roids-besmet ? Verklaar dan die indringendheid van agteraf SMS’se om jou hoogheidswaan tot godsgelykheid te verhef.
            You aint’t right in the nutter.

          40. Willie asb Hierdie mense het niks daarmee te doen nie. Ek sal vir jou per e-pos verduidelik. Kom ons los nou alle persoonlike vetes, beskuldigings ens. o die forum en doen dit per e-pos indien dit dan gesê moet word?

          41. Nou maar dan vra ek jou omverskoning vir wat ek ookal teenoor jou kwytgeraak het. Jammer Willy.

          42. Dan wat ? Ontploffing = Roids = Vrouverlating = Eensaamheid = Dumb Bells = Kompetisie met arachnidas.

          43. Tree nie as my spreekbuis op nie. Staan n beter kans met Bobbit Mc Bribe. ( affie van my )

          44. Willy as ek my oopmaak vir kritiek moet ek dit ook kan vat. So ook enige persoon op die forum. Ek het op ‘n ander berig gesê ons moet die modder gooi en oor en weer beskuldigings los en Praag op bou. Kom ons doen dit almal. Indien ek jou of vir wat dit werd is enige persoon te na gekom het bied ek weer eens my verskoning aan jou en die ander forum lesers aan.
            So Willy word die verskoning aanvaar en kan ons voortgaan soos groot volwasse mense?

          45. Ek aanvaar jou verskoning Gawie en ek bied ook my verskoning aan as ek iemand te nagekom het. En ek verwag dat ander my ook sal omverskoning sal vra.

          46. Nee magtig mense dit is nie n roomskatolieke
            biegkamer hierdie nie, gaan versuip julle gewetens en egos sommer in die naaste
            dam en kom terug as normale kommentators. Julle ontwrig alles hier met julle
            bakleiery en gebiegery en snertery of is dit eintlik julle plan om Praag te
            ontwrig? Ek sweer as ek nog een van julle abnormale gedrag moet verduur kry ek n
            oorval.

          47. Leana is dit al wat vir julle van belang is
            julleself met geen konsiderasie vir ander nie? Julle kom gister hier aan en
            probeer die standaard verander soos dit julle pas, druk gesprekke dood oor
            onderwerpe waaraan skrywers baie tyd spandeer het om te skryf. Sulke disrespek
            is niks minder as swak maniere nie. Jou arrogante opmerking getuig daarvan. Ek
            twyfel of julle dit gaan regkry om die normale gesindheid op Praag werklik
            permanent te ontspoor my voorstel is pas aan of pas uit.

          48. Gas hou asseblief u arrogansie asook u disrespek aan ander in toom. Ons het ‘n reg hier net soos u.
            Bly by die berig en hou op om ons onderskeie kommentare te lees en te kritiseer.
            Mag ek vra of u al ‘n donasie aan Praag geskenk het?
            Totsiens

          49. Reg so. Animal Farm van George Orwell stipuleer synde ek R5 meer bygedra as u – dit beteken u in die kombuis sal bly en vir Willy J Roidston n koppie Milo ( steroiede-vry ) sal aanmaak tot sy vloermoer tot bedaring gekom het.

          50. Gas of iemand nou van Praag se ontstaan of die eerste keer op die forum is, het almal dieselfde regte. Ek dink hierdie hele onsmaaklikheid wat die afgelope tyd op Praag sal na hierdie gesprekke tot n end kom. Dit was egter nodig om dinge weer normaal te kry. So jammer vir die ongerief. Vorentoe kan hierdie mense wat net gister hier aangekom het moontlik die ondergang of toemaak van Praag keer. Dankie vir almal se geduld.

          51. Gas-a-tack.
            Ek’s een van die trekswaels van Positano. Dat hierdie webwerf n herhaling sou word van egoiste wat met gewigte yo-yo wil speel ten einde ander te wil beindruk – is twak. My bydrae aan PRAAG was mildelik geoffer aan die verwagting van n teenprestasie ( id est ) my denke in goeie debat, te wou stimuleer.
            Om prentjies te sien van ou ooms wat groot katjies se koppe streel was nooit deel van die groter prentjie nie. Nog meer so oor agteraf SMS’se hul ongevraagde weg na my gevind het in die hoop ek reeds n uitermate verhewe ego verder moes ” op pomp”. Ek was nie daarvoor te vinde nie. Vandaar hierdie smet-nes van kwetsende kindertuin en vloermoeragtige gedrag.
            Ek doen aan die hand : Identifiseer die lot wie geen urge openbaar om n wesenlike oplossing te bied oor waarom my dogter haar al vir 10-jaar in Bahrain bevind nie – en te hel met die lot wat hier hul koppietjie wil kom skuur om beter oor hulself te voel, bloot omdat hul wederhelf die hasepad gekies het.

          52. Lyk my die een wat my die afduime gegee het se moed het hom of HAAR ( wat ek baie seker oor is) ewe skielik begewe!
            Gee hom boetie / SUSSIE, dit doen niks aan my nie.

