SA verkies tot VN se Menseregteraad

hrcSuid-Afrika is verkies tot die Verenigde Nasies se Menseregteraad.

Veertien lede word verkies om ‘n driejaartermyn te dien. Hulle word deur die 193 lede van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York aangewys.

Van die lande wat verkies is tot die Raad, soos Kuba en Saudi-Arabië, het twyfelagtige menseregterekords.

Suid-Afrika sluit by Namibië, Marokko en Algerië uit Afrika aan.

China, Rusland sowel as Viëtnam sal ook op die Raad dien.

Die ander twee is die Verenigde Koningkryk en Frankryk. Die lande se termyn begin op 1 Januarie 2014.

 

12 thoughts on “SA verkies tot VN se Menseregteraad”

  1. Moenie ZA se menseregterekord uit die oog verloor nie. Die land met een van die hoogste moord syfers in die wêreld.

    Dodelike siek mense wat in die tronk gehou word terwyl kaders wat maak of hulle siek is buite rondloop (Shaik jou Selebi). Mense wat vir 10 jaar aangehou word terwyl hulle saak aangehoor word en GEEN afslag in hulle vonisse daarvoor kry nie. Verder ‘n staat wat mense opsweep tot geweld en dan terugstaan as daar verhore is.

    ‘n Samelewing wat mense met rubberbande halsnoer om gehoorsaamheid te verseker.

    ‘n Land en regering wat nie sy burgers beskerm nie maar toelaat dat hulle vermoor word op plase en dan nog drakoniese wapenwette instel om te keer dat die mense hulleself kan verdedig.

    1. Gadafi is vermoor omdat hy sy goud in plaas van dollars vir sy olie wou hê. Hy het vir sy mense gesorg veel beter as enige van die ander olielande se hoofde. Hy het die res laat sleg lyk en wou verseker dat sy mense waarde vir hulle olie kry, nie nuttelose amerikaanse papier nie.

        1. Verseker – hy was teen die “koloniale” magte – hy was egter ver beter as enige van die Afrika despote. Waar hy die fout gemaak het was om die wêreldmagte te probeer aanvat – die ANC het ook nou so ‘n grootheidswaan. Dit gaan hulle kos.

          1. Ek dink die honymoon gaan met Mandela verdwyn. Daar is nie meer n ikoon na Mandela nie. Ek sien dieselfde pad vir n Zuma diktatuur as vir eerwaarde Gaddafi in die toekoms.

            Zuma en sy comrades moet maar lig loop vir die “wereldmagte” – hulle is experts met konflik skepping – verdeel en heers. Xosa versus Zulu versus die res – en dan is daar nog die “fifth colmn” ook.

            En natuurlik die usefull idiots – the boers.

            http://www.publicenemyafrica.com/wp-content/uploads/2012/02/africa-poor.jpg

Maak 'n opvolg-bydrae