Dit is steeds nie duidelik waar die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir is nie, na ‘n ontploffing by ‘n winkel wat aan hom behoort in Bedfordview oos van Johannesburg.
Twee mense is in die ontploffing naby die Eastgate-winkelsentrum dood, drie mense is in ‘n kritieke toestand en twee het geringe beserings opgedoen.
‘n Polisiewoordvoerder, Neville Malila sê dit is onduidelik wat die rede vir die ontploffing was.
Volgens Malila is dit nog te vroeg in die ondersoek om enige moontlikhede uit te sluit.
Forensiese kenners van die polisie en die bomeenheid het Dinsdagaand die toneel van die ontploffing gefynkam.
Radovan Krejcir het aangekom het in die land van die Seychelle in 2007 op ‘n vals paspoort, vermom, met die naam Egbert Jules Savey. Hy is daarna in hegtenis geneem op ‘n Interpol se rooikennisgewing.
In sy aansoek om borgtog in die Kempton Parkse landdroshof, het hy beweer hy is vervolg en gemartel in sy eie land, waar hy die slagoffer van ‘n politieke sameswering was.
Die oorsaak was glo Krejcir se finansiële steun aan die Tsjeggiese Sosiale Demokratiese Party kandidaat Stanislav Gross.
In ruil is Krejcir beheer van ‘n staatsbeheerde petroleum maatskappy belowe, maar die ooreenkoms is nie nagekom nie.
Krejcir beweer hy is onregmatig in hegtenis geneem, aangehou en gemartel deur die Tsjeggiese regering. Terwyl hy in aanhouding wask, is sy pa Lambert ontvoer en vermoor. Sy liggaam is nooit gevind nie.
Krejcir is ‘n ware held in sy eie land omdat hy in 2005 daarin geslaag het om die polisie te ontglip tydens ‘n sesuur-lange soektog by sy huis.
Tsjeggiese owerhede ontken Krejcir se bewerings van ‘n sameswering botweg en sê hy is ‘n krimineel en ‘n voortvlugtige van die gereg op aanklagte van sameswering tot moord, belastingontduiking, afpersing en ontvoering .
Hy is ook skuldig bevind in absentia op aanklagte van belastingbedrog.
Hy beweer Suid-Afrika het “die beste grondwet in die wêreld”. Sedert sy aankoms hier, het Krejcir van uit die polisieselle in Kempton Park na ‘n man van invloed, aansienlike middele en mag gevorder.
Die 44-jarige word eufemisties ‘n “sakeman” genoem, maar niemand is regtig heeltemal seker wat hy doen vir ‘n lewe nie.
Die Valke het selfs skouspelagtig sy buurman se muur omgejaag in 2011 in ‘n mislukte poging om Krejcir, wat gaan wegkruip het vir drie dae, in hegtenis te neem .
Ten minste sewe van sy kollegas is vermoor, maar hy kon met geen van die moorde verbind word nie. Dit is ook ten spyte van ‘n private ondersoeker Paul O’Sullivan se beste pogings om ‘n saak teen hom te bou.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID ) is ook nog besig met ‘n massiewe ondersoek na Krejcir se belastingsake.
Met die liggame wat ophoop en die polisie se versuim om enige betekenisvolle deurbrake in enige van die gevalle te maak, bly Krejcir ‘n vry man in Suid-Afrika as ‘n vlugteling .
Die mees sensasionele geval was die aanslag op sy lewe in Julie vanjaar, toe 12 geweerlope uit die nommerplaat van ‘n rooi VW Polo te voorskyn gekom het en op hom losgebrand het deur afstandbeheer voor die motortjie self ontplof het.