          53. Okei. Ek is nie een wat sommer kwaad word, aggressief is, het baie geduld en baie baie rustig maar hierdie was ‘n lang aanloop. Op die oomblik kook ek nog. Sal nou nou afkalm.

          54. Jy weet van beter. Hy mis n ieletjies van ouds wie daai brose ego n hupstoot van 50+ oppies op n slag kon gee.

          55. Roidstone. Probeer ” om verskoning ” en ek mag dit skalks oorweeg. Verder is als Hunkey Dorey

          1. Boetie vir n man wat so lank gevat het om vrou te
            vat is jy baie parmantig met jou genadige skoonma wat vir jou ja gese het.

          2. bwha ha ha ha skuus ma, is jou besem wat ek vir jou gekoop het nog reg? vlieg hy nog?, ons moet iets doen aan dai swartpunt hoed van ma……. nee ek eintlik baie lief vir my skooonma…..ek moet wees, sy het n plaas..

          3. Nee Boetie ma is doodtevrede met die hoed en die
            besem en ook so op n manier vir jou lief want ma sien jy is darrem baie goed vir
            my kind en die kleinkind maar die plaas moet jy nog eers verdien of hy gaan na
            die nageslag!

          1. Jy bedoel so om die manier van “my rug beskerm” – terwyl die ander voltyds hulle rue moet dophou, so voor die verkiesing?

            Ek wil nie nou deel van hierdie klompie wees wat weet sluheid – onvertroubaarheid en moord is maar deel van die normale gang van sake nie.

          2. eers uitvind wie luister almal op die foon……. uhm ok, n politikus word en….. nee ek weet nie eintlik nie

          3. Eric, ek het aanvanklik iets anders daar geplaas – toe wag ek vir die DOS om ‘n afduimpie te plaas en my oh my – nog skaars “post” gedruk, toe is hy daar ! My bloed word gesoek en ek ly juis aan bloedarmoede hehehe !

            Sal ek nou wragtig sit en wag vir iemand om iets te pos net om die afduim te plaas – TSK TSK TSK !

          4. Jy meen, met geweld breek jy jou vinger af in jou stert ?
            Yaaaaaiks (sensor die foudie man).

          5. Dankie Gawietjie ! Buiten dat ons dieselfde van deel, is jy hopeloos te goed vir my ! Die anner afduim-foudie het my so bietjie naar gemaak, of liewers, my binnegoetertjies het opgeruk. GOOI HOM !

          6. Ja ek word ook daaaaaar ver in cyber space gedump, dwaal daar rond vir bleddie ure!!! Nou het ek weer baie opvang werk!

          7. Ek gee af duime voor mense dat hulle kan sien van waar dit kom. Ons moet tog vra dat Praag die af duime se name ook moet wys soos die op duime. Hallo oom willoooooooooooooooo

  3. Verskoon asb my antwoord in Engels ma’ ek het nie nou tyd om te vertaal terwyl die debat nog warm is nie. Een van my spesialisareas van konsultasie is op die gebied (en die ‘gebied’ raak al groter) van ge-organiseerde misdaad: Hier is nogal ‘n raak definisie:

    “Ongoing conspiratorial enterprise engaged in illicit activities as a means of generating income (as black money). Structured like a business into a pyramid shaped hierarchy, it freely employs violence and bribery to maintain its operations, threats of grievous retribution (including murder) to maintain internal and external control, and thuggery and contribution to election campaigns to buy political patronage for immunity from exposure and prosecution. Its activities include credit card fraud, gun running, illegal gambling, insurance fraud, kidnapping for ransom, narcotics trade, pornography, prostitution, racketeering, smuggling, vehicle theft, etc. With the arrival of international terrorism (with which it often has symbiotic relationship) and internet, organized crime now covers practically every nation and segment of society, and uses extremely sophisticated methods and credible front-organizations (such as charities and high-tech firms) in movement of large amounts of money and weaponry. Called by names such as cartel, mafia, syndicate, and triad, these establishments do not tolerate competition and constantly fight for monopolization in their specialty (such as drug trade) or geographical region. They are distinguished from the common (unorganized) crimes by characteristics such as (1) non-random nature of criminal behavior, (2) coordinated activities of hundreds or thousands of operatives, (3) diversification of activity (production, supply, retail), (4) regional, national, or transnational scale of operations, (5) large volume of turnover (running into billions of dollars in some cases), (6) pursuit of both profit and power, and (7) usually an identifiable leadership. A 1975 UN definition of organized crime reads, “… large scale and complex criminal activity carried on by groups of persons, however loosely or tightly organized, for the enrichment of those participating and at the expense of the community and its members. It is frequently accomplished through ruthless disregard of any law, including offences against the person, and frequently in connection with political corruption.” Paul Nesbitt (head of Interpol’s Organized Crime Group) defined it in 1993 as, “Any group having a corporate structure whose primary objective is to obtain money through illegal activities, often surviving on fear and corruption.”

    Read more: http://www.businessdictionary.com/definition/organized-crime.html#ixzz2kVzXRx5s

Maak 'n opvolg-bydrae