‘n 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy studente in Johannesburg beroof het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
Die man is Maandag aangekeer nadat hy ‘n 19-jarige man en sy vriend beroof het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.
Mbele het gesê die man het die vriende met ‘n vuurwapen gedreig en hulle van hul selfone en sakrekenaars beroof.
Die verdagte het probeer weghardloop, maar polisiebeamptes wat besig was met ‘n roetine-patrollie, het hom in hegtenis geneem.
Polisiebeamptes het beslag gelê op ‘n rewolwer sonder ‘n reeksnommer en ammunisie.
Die man is aangekla van gewapende roof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. – Sapa
